Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoe lekker lag ek nou Goeie hout se Noord & Oos… Goeie Hout -7 minutes ago
Nes jy sê Goeie Hout. Ek kan… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -14 minutes ago
Geniet ook Netwerk 24… Media24 se koerante en… neef Herman -18 minutes ago
Hier kom 'n ding.... Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -2 hours ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

September - 2021 lente, kom groet en drink koffie

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 24/09/2021 - 10:16

Môre vriende, kampeerders en twakpraters

Ek vertrou ons gaan volgende week 'n groot bydra op die forum sien, van almal se kampeerdery die naweek. Dis so stil op die forum, almal kamp dan seker erens.

Ongelukkig is ek die langnaweek tuis, skenk so min as moontlik aandag aan die tuin omdat ek die son wil vermy. Julle sal dus maar my twakpratery op die forum moet verduur, ek het niks beter om te doen nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 26/09/2021 - 06:37

Goeie môre op hierdie laaste Sondag van September '21, geniet die dag,  die mense wat die lang naweek weg was, kom veilig tuis en wys ons waar julle was.

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 28/09/2021 - 12:42

Goeie middag kamp-maters !

Gegewe dat daar maar bitter min gesprekke op die forum is, moes ek maar iets soek om te doen :-

  • Ek het die Exclusive se stort (wat ook as stoorplek vir stoele en tafels gebruik word wanneer ons reis en nie kamp nie) uitgepak met die voorneme om seker te maak dat die stort oral behoorlik geseël is en dat daar nie op die nate lekplekke is nie.  Verbasend genoeg kon ek geen plek kry wat nie deeglik geseël is nie en kon toe maar die goed weer terugpak.
  • Ek bekyk toe my kruiwa (nie die Nissan nie !) en besluit toe hy kort so 'n bietjie "ltc".  Verstommend, ek het hierdie kruiwa 48 jaar gelede by Handy House in Pretoria gekoop net nadat ons ons eerste huis in Memel gekoop het.  Ek wonder wie het nog 'n kruiwa wat so oud is en wat steeds nog in gebruik is  ?
0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 28/09/2021 - 13:06

Middag Len, ek het nog my oorlede skoonpa se kruiwa, die is meer as 60 jaar oud. Hy het in die vroeë 1980's nog die bak vervang (groter gemaak) en die "handles" verleng. (Dit is nou in my dogter se besit)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus