Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Centurion

Voortrekker

Thu, 04/10/2018 - 11:23

goeie kwaliteit in die pyp

Nie rooibaard nie , Shammah steekbaard !  hiehiehie laugh

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 11:34

Seker so bietjie af van die bespreking, maar;

Ek is seker maar weer verkeerd, maar ek glo nog altyd dat 'n gewone jaarlikse verhoging nie bedoel is om jou lewens standaard te verhoog nie?

As mens jou lewens standaard wil verhoog moet jy seker meer produseer as laasjaar, of jy moet bevordering kry na 'n meer senior pos?

Dit is vir my nog altyd onverklaarbaar dat baie mense glo dat as jy baie jare in een pos by dieselfde maatskappy werk jy moet meer verdien as die een wat nuut daar begin??

Hoe kan jy meer inkomste verwag as jy presies die selfde werk en uitsette lewer as die vorige jaar, die maatskappy se inkomste het niks verhoog op jou uitsette nie dus moet hy sy wins sny om jou meer te betaal, of hy moet sy prys verhoog.

Ja prys verhoog is seker die maklikste, maar dit verhoog inflasie, dus help jou verhoging jou net mooi niks nie?

Ja ek weet bogenoemde is vereenvoudig en daar is baie faktore wat pryse be-invloed, maar die prinsiep bly - jy kan nie verwag dat jou lewens standaard verhoog as jy nie harder werk of 'n meer senior pos kry nie.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/10/2018 - 11:46

Dit is vir my nog altyd onverklaarbaar dat baie mense glo dat as jy baie jare in een pos by dieselfde maatskappy werk jy moet meer verdien as die een wat nuut daar begin??

Oom Arie..  Dit is ongelukkig so dat daardie storie nie meer water hou nie.  Daar is mense wat in daardie poste sit omdat hulle nie in aggeneem word vir bevordering nie omdat daar nou ander reels op die maatskapy afgedwing word deur wetgewing.  

Daar word mense oorgesien wat die werk beter kan doen en selfs gedoen het as die persoon wat daar nou aangestel word om werk of self minder daarvan te doen teen n baie groter salaris. 

Nie als is so mooi soos wat dit van buite af lyk nie..... Daar is soms goed wat die buitestander nie sien nie.

0

Verseker goeie kwaliteit....laugh

maar ek glo nog altyd dat 'n gewone jaarlikse verhoging nie bedoel is om jou lewens standaard te verhoog nie?

Verseker nie maar hoe gemaak as alles soos water en ligte, voedsel ens (behoeftes en nie begeerstes nie) jaarliks opgaan en jou salaris bly dieselfde?  Daai som klop mos nie...alles kan mos nie met bv 15% of 20% opgaan en  jy kry dieselfde salaris as laasjaar nie...dan gaan jy 'n nommer moet trek om te kyk wie word die maand betaal winklaughlaugh dis nou na jy sekere "luukshede"reeds begin sny het

 

Ja prys verhoog is seker die maklikste, maar dit verhoog inflasie, dus help jou verhoging jou net mooi niks nie?

Presies my punt ook. 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 12:30

Deon, ek weet dat daai dinge gebeur, my punt bly steeds as jy dieselfde produseer [ongeag wat jou verhoed om bevordering te kry] kan jy mos nie meer verwag nie?

GG ek stem dit is moeilik, eintlik 'n bose kring loop, hoe meer jy verdien hoe duurder word die lewe en jy gly die heeltyd afdraande!

Ek het dit maar ooreenvoudig net om my stelling te maak [nie te bewys nie] ongelukig is die gewone verhoging maar gebaseer op die vorige jaar se algemene inflasie koers, met ander woorde jy is eintlik al klaar 'n jaar agter.

Dit is 'n baie moeilike komplekse saak, maar ek hou by my punt, jou lewens standaard behoort nie te verbeter as jy presies die selfde doen as vorige jaar nie.

Vroeer jare [ek weet nie of dit nog so is nie] het die staatsa dcepartemente jou by aanstelling al op skrif gegee wat jou verhogings sal wees.

Jy begin op x bedrag en volgende jaar gaan jy op na xplus, die jaar daarna xplus plus, tot jy op die top van jou kerf kom????? Hoe de dinges het hulle vooraf geweet hoe jy gaan presteer, en hoeveel van daai amptenare het regtig elke jaar beter kwaliteit en/of meer produksie gelewer??

Dan het daar natuurlik ook nog die gewone lewenskoste verhogings elke jaar gekom.

 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/10/2018 - 13:27

Gelukkig is ek die CEO, BESTUURDER, PRODUKSIE BESTUURDER, PERSONEEL BESTUURDER, REKENMEESTER , BOEKHOUER  ENS.  en bepaal en betaal my eie salaris.

As petrol opgaan gaan my pryse op. As kos duurder word gaan my pryse op. maklik.  daar is ander mense wat daarvoor gaan boet of hulle verhooging kry of nie. hoekom sal ek worry..  

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 13:56

Deon, dit is die regte houding, is hoekom ek altyd se ons leef baie goed hier in SA.

Die groot probleem kom natuurlik  dat iemand anders met so titseltjie besigheids sin hier 'n opening kan raak sien.

Hy absorbeer maar so bietjie van daai prys stygings self, en as jy weer sien is jy al jou kliente kwyt omdat almal na die oposisie gegaan het omdat hy beter pryse en die selfde of dalk beter kwaliteit lewer. 

Dan gaan nog 'n bersigheid onder en ons kan dan almal weer regstellende aksie blameer?

Ek stem saam hoekom sal ons worry, solank ons iets of iemand het om te blameer is alles honky dory.

 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/10/2018 - 14:04

Die groot probleem kom natuurlik  dat iemand anders met so titseltjie besigheids sin hier 'n opening kan raak sien.

Ja dit is presies waar my besigheid ontstaan het ... maar daar is ook n ding wat ons noem WAKKER SLAAP....   

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 14:11

Deon, probleem met wakker slaap, as jy net aanhou om al die prysverhogings deur te gee na jou klient, gaan geen wakker slaap jou enigsins help nie.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 04/10/2018 - 14:31

Oom Arie ek is al lank hier in die besigheid. Ek het dit so eenvoudig gestel soos wat ek kon...

Ek dink amper as ek nie geweet het wat ek doen nie my besigheid nie nou al 20 jaar oud gewees het nie en ek ook nie besigheid in  so n paar ander lande gedoen het nie.  

Soms word mense  waarde op die kleur van sy hare geskat......

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 04/10/2018 - 14:45

Arie, jy is natuurlik reg dat daar baie mense is wat goed leef in Suid Afrika.  Maar daar is baie meer wat nie so goed leef nie, vir verskeie redes.   Ons kan dit probeer goed praat maar dit is die werklikheid.  Dit gebeur natuurlik ook nie net in Suid Afrika nie.

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 04/10/2018 - 15:32

Deon, ek sal jou seker maar moet glo, vir my persoonlik net baie vreemd dat jy elke maand [of dalk weekliks] sodra iets se prys opgaan jy jou pryse kan verhoog?

Daar is uiters min besighede wat dit vir 20 jaar sal kan volhou, erens gaan hul hulself uit die mark uit prys. Meeste besighede, wat dalk nie so wakker slaap, probeer maar om van die prys skokke erens self te absorbeer en sodoende hulle pryse meer kompiteerend te hou?

Maar ek is regtig bly dat jy dit kan doen, ek kan dan ook glo dat dit finansieel baie, baie goed gaan met jou, wens meer mense het daai kleur hare gehad.

Antie Freda, ek bessef maar al te goed dat hier mense is wat in uiters haglike omstandighede leef. Nee ek probeer dit geensins goed praat nie, dit is absoluut realiteite. Ek glo ook wel dat vir baie is dit heel buite hul hande, en kan self niks daaraan doen nie.

Ek is baie nou betrokke by verskeie liefdadigheids organisasies waar ons ons bes doen om die ergste nood te verlig.

Iets wat my altyd diep tref, is dat baie min van daai mense regtig aanmekaar kla oor alles, en nog minder altyd die blaam op of die regering of regstelende aksie of op enige iemand anders plaas.

0
Irene

Grootwind

Mon, 07/03/2022 - 08:54

Sien vanoggend het die olieprys alreeds by 139 Dollar per vat verby geskiet, sit tans op ongeveer 128 Dollar. As dit so voortduur, en as Biden en die EU en ander alliansie vennote in die sanksie veldtog teen Rusland ooreenkom om 'n boikot teen Russiese olie in te stel kan ons dalk nog 200 Dollar sien in die volgende week of twee? Die Engelse betaal reeds R32 per liter....dinge gaan sleep onbekostigbaar maak, veral langer afstande. Dit kos my reeds aansienlik meer as R1000 om die Ranger vol te maak...binnekort dalk meer as R2000? Dis om van te ween...

 

0

Lees vanoggend dat die "futures" vir olie gelwer in April al by $200 'n vat is. "n ander artikel reken R40/l voor die einde van die jaar. Dit is rondom R3,200 vie 80 litre.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 07/03/2022 - 10:04

Kyk dit gaan ons sakke skud.

Ek het nie ń retoer vlug kaartjie gekoop toe ek Salt Rock toe gevlieg het.

Ek wou nie gebind wees aan ń datum om te vertrek nie!!

Ek vermoed my kaartjie gaan aansienlik duurder wees as met die hierna toe vlug?

0

.... en daarna ook KrugerNP toe.

Alles is bespreek en betaal, en sal maar moet deurdruk.

Ek wonder hoe vinnig gaan die olieprys daa/herstel nadat die oorlog gestop word.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 07/03/2022 - 11:57

My beskeie mening is dat die prys hoog sal bly totdat die sanksies teen Rusland sover dit hulle Olie en Gas uitvoer betrek gestop word, en dit sal nie gou gebeur nie. Rusland sal Ukraiene moet regmaak en boetes etc betaal, of dit gaan gebeur, is n ander vraag. So die sanksies kan vir jare in plek bly. Lande praat van fracking moet doen om brandstof sekuriteit te bewerkstellig. Neef was ook so half gekant, maar nie heeltemal nie, nou sal ek my steun 100% ingooi as dit ons lewensgehalte kan verbeter.

So die aanvraag gaan hoog wees en voorsiening laag. Selfs nuwe bronne gaan tyd vat om te ontgin en infrastruktuur vir rafinering in plek te kry.

Het ek gehoor dat daar gas in Namibie gekry is?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 07/03/2022 - 20:33

My volgende kar sal ‘n EV moet wees. Ek sal waarskynlik net ‘n Shop rider kan bekostig en sal dus die Kavango moet verkoop (as ek dit nog kan regkry wannneer brandstof R40/l kos). En ek sal maar die sonkrag stelsel tuis moet installeer om die Shop rider se battery te laai. My dak is nie geskik nie en ek sal dus ‘n stellasie moet laat bou wat sommer as motor afdak ook dien so my totale uitgawe gaan by R190k draai. Plus die een hier onder. As ek die Kavango vir R170k kan swaai kort ek darem net so R40k…
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus