Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -47 minutes ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -1 hour ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -1 hour ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Johan Umfula Johann L -1 hour ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 30/10/2022 - 17:37

Nooit in my lewe het ek dit nodig gevind om 'n persoonlike begroting op te stel nie. Ek het tot 'n groot mate gedoen wat ek wil en wanneer ek wil. Ek reken ek het redelik goed beplan (en gedoen) t.o.v. my aftreebeplanning.

Ek moes, soos die meeste mense deesdae, self my pensioen "koop" omdat ek nie aan 'n pensioenfonds behoort het nie, maar wel oor 'n voorsorgfonds beskik het. Ek moes self, met die hulp van my finansiële adviseur besluit neem t.o.v. die meeste geskikte pensioenplan. Ek onttrek 'n minimale persentasie (5.5%) vanuit my pensioenbelegging en nog 'n vaste maandelikse bedrag uit 'n ander belegging of twee. Maar in beide gevalle (pensioen en beleggings) is my fondse gekoppel aan die aandelebeurs. En nodeloos om te sê, tans gaan dit nie wonderlik met aandelebeurse nie. Die waarde van my beleggings is dus tans in 'n negatiewe kurwe.

Verder is ek op myself aangewese om te sorg vir 'n mediese fonds - wat nogal 'n arm en 'n been kos. Daar is geen bydrae van my voormalige werkgewer nie. Maar ons leef steeds gemaklik.

Ek is egter genoodsaak om binne 'n begroting te leef. Soos my destydse werkgewer se finansiële raadgewer (t.o.v. ons voorsorgfonds) eendag vir my gesê het jy moet sodaning beplan dat jy dalk eendag nog 25 jaar + van jou pensioengeld moet leef.

Verstaan my mooi - dit is vreklekker om afgetree te wees. Maar ek voel verplig om my pennies mooi te versorg vir ingeval ek en ma bevoorreg is om 'n lang afgetrede lewe te hê. En dit het die laaste tyd al meer tot my deurgedring dat ek dalk 'n bietjie moet briek aandraai t.o.v. vakansies. Vandaar dat ek genoodsaak voel om al die lekker trippies wat ek beplan het, te heroorweeg en te kanselleer.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 30/10/2022 - 21:15

Gegewe my finansiële agtergrond, glo ek absoluut in 'n perssonlike begroting.  Soos party ouens deeglik rekord hou van hul brandstof-verbruik en ander motor-verwante uitgawes, is my persoonlike begroting my rigsnoer van uitgawes wat met my inkomste moet tred hou.

Maar selfs met so 'n begroting lol die talle uitgawe-verrassings telkens  -  as dit nie brandstof pryse is nie, dan is stygende voedselkoste, verpligte uitgawes soos eiendomsbelasting, alle vorms van dienstekostes, versekering en mediesefonds premies en so kan 'n mens aangaan.  In my geval is ek bo-en-behalwe die swak ekonomiese prestasie van die land en gevolglik my pensioen-beleggings, onverhoeds betrap deur mediese uitgawes aan my gesondheidstoestand waarvan ek reeds sekere maksimum voordele van my mediesefonds uitgeput het.  Veral laasgenoemde is iets waarvoor 'n mens nie maklik voor aftrede kan beplan en voorsiening maak nie.  Aan die ander kant (tong-in-die-kies) kan my gesondheidstoestand dalk "help" dat ek nie naby my en my finansiële beplanner se lewensverwagting uitkom nie !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 30/10/2022 - 21:26

Ek dink die meeste van ons (vernaam ons gryskoppe) voel die druk en ek weet nie waar of wat is die antwoord nie.  Maar die wet van Transvaal druk al meer. ☹😪

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 06:06

Môre vriende

Julle moet ook die koerante dophou. Ek tel nou gereeld verwysings op na 'n dreigende dieselkrisis. Vanoggend gesien daar word bespiegel dat dieselfde krisis wat die Wesre getref het, ook ons voorland is.

Dit blyk dat daar 'n dreigende diesel tekort oral ontwikkel. Dis algmene kennis dat SA ook nie meer self raffineer nie, en dus ook ten duurste dit van oorsee moet inkoop. 

Soos gewoonlik word plaaslik koppe in die sand gedruk.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 31/10/2022 - 08:04

Van nege raffinaderye wat 700 000 vaatjies per dag gedoen het is daar drie oor (waarvan twee Sasol Synfuels en Natref is) en die ekwivalent van 350 000 vaatjies per dag sal doen wanneer Astron s’n (die derde een) aanlyn kom die einde van die jaar.
 

Die regering het ook 10 miljoen vaatjies van ons olie reserwes verkoop in 2015 en ‘16 en wil nog 5 miljoen verkoop (of het dalk reeds) om die korting op die brandstofheffing te finansier. Pleks gebruik hulle die ekstra belasting wat hulle ingevorder het, maar hulle neem eerder Eskom en SANRAL se skuld oor. 
 

Ek is ook iemand wat begroot, en is baie dankbaar dat daar nie ‘n lyn in my begroting is vir ‘n kar paaiement nie. Daar is wel nog R13k uitstaande op my huisverband wat is wat ek nog skuld op Salomien se Fiesta, en ek sal eersdaags ‘n nuwe inverter moet koop en laat installeer omdat ek uitgevind het die Mecer wat ek het is onwettig gekoppel aan die huis se DB deur die elektrisiën wat ek net meer as R3 000 betaal het om dit te doen. Daarvoor sal ek nog so R11k moet leen uit my verband. 
 

Maar ek dwaal af. My begroting vir diesel ‘n maand is R4 000. Gelukkig ry ek maar min, en dis net die twee of drie toere ‘n jaar wat elk ‘n groot hap vat vir die diesel. Dis egter steeds baie minder as ‘n paaiement vir ‘n nuwe ryding. Brandstof raak nou só duur dat daar net ruimte in my begroting is vir een van die twee (brandstof of die paaiement vir ‘n nuwe ryding). Ek weet nie hoe gaan ek ‘n aftree ryding kan bekostig nie. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 31/10/2022 - 09:10

Sedert ons in 1978 etroud is, werk ons met n begroting. Daai beginjare was dit om oorlewing, en onthou goed dat daar net vir 6 biere n maand begroot was. Wys jou waar is neef se prioriteite. Op sekondere skool het die dogters bygesit as ons jaarliks die begroting doen, en dan is hulle sakgeld aangepas sodat ulle self vir hulle noodsaaklike kon begroot. Di twee het dit hulle"maandgeld" genoem. Ek het aangedring om altyd 10% van die inkomste te spaar, in kontant. Die polisse etc was deel van begroting.

Die taaiste jare was toe byde gelyktydig op universiteit was.Vir 7 jaar kon ons nie veel "spaar" nie. Wat ek ook gevind het, toe die eerste uitkeerpolis op 40 iets betaal, dat die die "swakste" belegging is. Na Wessel se somme, het dit gewys dat dit nie eers 3% saanmgesteld geroei het nie. Daar het ek die res laat uitbetaal en by Coronation, Allan Grey bele. Daai jare het dit meer as 20% per jaar gegroei.

So begroot, en somme maak, is n besliste moet.

Huidiglik is dit nodig om weer aan te pas, en ons het besluit minder belangrike dinge af te skaal, bv Dstv vol paket is nou omtrent net n nuuskanaal. Brandstofkoste is by ons weglaatbaar. Een keer per week 100km vir n draai in die dorp. So vakansie diesel is eintlik mahala. Tog is hier buurmanne wat elke 2de dag"moet" dorp toe. Slegte beplanning dink neef.

Ons mediese fonds het ek al in 2015 die "savings" gedeelte laat afhaal. Dit is myns insiens daar vir die wat nie weet hoe om te spaar nie. Slegsjou eie bydrae word gebruik word, nie n sent meer nie. Die voordele vir bv. nou die onkologie is nog dieselfde. As dit oorskry word, betaal ek 20% in. Ek was nou onlangs die opsie gegee om te opgradeer, maar kon nie die voordeel sien nie. Dus kan ek my huidiglike maksimum bedrag met R200k oorskry, en dan is ek nog beter af as n duurste opsie, wat meer as 4 keer my huidiglike maandelikse bydrae is nie. Die duur opsie se maksimum perk is slegs R200k meer as ons huidige dekking.

Nou is ek skoon uit asem geskryf, skuus as ek die maters verveel.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 31/10/2022 - 09:14

... jou begroting vir brandstof is heelwat meer as myne. Ons poog maar om skraps te ry (en grootliks met die Honda wat aansienlik ligter op brandstof is.

Ek begroot ook 'n bedrag per maand vir voertuigonderhoud - dit akkumuleer en word na 'n spaarrekening oorgedra wat vir hierdie doel geskep is. Die Hilux is darem nog gedek deur die diensplan, maar vir die Honda se dienste moet betaal word.

My maandelikse begroting vir vakansies word ook in 'n spesiaal-geskepte spaarrekening oorgedra.

Een ding is verseker - dit kos maar meet en pas ten einde "to make ends meet".

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 31/10/2022 - 09:40

Eskom se diesel turbines vat tans baie diesel as daai tutbines nie loop sal ons basies pal op load shit stage 6 wees ja daar is n tekort aan diesel 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 12:25

...wat op die walle van die Vaalrivier in 'n gegoede kompleks [?] woonagtig is.laugh

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 31/10/2022 - 15:26

Ek kry darem 'n kostelose wegbrekie - inteendeel, ek word selfs betaal daarvoor. Ek het nog 'n klompie van my ou kliënte wat nog van my dienste wil gebruik maak. Ek moet op 21 November in Modderrivier (suid van Kimberley) wees om saadbehandelingsmasjiene te gaan  diens en te kalibreer. Ralie gaan saam en ons vertrek op Saterdag 19 Nov en slaap oor by Travalia (Drie Susters). Die volgende twee aande is ons by Lilydale Lodge (Mokala Nas Park) vanwaar ek my "dinge" die Maandag gaan doen. Ralie moet haar maar self vermaak terwyl ek in Modderrivier werk. In die verlede het ons gewoonlik by Mosu Lodge gebly, maar die akkommodasie wat ons verkies is ongelukkig nie beskikbaar nie. Dinsdag 22 Nov ry ons weer tot by Travalia en keer die volgende dag terug huistoe.

Ek faktureer hulle teen die AA se voorgestelde tarief/km vir my Hilux, hulle betaal my 'n vasgestelde tarief wat ek per uur op die pad deurbring en 'n hoër tarief per uur wat ek in hulle aanleg spandeer, sowel as my akkommodasiekoste. Ek het gedink my kwotasie sal hulle die skrik op die lyf jaag, maar tog het hulle dit aanvaar.

Ek wil nie meer werk nie, maar tóg sien ek nogal uit na die trippie. Dalk kan ek weer 'n ou broodjie koop na dese.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 17:29

Middag Chris

..... julle die gesondheid het, die werk-uittog 'n kleur van vakansie gee, is dit manna van bo. As dit werk reen, skep my maat. Jy is voorwaar gelukkig om na aftrede steeds as 'n spesialis erken te word, en nie gekniehalter word met BBBEE voorskrifte nie.

Gelukkig [?] vir julle is Kimberley se lughawe kaputt, dus kan julle nie vlieg nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus