6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -30 minutes ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -34 minutes ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -53 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -3 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 28/10/2022 - 19:49

......Soos ek dit verstaan, styg die dieselprys veral omdat die vraag daarna, aansienlik hoër is as dié van diesel  -  veral oor die naderende Europese winter tesame met die Ukraïnse/Russiese oorlog en die geweldige toename in  dieselvoertuie oor die hele wêreld.

Die styging is kwaai en 'n ou sal maar jou voertuig-ritte ernstig moet beperk.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 28/10/2022 - 20:48

Alhoewel daar ook ander redes was, het ons besluit om die Prins Albert-gedeelte van vlg week se ekskursie, a.g.v. brandstofkostes te verander na Montagu. Dus ry ons eerskomende Vrydag tot Montagu vir 3 aande en dan na Dibiki vir die vlg 7 aande.

Geen twyfel dat brandstofkostes 'n al groter rol gaan speel in toekomstige reise.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 29/10/2022 - 07:07

Weet nie of my somme verkeerd is nie, maar. R1,50/liter meer, beteken dat as jy 10km/l normaalweg kry, jy dus 15c/km meer gaan betaal. So dit is R15,00/100km meer. Kaapstad is seker ook so naby 500km vanaf Karoo en so dit gaan dus   R75,00 meer beloop aan brandstofkoste.

n Botteltjie gemiddelde botteltjie sauvignon Blanc opoffer? Nee wat Chris,  moet nie dat die brandstofprys jou geesdrif demp nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/10/2022 - 07:28

.... nee, die brandstofprys is darem nie die eintlike rede nie. Ons het gehoop op 'n lekker stil, maar tog bedrywige, naweek op Prins Albert. Dit gaan egter nie die geval wees nie (sonder om daarop uit te brei). Daar is toe besluit om 'n alternatief te oorweeg. Ons het gekyk na verskeie opsies. Ons eerste keuse was om 3 aande vroeër by Dibiki te arriveer, maar hulle kan ons nie akkommodeer nie. Toe't dit gelê tussen Skurwekop, Silwerstrand, Montagu, Montagu Guano Caves, Doringlaagte, Bontebokpark of Jongensfontein. Ons gesamentlike keuse het uiteindelik op Montagu geval, waar ons etlike jare gelede laas was.

Om Wessel se vraag op 'n ander geselslyn te antwoord - ons ry N2-langs tot Stormsvlei waar ons wegswaai via Wessel se komvandaan (Bonnievale - is ek reg?) na Montagu. En vandaar sal ons via Ashton en Swellendam ('n pragtige roete waar ons jare laas gery het) om verder met die N2 na Dibiki te ry. En maar N2 terugkeer.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 07:51

Môre vriende

Dankie Herman om perspektief te plaas op die brandstofprys.

Ek sal natuurlik maklik 'n bottel Saugvignon Blanc opoffer, die goed smaak vir my nie lekker nie. 

Ek het egter by bedenkene as dit 'n bottel Shiraz, of Pinot Noir is, wat geoffer moet word. Die mees onlangse prys vir bottel Pinot Noir, gekoop by Benquella landgoed, Hermanus, was R250. Teen daai prys, kan ek alweer oorweeg om af te sleep Kaap toelaugh

Jis Chris, nou maak jy my skoon jaloers. Soos jy seg, jy gaan deur my geboorteplek, en grootword plekkie sleep. Uit respek vir die produkte vandaar, dis nou kaas, wyn, vrugte, moet jy 2 maal om die kerk ry, oppad Asthon/Montagu toe.laugh

Onthou om te kyk of julle die engelse fort nog kan sien reg bo die tonneltjie in Cogmanskloof.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 07:57

Jy is mos 'n man wat nie vêr wil sleep per dag nie. Oorweeg dan maar 'n oorstaan by Bontebokpark, terug huistoe.

Dan sleep jy sommer die R326 Stanford, Hermanus om huistoe.

Vaalpark

Johann L

Sat, 29/10/2022 - 07:58

Hoop Arie loer hier in, sy wens is al paar keer verhoogwink

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/10/2022 - 11:16

... ons kan eers 13:00 inboek by Montagu en daarom sal ons genoeg tyd hê om gou by Bonnievale Kelder en die kaasfabriek se winkel aan te gaan. Ek was in jare nie daar nie. Dit sal ook die eerste keer wees wat ons die herboude Cogmanskloof-pad sal ry. Ja, ons het al daar bo in die ou fortjie gestaan. Nee, dit sal maar reguit huistoe op 14 Nov. Ek's die volgende dag alweer op kroegdiens (soos ook vandag) by my rolbalklub.

Ek het gister my Des/Jan bespreking in Karoo Nas Park gekanselleer. Ralie is bang vir die hitte en verkies om by die huis te wees na Kersfees as die Grabouw kleinkinders wil kom kuier. Hulle kamp vanaf 16 Des tot net na Kersfees by Quaggaskloofdam naby Worcester.

Ek het die Karoo-bespreking se geld (wat reeds ten volle betaal was) laat oordra na my  Kgalagadi-bespreking in April. A.g.v. Ralie se (vir my onverstaanbare) vrese om met die karavaan wildtuin toe te reis, het ek ook maar my 9 aande in die wildtuin gekanselleer en die deposito oorgedra na my Kgalagadi-bespreking.

Aangesien dit seker is dat ons nie meer saam met my seun-hulle Henties toe sal gaan gedurende volgende jaar se April skoolvakansie nie - en dan daarvandaan Kgalagadi toe sou gaan - het ek my eerste aand in Twee Rivieren gekanselleer. Ons bly nou 3 aande elk in Twee Rivieren, Mata Mata en Nossob. En met die genoemde 2 besprekings waarvan die fondse oorgeplaas is na die Kgalagadi-bespreking, het ek nou 'n R3.07 krediet by Sanparke. My 9 aande se chalet-akkommodasie in Kgalagadi is dus nou ten volle betaal. Nou's dit nog net brandstof en akkommodasie heen en terug wat betaal moet word.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 12:11

Jy ken die storie van die ou met die TP registraienommer wat wyn koop in die Kaap.

Vra die keldermeester, wil u 'n ligte of swaar wyn proe en koop.

Antwoord die ou, ag maak dit eerder 'n ligte wyn, ek is met my kar hier.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 29/10/2022 - 12:25

................ek dink ons moet ChrisB se noemnaam hier op die forum wysig na Chris Kanselleer.  Chris het absoluut die gebruik om sy beplande en bespreekte vakansie planne te kanselleer vervolmaak !

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/10/2022 - 12:59

Ja Len - dis 'n ou kwaal daai. Ek het al in die verlede 'n volledige vakansie in Namibië bespreek net omdat ek vir myself gesê het dit is sommer stront om elke jaar dieselfde plek (wildtuin) te besoek. Kom die vakansie, eindig ek weer in die wildtuin op - en Namibië is vergete.

Dus - moet my eerder nie glo as ek hier vertel waar ek gaan vakansie hou nie. Wag maar eers tot ek terug is.

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/10/2022 - 07:52

......eie blaker.

Ek moet nog die somme maak, maar net dalk moes ek ou eseltjie gehou het. 'n Groot bonus sou wees, klomp geld veilig op belegging, EN waarskynlikheid vir diefstal baie kleiner.

Wel, gedane sake is gewoonlik onomkeerbaar.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 30/10/2022 - 08:09

Hoe nou Wessel?  Jy is dan Oom somme.

Nou glo ek jou gladnie dat jy nie daai somme gemaak het nie. Tot n kwotasie gekry vir die versekering dalkies?

As jy nou weer moet doen, en jy verloor 20% op jou aankoop, en jou canopy gooi jy verniet in, sal jy  dalk nie n happy chap wees nie.

 As jy die knock wil vat, kry jy n swart 10 jaar oue Range Rover amper mahala. All the bells and whistles en! genoeg krag .

Natuurlik kan jy ook kyk na n GWM Hover, ek weet nie of dit nodig sal wees om dit te sluit nie devil

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/10/2022 - 08:41

Môre neef Herman en al my ander vriende

O ja, Grootwind, jy is ook gegroet. 

Volgens November pryse is petrol [93] nou meer as R3/l duurder as diesel. Eintlik 'n faktor van 1.14. Dit beteken dat Grompie ten minste 'n verbruik lewer, beter as 1.14 van eseltjie [2.7 Hilux] om gelyk te breek in Randwaarde.

Sonder sleep is dit waar Grompie [2.4 Hilux] voordelig is. My grootste besparing is dus die amper 12.8k/l wat Grompie bied. Die probleem is, ek ry nie meer baie solo nie, want ek ry nie meer werk toe nie.

In die geval van sleep, om geld te spaar, moet Grompie dus ten minste 8km/l haal. Ek sal nog 'n haas uit die hoed moet trek om verbruik onder sleep toestande te verbeter. Die beste wat ek kon kry, oor 'n kort afstand en minder ideale rytoestande, was 8.5km/l.

Ek sal maar vir 'n korrespondensiekursus by Boucher bestuur/sleepskool moet inskryf. 

 

Jeffreys baai

Lapskag

Sun, 30/10/2022 - 11:36

Wessel vra sommer vir Anton daar naby kou om te leer om stadiger te ry en dan te bespaar. Maar ek sien jou plan om vir Chris te gaan vra, dan kan jy weer wyn gaan koop. Het sy 'n ligte een of 'n swaar ene. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/10/2022 - 14:56

Middag Johan en ander

Ons kan maar grappies maak,maar die brandstofprys plaas 'n demper op beplanning en rondry. Ek het amper 40 jaar gewerk, kinders grootgemaak, rondgekarwei naweke agter hulle sport aan.

Nou is ek daar waarna mens uitgesien het, eie tyd en eie teiken. Los om rond te ry en plekke te besoek waarvoor daar nie altyd tyd en geld was nie. Dan tref die finansiele realiteit mens, beleggings sukkel tans, en brandstof skiet die hoogte in. Die afgelope paar maande het diesel omtrent elke maand met ten minste 1R/l gestyg. Waar gaan dit eindig, en ek praat nie eers van die komende Kersvakansie nie. ??

'n Rit af Hermanus toe, ek het darem nog 1 dogter daar, die enigste in die land, is ongeveer 1650km. Teen 'n gemiddelde verbruik van 8.5km/l, en genoemde heersende prys, gaan dit my op R7 na, R10000 kos heen en weer. 

Anders uitgedruk, elke 500km gaan my R1514 kos. Nou kom die beplanning en herbesinning, waarheen spandeer ek die geld. Om blomme te gaan kyk, Kruger toe te gaan, of deur die SANPARKE in Noord en Oos Kaap te sleep.

Dit gaan 'n man se sak ruk om 2 groot [lang] sleepvakansies in 'n jaar te doen. Dalk lê die antwoord in meer uitstappies, kort om die huis.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus