6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -20 minutes ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -39 minutes ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Nou wat sê jy van die plaaslike verkiesing ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Afgelope plaaslike verkiesing :

Ek begin maar 'n nuwe draad want ek mag nie politiek op die Twakpraat-draad praat nie.

Ek is dankbaar dis verby want ek is al gatvol vir lamppaal, radio, TV, koerante advertensies en debatte.  Ek wonder waaroor gaan Suid-Afrika na dese praat ?

Ek staan vanoggend hier voor my huis en bewonder my Beaugainvillas waarvan een pragtig blom en die ander twee net mooi blare wys.  Terwyl ek so staan stop een van ons kompleks bewoners met DA vlae en ander plakkers op sy dubbel-kajuit om 'n geselsie aan te knoop. (Om nie ons gesprek in 'n ander rigting te stuur nie, verswyg ek maar die fabrikaat van die d/k).  Die ou is op die bestuur van die plaaslike DA-wyk en hy sê 90% van die stemme wat in ons wyk gestem het, het vir die DA gestem.  Vir my is dit geen verrassing nie want ons ou spulletjie in hierdie wyk kan wraggies nie kla oor munisipale dienslewering nie en die DA-raadslid moet voortgaan om te sorg dat ons dienslewering op dieselfde peil bly.

Dit bring my by my eintlike geselsonderwerp.  Die bekende politieke kommentator van Noordwes Universiteit, dr Piet Croucamp, het besluit hy gaan nie stem nie.  Sy rede is hy kan nie identifiseer met een van die politieke partye nie. Ek hou nogal van sy kommentare want dit laat altyd iets om oor na te dink.  Hy is juis nie 'n naprater van ander nie.  Hy sê om te besluit om nie te stem nie is ook 'n vorm van stem want hy wil nie sy stem byvoeg by 'n party waarmee hy nie kan identifiseer nie.

My opinie : Die plaaslike verkiesing se prioriteit-doelwit is dienslewering wat deur die munisipaliteit aan my woongebied gelewer word onder leiding van die betrokke raadslid, ongeag aan watter politieke party hy behoort.

Hierdie argument kan nie deurgetrek word na die proporsionele stem nie waar jy vir 'n politieke party MOET stem.  Ek het ook maar my probleme met die DA as 'n politieke party, maar as ek soos Piet C nie  100% met een party kan identifiseer nie, dan moet ek maar die een wat die naaste aan my gekose ideologie kom, kies.

Wat sê jy van 'n wegblystem as 'n vorm om te stem ?

Môre Len

My kommentaar as volg;

1] ek adverteer geen pary nie, nie eers op my kruiwa nie

2] die arme Dr PC se kopdoek was sekerlik te styf om sy kop gewees. Ek sukkel om met die man te identifiseer, mag seker nie op voorkoms oordeel nie.

3] ek verkwalik hom omdat hy in 'n plek soos Potch nie gaan stem het nie. Die hele Noord Wes se munisipaliteite laat veel te wnse oor.

4] Ek dink hy vereenselwig homself met 'n paar partye, maar omdat hy verbonde is aan 'n universiteit en in die publieke oog, en gereeld op TV verskyn, wil hy dit nie so bekend maak nie. 

5] op hierdie stadium is 'n geen-stem, of 'n bedorwe stem nie 'n opsie nie, daar is net te veel op die spel. 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 02/11/2021 - 10:25

.... kommentaar gelewer op Netwerk24 t.o.v. die berig oor Piet Croucamp. Ek deel jou sienswyse 100% Len. Ek luister ook graag na hom op die radio. Maar ek was teleurgesteld in hom toe ek gisteraand die berig lees.

Ek vertrou ons goeie blou stadsraad sal die pyp hier by ons ook rook. Ek lees hoeka dat ons Overstrand Munisipaliteit, saam met Agulhas Munisipaliteit tans die twee bestes in Suid-Afrika is.

Inderwaarheid is dit jammer dat politiek in plaaslike owerhede ingebring is. Ek weet dit was nog altyd so in stedelike gebiede, maar nie in ons kleiner plattelandse areas nie. Ekself was in die vroeë 90's self op Grabouw se stadsraad - en politiek het geen rol gespeel nie. Dit het bloot daaroor gegaan om vir jou gemeenskap 'n diens te lewer. Daardie tyd het ons 'n maandelikse honorarium van R80 ontvang. Deesdae is dit 'n beroep.

Centurion

Voortrekker

Tue, 02/11/2021 - 10:32

Ek het nie gister gaan stem nie.   Maar dit was nie moetswillig nie -  alhoewel ek ook nie 95-100% met een party identifiseer nie.    Ek het gisteroggend verby my stemlokaal gery om te kyk hoe dinge daar lyk en of ek sommer vinning kon stop en my deel gaan doem, maar die ry was baie lank met mense wat in die son vir seker 'n uur en half moes tou staan.   Ek moes toe apteek toe om dringend medisyne daar te kry en toe huis toe.    Ek en vroulief moet apart gaan want ek gaan nie met my 5 en 6 jarige in die lang tou staan vir 2 ure nie.  Vroulief het toe 4 pm gery en staan toe vir 2 ure in die ry en wag voordat sy haar merkie kon maak.   Toe sy terugkom was ek bitter bly en kon ek toe ry -   met my fiets om te gaan oefen en het so 7pm  in half donker by die huis aangekom -  dit was goed gewees want ek het myself bietjie gedruk en het toe ook my persoonlike gemiddelde spoed vir die betrokke roete verbeter.  Daarna 'n lekker warm stort en toe aandete en toe was dit 8pm en ek het moeg gevoel na die harde trap -  en toe het ek glad nie gestem nie.    

Worcester

Wildehont

Tue, 02/11/2021 - 11:39

As jy jou kop in die grond druk gaan die leeus jou aan die gat hap. Om te sê om nie te stem nie stuur ‘n sterk boodskap is belaglik. Wat sal gebeur as ons almal so redeneer? Dan gaan stem net die politici en die wat die meeste gesinslede kan saamsleep om vir hulle te stem neem daarna besluite oor wat met ons belasting geld gebeur. Mense soos Piet moet maar eerder emigreer as hulle nie wil deelneem aan die demokratiese prosesse nie. 
 

Ek het geregistreer vir ‘n spesiale stem en dit het my Saterdagoggend 5 minute gevat om te gaan stem. Maar al moes ek gister in die aan en af reën wat ons gehad het gaan wag het vir twaalf ure sou ek dit gedoen het. My grootste belegging is my huis hier in Worcester. As die dorp sy gat sien, dan sien my grootste belegging ook sy gat en moet ek en my gesin steeds daarin en in die dorp woon. Dit sal dus waansinnig en onnosel van my wees om nie te gaan stem nie. 
 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/11/2021 - 11:44

Net 'n regstelling, Piet Croucamp woon nie in Potch nie maar wel in Johannesburg.

Ek kon nog nooit iets identifiseer dat hy voorkeur gee aan 'n spesifieke politieke party nie en ek het geen rede om sy woord (nie sy mening nie) in twyfel te trek nie.  As hy sê hy kan homself nie met een van die politieke partye identifiseer nie, dan glo ek hom.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/11/2021 - 15:05

My opinie : Die plaaslike verkiesing se prioriteit-doelwit is dienslewering wat deur die munisipaliteit aan my woongebied gelewer word onder leiding van die betrokke raadslid, ongeag aan watter politieke party hy behoort.

Len, ek stem volkome saam met ou stelling. yes

2] die arme Dr PC se kopdoek was sekerlik te styf om sy kop gewees. Ek sukkel om met die man te identifiseer, mag seker nie op voorkoms oordeel nie.

Wessel, ek kon nog nooit vat kry aan dié "kopdoek ou" nie, destyds was hy van KykNet afgehaal oor politieke stellings as ek reg onthou.

Ek is geensins 'n kenner van politiek nie want ek luister nie na hulle voorbrande nie, maar ...
Ja, ek verstaan ook nie hoe kan mense sê/besluit om nie te gaan stem nie en dan om die braai is dit gewoonlik die een wat die meeste te sê het as politiek tersprake kom. sad

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/11/2021 - 15:23

Ou PC het interessante sêgoed en dit kom miskien 'n bietjie kras en brutaal oor.  Gister praat hy oor RSG en teken beswaar aan dat hy en Jessie Duarte gister saam by die OVK se sentrum in Pretoria aangekom het, "vroeg voor die eerste mossie gepoep het !"  Vir Jessie Duarte word 'n rooi tapyt uitgerol en hy word eers ondervra, seker oor sy "looks".  Punt is, die OVK is veronderstel om onafhanklik te wees en hoekom hanteer hulle die ANC se adunk sekretaris-generaal só spesiaal ?

Ek is van mening ou Piet C is uiters skerp en "he calls a spade a spade".

destyds was hy van KykNet afgehaal oor politieke stellings as ek reg onthou.

PC nog 'n gereelde gas op KykNet se  Verslag-program .

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/11/2021 - 15:49

PC nog 'n gereelde gas op KykNet se  Verslag-program .

Ja, ek weet en gesien hy is weer terug.  Ja "he calls a spade a spade" maar dit maak nie dat ek van hom hou nie. wink

Reken as jy besluit om nie te stem nie verbeur jy ook die reg om te kla oor wat die wen party agterna aanvang?

Stem.

Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 02/11/2021 - 17:39

Reeds voorheen gesê het nie veel ooghare vir die DA nie maar het gestem om ander partye uit te hou. Kon vir twee verkiesings nie stem nie omdat ek dood verklaar was en het nou my reg om te stem uit geoefen.

Sien dat DA se gewildheid taamlik getaan het maar hoe dan anders as hulle nie eers met mekaar kan klaarkom nie. 

Dink tannie Zille doen hulle baie skade aan.

 

Môre vriende

Dit wil blyk dat die Oos Kaap alweer "en mass" vir die geel truie gestem het. Ek hoop dat iemand vir hulle die boodskap kan oordra;

Kry vir julle, moet nou nie een skool, munisipaliteit eiendom ens brand nie. Moet ook nie kla en strate versper nie, julle het gevra daarvoor.

O ja, dieselfde geld vir Dr PC met kopdoek, sonder stem ook!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/11/2021 - 18:24

Ter verdediging moet ek darem sê PC is nie 'n klakous as 'n landsburger wat ontevrede is hoe die land in sy omgewing regeer word nie.  Hy is 'n politieke kommentator wat kommentaar lewer oor politieke gebeure oor die hele spektrum van politiek in Suid-Afrika en het nie politiek-party voorkeure nie.  Daarom is dit vir my lekker om na sy objektiewe kommentare te luister en te lees.

Wat die nie-stem storie betref,  is dit interessant dat dit  deesdae'n redelike prominente gesprek vorm wat nie soos in die verlede noodwendig as apatiese optrede gesien word nie.

Worcester

Wildehont

Wed, 03/11/2021 - 18:50

Wat die nie-stem storie betref,  is dit interessant dat dit  deesdae'n redelike prominente gesprek vorm wat nie soos in die verlede noodwendig as apatiese optrede gesien word nie.

As jy bewustelik besluit om nie jou stemreg te gebruik nie, laat jy jou lot oor aan die noodlot. Dit is nie net apaties nie, dis onnosel.
 

Oortuig my van watter voordeel dit vir jou inhou om nie te stem nie. Asseblief.  

Secunda

Sleep nou

Thu, 04/11/2021 - 08:04

Het my deel gedoen as jy nie gestem het nie so party mense wat ek ken moenie kla nie jou stem maak n verskil

Worcester

Wildehont

Thu, 04/11/2021 - 08:34

Ons het nou ook ‘n hung council. Die plaaslike DA het op hulle louere gerus na twee termyne aan bewind, en het baie steun verloor hier. Uit 41 setels het hulle net 19 gekry, en kort dus twee vir ‘n meerderheid. Ek neem aan hulle sal vir die VF ‘n onder-burgemeester pos aanbied om hulle twee setels in ‘n koalisie te kry ten einde aan bewind te wees. 

Môre DA landers??

Ek is bekommerd dat dit die geval mag wees orals. Julle moet nie die magte van die duisternid onderskat nie.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus