Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -1 hour ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -2 hours ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -2 hours ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/03/2022 - 09:25

Weet nie hoe waar dit is nie 🤷‍♂️

Ek weet ook nie waar om dit te plaas nie ?

video
0
Irene

Grootwind

Wed, 09/03/2022 - 12:15

Sameswerings teorie? Die video is naamloos, wys geen bronne nie en is wat my aanbetref slegs 'n klomp onbewese stellings? Klink amper soos 'n Fox News beriglaugh

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/03/2022 - 12:56

...............ek stem heelhartig saam met jou  -  veral as dit 'n Tik-Tok video clip is.

Ek steun maar eerder op kommentators wat ek ken en 'n redelike bewese rekord het.

Ns. Dit is ook so met puik ondersoekende joernaliste  -  hulle bou 'n rekord op van onberispelike feite wat met bewyse en eerbare bronne gesubstansieer is voordat hulle 'n berig publiseer  -   en 'n mens leer diesulkes ken.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 09/03/2022 - 14:36

Selfs teen “net” R25/l gaan brandstof alleen my R19k kos. Dis amper R4k meer as verlede jaar. Toe ek dit gister met ‘n vriend bespreek hoor Chris Jnr en vra; “Maar waar gaan ons dan vir diere kyk?” Ek voel sy pyn, maar hy verstaan ongelukkig nog nie myne nie. 

0
Irene

Grootwind

Wed, 09/03/2022 - 15:44

News24 het pas gesê dat vlgs syfers van die Sentrale Energie Fonds dit lyk asof die dieselprys begin April met sowat R3.20 per liter gaan styg crying  so R25/l wink reeds vir ons...

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 09/03/2022 - 20:24

Dit ook altyd gewonder.
Ander ding is die taxi's wat nooi kla oor die prys nie 🤷‍♂️ ?
Wonder nog altyd ?

.

0

Shure beats the hell out of anything I own that has pistons flying up-n-down ------

But non-the-less, the best of all is I don't have to give this bunch of pricks that steal everything any money for licence / roadworthy / and and and laugh

0
Pretoria

Geert

Thu, 10/03/2022 - 07:08

Ja Willem, wonder ook altyd oor dieselfde. Oral waar ek ry is hulle in die pad, maar nooit daar waar ek brandstof gooi nie.....wonder waar gooi hulle?

0

Môre vriende

Ek het laas Saterdag by die plaaslike kooperasie gaan volmaak. Diesel is daar R1.83/l goedkoper as in die dorp.

Groot was my verbasing om te sien hoe die totale spektrum van mense daar ingooi. Ook baie diesel-taxi's opgemerk. Die diens was stadig, maar die besparing vergoed daarvoor.

Onthou om julle kontantstrokies te neem by die joggie, anders verkoop hulle dit aan taxi's, wat dit indien vir die staat-terugbetaling. Wel, dit is wat ek vir die waarheid gehoor het. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 10/03/2022 - 10:21

Onthou om julle kontantstrokies te neem by die joggie, anders verkoop hulle dit aan taxi's, wat dit indien vir die staat-terugbetaling. Wel, dit is wat ek vir die waarheid gehoor het. 

Ook dieselfde gehoor. Ek vra altyd my strokie. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 10/03/2022 - 10:58

Wessel, welkom by die diesel eienaars klub. Aangesien diesel se prys nie gereguleer word nie kan jy ‘n paar Rand spaar op brandstof, maar dan moet jy by die regte plekke volmaak. Nes daar nie ‘n minimum prys is nie, is daar ook nie ‘n maksimum vasgestel nie. Gewoonlik is die vulstasies langs hoofroetes waar jy tipies volmaak wanneer jy reis, se pryse die duurste. 
 

Koöperasies se pryse is gewoonlik goedkoper as die deursnee vulstasies, maar nie noodwendig die goedkoopste nie. Dit bly egter ‘n veilige opsie. Wanneer jy Wes-Kaap toe kom, kyk uit vir die Kaap Agri ketting. Meeste dorpe het ‘n tak met ten minste ‘n dieselpomp of twee. Groter dorpe soos Worcester het ‘n Kaap Agri vulstasie, gewoonlik reg langs die koöperasie. As ek reg onthou is Kaap Agri ook in die Noord-Kaap.

In jou provinsie is Senwes die ketting koöperasies as ek reg onthou. Nes hier is hulle prys gewoonlik goedkoper, maar nie noodwendig die goedkoopste nie. Ek weet bv in Potchefstroom is Obaro se diesel goedkoper as Senwes s’n. In ander provinsies of waar daar nie n koöperasie is nie moet jy kyk waar die meeste vragmotors volmaak. By van die depots kan jy lank wag, want vragmotors gooi groot volumes. Maar bv in Beaufort-Wes by die Engen aan die Kaap se kant, help hulle jou by ‘n ander pomp as vir die vragmotors. 
 

Dis jammer jy het nie ‘n slimfoon nie, Johann Lock het elders op die forum vertel van die PitStops toepassing waarop jy kan uitvind waar die goedkoopste diesel in die omgewing waarin jy is te koop is. 

0

Middag Chris S

Ek het net gister 'n "slimfoon" gekoop. Ek weet nou waar die beskrywing vandaan kom----mens moet baie slim wees om daarmee te werk.

My grootste klagte is die fisiese grootte, dit pas nie in my hemde se sakke nie. Dan is dit boonop so glad soos seep, nounet 'n sakkie gaan koop om die ding in te dra. Ek het makliker by Grompie aangepas as die ding.

0
Irene

Grootwind

Thu, 10/03/2022 - 11:48

Interessante voorstelling deur Outa wat Willem geplaas het. Ek het baie respek vir Outa maar partymaal wonder ek ook maar hoe hulle koppe werk..dink daai voorstelling deur hulle oor-vereenvoudig iets wat in werklikheid redelik kompleks is. Sommer gou self gekyk, in 2008 was die Rand/Dollar wisselkoers omtrent R8 tans is dit omtrent R15.09, dus omtrent helfte van die 2008 waarde. As mens sommer 'n vereenvoudigde sommetjie maak rondom die "koop waarde" van die Rand sal wat jy met R100 in 2008 kon koop vandag omtrent R226 kos (aanvaar inflasie koers van 6% konstant elke jaar, weet dis nie heeltemal waar nie maar ter wille van illustrasie is dit goed genoeg). Anders gestel, my liter brandstof wat in 2008 R11 gekos het (terloops die 2008 pryse het redelik op en af geswaai ... dit was die jaar van die groot ekonomiese ineenstorting van markte) behoort dan vandag minstens dubbel (R21/l) te kos ? In werklikheid egter word die verskillende belastings ook elke jaar opwaarts aangepas, so ook die winsmarge van die vulstasie....Mens kan seker tyd spandeer deur die sommetjie in al sy kompleksiteit te doen maar ek dink, gebaseer op my eenvoudige benadering, mens gaan nie juis iets sien wat dramaties anders is as wat Outa se syfers wys nie...so ek verstaan nie wat Outa met hulle voorstelling wil bereik nie? Wonder of hulle al die veranderlikes in ag geneem het? Terloops, ons almal kla oor die heffings op brandstof maar as mens mooi daaroor dink bly dit een van die regverdigste belasting instrumente...almal betaal dieselfde koers ongeag jou inkomste....in alle geval as die heffings wegval of verminder word skuif dit in elk geval na 'n ander instrument soos persoonlike belasting? Waar is die slim bankiers onder ons!

0

Wessel, julle fisika manne is mos slim! Weet nie of jy die reeks Big Bang Theory gekyk het nie, almal fisika PhD's behalwe een ou wat 'n ingenieur met "net" 'n M is...almal verwys na hom as hulle "semi-geskoolde kollega". 

0
Pretoria

Geert

Thu, 10/03/2022 - 14:58

"Onthou om julle kontantstrokies te neem by die joggie, anders verkoop hulle dit aan taxi's, wat dit indien vir die staat-terugbetaling."

Geen wonder hulle kla nie....hoe duurder brandstof word....hoe groter die bedrae op strokies wat hulle terug eis

0

Middag Grootwind

Jip, ek het nogal gehou van daardie reeks. 

Moet nou nie dat ek hier goete kwytraak wat liewer moet bly nie. Ek was op 'n stadium erg ongewild by die werk, want van my kollegas was ingeneurs, maar ek het 'n ander tipe werks-uitset van hulle verwag, as wat hulle gelewer het.

'n oud UKOR werker sal altyd respek hê vir wat die ingenieurs vermag het, van uraan omsetting, uraanverryking, die hele ketting tot by Koeberg brandstof pastille. Wel, hulle het so bietjie wetenskaplike hulp ook gehad.laugh 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 10/03/2022 - 17:07

Chris, daai toepassing is op app store (en ook op play store beskikbaar, sover ek weet)

Dit is 'n "user driven" toep, dus is dit so akkuraat soos die mense wat die pryse invoer, se "up to date geit"

Dit werk baie goed vir my.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus