More almal September maand jou lekke ding geniet julle dag vrede
More forum
Koffie loop soos stroop lekke gatskop dag vir almal vrede
Môre Shaun en alle lede,…
Môre Shaun en alle lede, geniet die lang naweek.
Dit gaan 'n warm naweek wees, die somer is ernstig hier die jaar.
👋 Môre sê Kampforum
Lekker weer.
Julle moet julle braaidag geniet. 🔥🥃🥩
Geniet jou dag voluit.
Wie doen wat die naweek?
Môre vriende, kampeerders en twakpraters
Ek vertrou ons gaan volgende week 'n groot bydra op die forum sien, van almal se kampeerdery die naweek. Dis so stil op die forum, almal kamp dan seker erens.
Ongelukkig is ek die langnaweek tuis, skenk so min as moontlik aandag aan die tuin omdat ek die son wil vermy. Julle sal dus maar my twakpratery op die forum moet verduur, ek het niks beter om te doen nie.
👋 Môre sê Kampforum
Geniet die rugby en die res van die dag na braai dag.
Mirrag vrinne. My bene is…
Mirrag vrinne.
My bene is lekker seer vandag, maar ewk het my 80km doel bereik met die fiets.
Goeie môre op hierdie laaste…
Goeie môre op hierdie laaste Sondag van September '21, geniet die dag, die mense wat die lang naweek weg was, kom veilig tuis en wys ons waar julle was.
👋 Môre sê Kampforum
Lyk of ons volgende naweek gaan reën 🌧 kry.
Geniet jou laaste Sondag van September.
Wees gegroet almal, lekker…
Wees gegroet almal, lekker dag en week vir julle.
Môre mense, geneit 'n…
Môre mense, geneit 'n heerlike dag, amper naweek![]()
Reën Voorspelling 2021-09-28
Lyk of ons voor Oom Paul se verjaarsdag reën gaankry ?
GM !
Goeie middag kamp-maters !
Gegewe dat daar maar bitter min gesprekke op die forum is, moes ek maar iets soek om te doen :-
- Ek het die Exclusive se stort (wat ook as stoorplek vir stoele en tafels gebruik word wanneer ons reis en nie kamp nie) uitgepak met die voorneme om seker te maak dat die stort oral behoorlik geseël is en dat daar nie op die nate lekplekke is nie. Verbasend genoeg kon ek geen plek kry wat nie deeglik geseël is nie en kon toe maar die goed weer terugpak.
- Ek bekyk toe my kruiwa (nie die Nissan nie !) en besluit toe hy kort so 'n bietjie "ltc". Verstommend, ek het hierdie kruiwa 48 jaar gelede by Handy House in Pretoria gekoop net nadat ons ons eerste huis in Memel gekoop het. Ek wonder wie het nog 'n kruiwa wat so oud is en wat steeds nog in gebruik is ?
Middag Len, ek het nog my…
Middag Len, ek het nog my oorlede skoonpa se kruiwa, die is meer as 60 jaar oud. Hy het in die vroeë 1980's nog die bak vervang (groter gemaak) en die "handles" verleng. (Dit is nou in my dogter se besit)
Ek het ook nog 'n kruiwa met…
Ek het ook nog 'n kruiwa met 'n staalwiel. 100% oorspronlik en oor die 50 jaar oud.





Middag, sjoe tyd vlieg, ek…
Middag, sjoe tyd vlieg, ek beplan om more niks te doen nie, dit is glo 'n vakansie dag
Ek kort dringend een.