More almal. Dit is storm weer, koud, wind en reen hier uit die Overberg. Ek vra raad asb. Ons strandhuis waar ons nou semi permanent bly het gruis rondom. Om die SW ingestoot en onder huis geparkeer te kry is n kopseer. Die jockey wiel grawe in gruis in. Movers is vrek duur. Ander opsie is n vetter jockey wiel of selfs n hand mover. Wat stel die ervare manne voor. Dankie
Sommer 'n plank
Middag Jeanne
Ek het so gesukkel elke jaar by Oos Londen in woonwa par.
Hoekom kry julle nie sommer net 'n stuk plank, hardbord of ongeriffelde sinkplaat om onder neuswiel te sit nie. Al moet jy dit skuif, maak dit die lewe baie makliker.
OF, sit sommer 'n hand katrolstelsel teen die muur vas, en trek die wa daarmee tot op sy plek.
Wat van conveyor belt?
Ek weet nie wat noem mens dit in Afrikaans nie, maar dit behoort te werk?
Jeanne ...
Miskien moet jy vir ons 'n foto plaas daar waar ht die wa in stoot vir stoor sodat ons kan sien en dal beter raad kan gee.





Jockey wiel ...
Jeanne, ek sal reken een van daai hand movers met twee oppomp wiele.
Kan julle hom nie met die voertuig ingestoot kry nie ? As julle 'n bakkie het en sukkel met die terug stoot sal 'n sleep bal links voor ook 'n goeie oplossing wees.
Sterkte en hou ons ophoogte.