Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -5 minutes ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -19 minutes ago
5.6kg Umfula Johann L -2 hours ago
Bo Umfula Johann L -2 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Tweedehandse voertuie ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek begin hierdie gespreklyn om raad te bespreek oor aankoop en verkoop van tweedehandse voertuie te deel.

Attachment Size
Used Car Inspection Sheet 189.62 KB

....nuwe Hiluxe alweer betrek by hierdie nuwe gesprekslyn. Dit is nou as mens Chris S se versoek vir die gesprekslyn eers elders lees.

Daar is mos WEINIG verskil tussen 'n nuwe Hilux en 'n gebruikte voertuig. Volgens riglyne van 'n vooraanstaande handelaar in Pretoria, is die verskil so min as 200km.

Ek verstom my aan voertuie se geskiedenis wat daar te vinde is.

 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 02/10/2021 - 16:26

Afgesien van tasse vol Mandela’s is die verskil tussen ‘n nuwe Hilux en ‘n tweedehandse voertuig dat daar van lg sommer baie beskikbaar is. 

0

Môre Chris S

Weet jy dat op die oomblik, daar weinig gebruikte Hiluxe bekombaar is, veral by Toyota agente.

Dan het ek ook gevind dat by 'n sekere algemene handelaar in gebruikte voertuie, dat veral Hiluxe duurder is as die nuwes. Dit is nou die modelle met ~200km op die klok. Iets is baie vreemd hierbo by ons, en die tekort aan mikroskyfies sowel as lae produksie, het gebruikte voertuig pryse die hoogte laat inskiet.

Ek is so skepties deesdae met die koop van 'n gebruikte voertuig, dat ek verkies om lokaal te koop waar my handelaar-onverbonde werktuigkundige eers die voertuig onder hande en oë kan neem. 

Ek het jare gelede 'n stel afgetrap met my Territory by 'n gerekende Ford handelaar in Pta-Noord. Ek vat die kar vir sy laaste diens onder die diensplan, wetende dat daar geen fout is nie, en ook geen olielekke nie. 'n Week daarna lek dit olie en lang storie kort---hulle vervang die hele "steering rack" want seg die diensbestuurder ewe vir my, by watter "back yard mechanic" het ek laat karring aan my kar. Ek wys hom toe sy faktuur van R19000 en sê vir hom daai mechanic het dit uitgereik. 

Baie duidelik het iemand anders daardie onderdeel nodig gehad, en hy het geweet Ford SA moet myne gratis vervang onder die diensplan. 

Wat mens ookal koop, hetsy fabrikaat,nuut of gebruik, mens moet die persone wat dit diens kan vertrou.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 03/10/2021 - 10:29

Nou wag ek vir daai inligtings lys van Chris.

Sal dit moontlik wees om al my en andere se gesels oor tweedehandse motors op hierdie gesprekslyn te skuif na ‘n nuwe een wat net oor tweedehandse motors gaan? Nie almal van ons is so gelukkig om nuwe Hilux bakkies te koop nie, en ek het ‘n oulike lys opgestel vir ander moontlike tweedehandse kopers om te gebruik wanneer jy na ‘n motor gaan kyk, en nie self ‘n werktuigkundige is wat weet waarvoor om te kyk nie. Ek sal dit deel op die nuwe gesprekslyn. 

 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 03/10/2021 - 13:40

die verskil tussen ‘n nuwe Hilux en ‘n tweedehandse voertuig dat daar van lg sommer baie beskikbaar is. 

Ek het nie bedoel tweedehandse Hilux bakkies nie. Hulle is net so overpriced soos nuwes. Die bakkies met 200km op is kansvatters wat dit nuut koop en dan vir meer swaai om wins te maak. 

Nou wag ek vir daai inligtings lys van Chris. 

Ek plaas dit môre, dis op my rekenaar by die werk.  

0
Irene

Grootwind

Sun, 03/10/2021 - 15:22

Dink die 2de handse mark is lankal nie meer logies om by te koop nie? Tensy jy nou daai ene kry wat regtig net deur 'n ou tannie van nuuts af gery is, en meestal net Sondae kerk toe! Skaars, maar daar is sulkes! Beide my 2 Jeeps was 2de hands en beide se pryse was redelik en hulle was probleemvry. Maar dan, o wee, is daar die kansvatters en daar is baie. Voorbeelde, (1) my seun se Fiat Strada bakkie klompie jare terug, nuut gekoop en hy wou hom inruil op 'n 2de handse Honda Accord by 'n Honda agent, storie aan ons was dat niemand juis belangstel in diesel voertuie nie so jammer meneer ons kan nie  naby boekiewaarde aanbied nie - ons val toe daarvoor net om daai bakkie op die handelaar se vloer te sien die volgende dag teen meer as boekie waarde, (2) kleinsus wou 'n Ford Figo by die agente koop, 1 jaar oud met sowat 30 oookm op, gelukkig besluit Pa toe om eers na nuwes ook te kyk, kry toe 'n nuwe ene teen R10k meer met goeie diensplan ingesluit, (3) my Ranger word op 1 Desember 2018 gesteel, kyk toe maar na 2de handse modelle by die agent, kos nie veel minder as 'n nuwe ene nie, kry toe maar eerder 'n nuwe ene. Ek dink baie mense het soortgelyke ervarings? Ding om te onthou is om nie na die nuwes se lysprys te kyk nie, kyk eerder na spesiale aanbiedinge, ek het my huidige 3.2 Ranger gekry by die agente teen kosprys, skaars R17k meer as wat 'n 2.2 tweedehands sou kos - dis 'n no-brainer gewees. Dan daai 2de handse modelle met 200km op, ek sien baie van hulle word nie deur die agente verkoop nie maar wel deur 'n 2de handse handelaar....dalk in aflewerings ongelukke gewees en reggemaak?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 03/10/2021 - 17:05

Ek hood jou, maar as jy goedkoper moet koop soos Surette dan kan jy nie na nuut kyk nie, want die koste is te hoog.

0
Irene

Grootwind

Sun, 03/10/2021 - 18:01

Verstaan Willem, ek dink wat ek wil sê is dat mens moet rondkyk, in baie gevalle is die voordele van 2de hands nie wat mens sou dink nie, veral as mens specials nuut of byna nuut kan optel, ook as dit 'n "ou" model is wat deur 'n nuwe vervang word. Andersins, daai voertuig met net een ou tannie as eienaar is daar buite, mens moet net nie te haastig wees nie. My vrou het haar 2008 Suzuki SX4 nuut gekoop destyds met die terugkeer van Suzuki na die land vir 'n belaglike prys veral vir 'n 2l met alles wat oop en toe maak, sou sy bv verkoop is daai Suzuki teen 13 jaar oud basies splinternuut met skaars 80 000 km op. En die prys sal moet goed wees (nie dat sy sal nie!), maar daar is sulkes daarbuite. Natuurlik afhangende van hoe haastig Surette is. Dalk een van die Chinese 2de handse modelle? Hulle is deesdae heel goed? Of, om Anton se dag te maak, Mahindra?

0
Worcester

Wildehont

Sun, 03/10/2021 - 19:26

Dink die 2de handse mark is lankal nie meer logies om by te koop nie?

Ek kan nie nuut bekostig nie, so het nie ‘n keuse nie. Die duurste voertuig wat ek nog gekoop het was die Everest wat toe drie jaar oud was met 78 000km vir R205k. Die tweede duurste was die Kavango vir R160k en dit was toe elf jaar oud. En derde die Fiesta vir Salomien wat R129,5k gekos het, ses jaar oud is en 57 000km op het. Gelukkig ken ek iemand in die motorhandel wat vir my die boekiewaardes kan gee, so ek weet of ek te veel gaan betaal. Ek sal nie by ‘n handelaar koop nie, want dan moet ek hulle wins ook betaal. 

0
Worcester

Wildehont

Sun, 03/10/2021 - 19:31

daai voertuig met net een ou tannie as eienaar is daar buite

Lae km op ‘n ouer voertuig is ook nie altyd goed nie. Die ou tannie wat telkens net winkel toe ry veroorsaak baie meer slytasie as iemand wat elke weeksdag twee keer 60km ver meestal op die snelweg werk toe ry. Ons was gelukkig met die Fiesta omdat die enjin nog net 8 000km gery het. Daar mag wel slytasie op bv die remme en koppelaar wees, maar darem nie te veel op die enjin nie. 

0

Môre vriende

Daar is beslis baie faktore op die spel met die aanskaf van 'n voertuig, soos;

wie gaan dit gebruik

waarvoor gaan dit gebruik word

hoe lank beplan jy om dit te benut, en jou ouderdom

is dit byvoorbeeld vir 'n student en dit gaan buite staan in wind en weer.

Ek het tot hede slegs een Jetta['88] en 'n Isuzu['97] nuut gekoop Die Jetta het 19 jaar gehou voordat dit gesteel was in JHB, toe al afgegradeer na studente kar. Die bakkie het ek verkoop toe my seun landuit is agter werk aan. Voertuie was hoofsaaklik aangevul rondom die behoeftes van die kinders wat na verskillende universiteite toe was.

Deesdae besit ons nog 'n 2003 Corolla vir in die dorp rondry en eseltjie. Eseltjie gaan nou plek maak vir 'n nuwe Hilux-promise. Hoekom, bloot omdat ek nie weer 'n sleepvoertuig wil [kan] aanskaf in die volgende 10 jaar nie.

Ek deel die verhaal bloot as voorbeeld dat daar weens verskeie unieke faktore by 'n gesin bestaan wat deurslaggewend gaan wees by die aankoop van 'n voertuig, hetsy gebruik of nuut.    

0
Irene

Grootwind

Mon, 04/10/2021 - 09:25

Heeltemal reg! In onse jong dae het (as jy bevoorreg was om ene te kry) jou studente kar sommer ook gedien as opleidings platform om jouself te "kwalifiseer" as agterplaas mekaniek! Ek was baie trots op myself toe ek my SSS se enjin self kon oordoen in my 2de jaar (mbv 'n Hayes handboek natuurlik!)

0
Worcester

Wildehont

Mon, 04/10/2021 - 10:37

Dis ongelukkig in Engels, want ek het een van die www af gehaal en dit bygewerk met alles waaraan ek kon dink. Ek kan nie die pdf hier laai nie, want ek het nie die gesprekslyn geskep nie. Ek hoop julle kan dit lees:

C

B

A 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/10/2021 - 14:37

Edit die eerste inskrywing en plaas dan die PDF daar aan of stuur hom vie my met e-pos dan plak ek hom.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 04/10/2021 - 15:13

Edit die eerste inskrywing en plaas dan die PDF daar aan

Ek kan nie, want ek het nie die gesprekslyn begin nie. Stuur ‘n e-pos adres dan stuur ek dit.  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/10/2021 - 16:18

Het vir jou van die Kampforum e-pos gestuur.

Klik net op my Kampforum naam dan kies jy "contact" dan kan jy ook e-pos stuur.

👍

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 09:03

Ek sien ek het twee spelfoute gemaak. Dit moet lees Ask the seller waar dit gaan oor spaarsleutels en before the car turns waar dit gaan oor speling op die stuurwiel. 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 05/10/2021 - 10:05

Hoeveel het hulle aangebied vir die Prado en waarom die verkoop? Was daardie Prado nie oppad Kunene toe nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus