Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
hy lyk so ... Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 minutes ago
Het die ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -12 minutes ago
13 Oktober vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 minutes ago
Net om die draai vir ons… Uitsig Agri Voortrekker -17 minutes ago
Dit lyk of daar mooi bass in… Evergreen river guest farm Voortrekker -21 minutes ago
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Politieke twakpraat

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.

Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.

I'm signing up for JUJU today !

He said so on his campain trail !!!!!!

Here is what I'm getting ---

Free education --- got 2 grandkids to think of ----- Just a point though, with the current level of education, which is non existant, does that make non-existant-education free? --- just asking

Free electricity & water (Thought that was already free, but there we go) Just wonder if, there is no electricity & water I suppose that makes it free ---- right? ---- just asking ----

BUT THE REAL BENEFIT OF JUJU

Doubling of the social grants --- At my age this is the real bonus --- gonna stop working & contributing vast amounts of tax every single month and get the social grant -----

& make as many babies as you can --- he will feed them ---- Ok, at my age that might be a small problem ------

~BUT YOU GOT TO ADMIT --- BEATS THE HELL OUT OF THE  DA / c-ANC-er / FF + / ACDP / GOOD / &  four thousand seven hundred & sixty-five other parties --------------

There is one DOWNSIDE though: -

I don't get the red T shirt & red / hat - head thing for free anymore ------

I'll have to BUY the red T shirt & red / hat - head thing ---- They need money for all the free things

NE!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 20/10/2021 - 06:46

Len, moet erken, dat op die stadium  blyk dit meer belangrik om vir die party te stem wat die beste beloftes het, as om vir n kandidaat te stem wat elk geval na die pype van die regerende party moet dans.

Ek is baie oningelig met politiek, maar daar is begrotings op munisipale vlak wat deur die staatskas gesubsideer, of gefundeer word, dus die groter klem op noem dit " the bigger picture". So as jy die kieser gratis onderwys belowe, glo jy dat jy goed sal funksioneer op munisipale vlak. Of is ek nou heeltemal deurmekaar.

0

as many babies!!!! Dit was mos maar nog altyd die sterkste wapen. Ter plaatse het die eind resultaat plaasgevind toe gelyke stemgeregtigheid eindelik ingestel is.

Warren: no small problem--- even for that activity some consultants may be requiredlaugh

0

Môre neef Herman en alle ander omies, soos Len

Nou het julle my aan die gis, in hoe 'n mate word DA-munisipaliteite afgeskeep met die subsidies komende van 'n ANC-regering.

 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 20/10/2021 - 08:26

Munisipaliteite kry inkomste uit die verskaffing van dienste. Hulle maak hoofsaaklik wins uit elektrisiteit wat aangekoop word van ESKOM en aan die verbruikers verkoop word. Wins is egter nie die regte term nie, want die “wins” dek nie die bedryfskoste (onderhoud van infrastruktuur, dienste en salarisse) van die munisipaliteit nie, en daar is nog kapitaalprojekte ook (bou van paaie en ander infrastruktuur soos reservoirs, watersuiweringswerke, substasies ens soos die dorp/stad uitbrei). Neem ook in ag dat die deernisgevalle (indigents​​​​​) gesubsidieër word en meer water en elektrisiteit gratis kry as die res, en laer tariewe vir dienste en erfbelasting betaal. In ons munisipaliteit is meer as die helfte van die bevolking deernisgevalle, en dan is daar nog informele nedersettings wat NIKS betaal vir die water wat hulle kry, chemiese toilette wat voorsien en gediens word en elektrisiteit wat hulle onwettig aanlê nie. 
 

Die inkomste uit dienste verskaf is nie naastenby genoeg om die munisipaliteit se kostes te dra nie. Daar word ook geld van die betrokke Provinsie deur verskeie grants aan munisipaliteite betaal in terme van die DORA (Division of Revenue Act). Dit word jaarliks bepaal en afgekondig in die provinsiale koerant. Dit word bv gebruik vir behuising (human settlements grant) en infrastruktuur (municipal infrastructure grant). Die munisipaliteit moet aansoek doen vir die grants en dit motiveer en dit bestee binne die finansiële jaar om weer in aanmerking te kom. Die provinsies kry terloops hulle toedeling van fondse van nasionaal af. 
 

Ingevolge die grondwet moet munisipaliteite ‘n developmental benadering hê om geskiedkundige agterstande aan te spreek. In kort beteken dit “agtergeblewe” buurte moet die fokus wees. Ongelukkig (vir ons wat betaal) beteken dit dat belasting bestee word aan die mense wat dit nie in die eerste plek betaal het nie. Dit maak dit ook meer uitdagend vir die munisipaliteit om gelykmatig dienste aan alle inwoners te voorsien.
 

Voeg by die scenario kaderontplooing (die aanstel van onbevoegde amptenare met die regte politieke affiliasie), korrupsie en wanadministrasie en jy kan begin verstaan hoekom die meerderheid van munisipaliteite in die land wanfunksioneer. Soos die meerderheid van die munisipaliteite in die Wes-Kaap die afgelope tien jaar bewys het, is dit egter moontlik om ‘n goeie vlak van dienste te lewer. Daarvoor benodig jy ongelukkig die regte raad, en dis waarom dit só belangrik is om te stem in die opkomende verkiesing.
 

Hoe besluit jy vir wie om te stem? Soos Jan-Jan Joubert dit stel; politieke partye wat heeltyd oor ander partye praat vaar gewoonlik nie goed nie. Die Engelse gesegde, The proof is in the pudding geld ook hier. Die DA is die enigste party wat ‘n track record op munisipale vlak het wat enige vertroue inboesem. Dit werk ongelukkig net waar hulle die meerderheid is. Waar hulle in koalisie moet gaan met die tweede sterkste opposisie (die rooies), kan hulle nie begrotings goedkeur en besluite neem sonder die rooi stem nie. En ons weet hoe moedswillig lg kan wees.
 

Terloops; opvoeding is nie ‘n munisipale verantwoordelik in terme van die grondwet nie. Dis die provinsies s’n. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/10/2021 - 09:23

Chris S, dankie vir jou verduideliking van waar munisipaliteite se fondse vandaan kom.

Aan die pas afgetredene : ek laaik jou bydraes om die iewat dooierige forum 'n bietjie lewe te gee.  Soos Chris hierbo uitwys, kry munisipaliteite wel fondse van die nasionale regering soos gister bevestig toe die Nasionale Tesourie Bloemfontein se geldkraan toegedraai het in hul poging om 'n munisipale polisiediens op die been te bring.  Praat van vermorsing van geld : daar staan die spul toegeruste polisie voertuie wat alreeds toe van die stof is.  En om nie eers te praat van die spul polisie beamptes (met veroordeling rekords) wat hulle reeds aangestel het !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 20/10/2021 - 09:28

Dit verstom my dat van die partye wat aan die verkiesing gaan deelneem,  nie kan onderskei tussen die doel van 'n munisipale verkiesing en die doel van 'n nasionale verkiesing nie. 

Ek lees vanoggend in Die Burger 'n artikel deur Barnard Beukman wat o.a. oor hierdie onderwerp handel. Daarin skryf hy o.a.:

 "Dit is asof sommige politici 'n koei na 'n perdeskou gebring het as mens kyk met watter kwessies sommige van hulle in die plaaslike verkiesings wil stemme werf."

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 20/10/2021 - 09:28

Wildehont, dankie vir die bring neef so bietjie op hoogte.

Om af te dwaal, lees ek van die deernisgevalle en die gratis water etc waarvan jy praat. En die development kapitaal. Ek hoop my waarneming dat jy dit as n probleem vir die wat wel bydra sien, is verkeerd. Ja, om kinders by die dosyne te kry is verkeerd, en die kinder toelaag het seker baie daarmee te doen. Wat gedoen as jy geen kwalifikasie het nie, maar moet leef hier met ons werkloosheid ? Ja, baie is lui, en sal bakhand staan vir n paar gratis Rande. Wat is die oplossing? Moet die regering alle "menslike, maar onnodige" toelaes stop, waar sal dit ons land neem?

Dit is regtig n penarie waar ons, onself in bevind. Korrupte regering, swak bestuur op alle vlakke, werkloosheid, en ons Rand wat net swakker word teenoor $ en die res. 

Die lui, ongeskoolde, bakhandstaan groep sal n groot mate besluit wie is beheer, die party wat die meeste beloof. Kan ek skat en dink dat hulle 45% van die bevolking is. Dit is die werkloosheidssyfer tans.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 20/10/2021 - 09:52

Suid-Afrika is waarskynlik die mees ongelyke land in die wêreld soos wat die Gini coefficient aandui. Gevolglik is herverdeling van inkomste nodig. Is dit egter volhoubaar? Ek het voorheen elders op die forum my mening uitgespreek dat die Wes-Kaap ‘n gekke paradys is, juis om hierdie rede. Ek glo nie munisipaliteite kan volhoubaar voortgaan om dienste aan almal te lewer ten koste van ‘n handjievol belastingbetalers nie. Vir die DA om aan bewind te bly moet hulle toenemend vir Petrus beroof om Paulus te betaal (om ‘n Engelse gesegde te leen).
 

Insgelyks kan die nasionale regering nie volhoubaar aanhou om met minder as 10% van die bevolking, wat 90% van die belasting betaal, se geld amper helfte van die bevolking se werkloosheid te subsidieer nie. Terwyl ek nie wil hê iemand moet honger ly nie, spreek sosiale toelaes glad nie werkloosheid aan nie. Sou die BIG (basic income grant) wat onlangs voorgestel is in werking tree, gebeur twee dinge wat werkloosheid nog meer gaan laat toeneem. Jy ontmoedig mense wat werk, want jy maak dit nog minder lonend. En jy ontmoedig werkloses om werk te soek want dit raak al hoe meer aantreklik om werkloos te wees. Ongelukkig dink ek ons is reeds verby die punt van geen terugkeer. Ek hoop ek is verkeerd. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus