Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -4 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Brandstof prys

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Dit is die laaste Vrydag van die maand, dus sal volgende maand se brandstofprys vandag aangekondig word.

Petra en ek het vroeer so bietjie ingery Bela toe, ek was so lus vir 'n melkskommel ek kon my lag nie hou nie.

Ons is 11km buite Bela en die ry tot by Dros het ons net mooi 40 min geneem, terug bietjie beter 25 min. Die paaie is tjok en blok dit is net 4x4's , bakkies en SUV's met woonwaens agter gehak.

Nou hoor ek gereeld hoe mense kla oor die brandstof prys en nou sal hulle nie meer kan ry nie, terloops die N1 is net so gepak van de voertuie.

Nou hoop ek sal half hier in my enigheid dat die brandstof met so R3 of R4 per liter sal verhoog, hopelik sal die mense dan nie meer jok oor hoe hulle nou minder gaan ry nie?

 

Worcester

Wildehont

Thu, 10/03/2022 - 22:20

Ek het ook al die toepassing gebruik en dit werk goed. Op een tenk is ‘n Rand of twee per liter duurder nie so erg nie, maar oor ‘n 4 500km toer teen 6,3km/l tel dit gou op. 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 11/03/2022 - 06:55

Môre Chris, ek betaal hier naby my, by 'n massa voorsiener "Mass Depot" R18.20 per liter, (50ppm) dit is amper R3.00 goedkoper as die normale handellaars in die omgewing. Wens net dit was 'n nationale verspreider, maar is spesifiek vir besighede bedoel.

Ek het al gedink om vir my 'n 20L kan te kry vir wanneer ek ver ry, of daar kom so groot styging soos nou verwag word, maar al wat mens dan doen, is om die pyn uit te stel?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 11/03/2022 - 08:32

Het die independant nie dalkies so bietjie lampolie in nie? Onthou so ruk gelede was daar n herrie oor vulstasies wat so bietjie "blending" gedoen het. R3/liter is amper te goed om waar te wees as ander so na aan mekaar is.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 11/03/2022 - 18:21

Hierdie "Independent " kry sy diesel direk van Sasol af, maar gebruik sy eie handelsnaam, hulle kontrakte is vir minimum van 500 liter per maand. Nie enige persoon kan daar gaan in gooi nie.

As hul 'n mengsel gehad het, sou dit lankal op die lappe kom, glo ek,  ek gebruik hulle nou al baie lank.

Ek het al oorweeg om 'n ekstra tenk te kry, maar al wat mens doen, is stel net die pyn uit?

 

0
Worcester

Wildehont

Sat, 12/03/2022 - 06:47

Dis tog ironies hoeveel goedkoper Botswana en Namibië se brandstof is nadat van hier af vervoer is al die pad tot daar. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 14/03/2022 - 10:43

Met al die vooruit skatings, is my September toer kaap toe van die baan af, ek kan nie bekostig om teen  R25.00 + per liter, 'n 4000 kilometer toer aan te pak nie. 

Ons sal nou maar tevrede moet wees om naby kampe te doen, gelukkig is hier binne 'n radius van 400 Km baie goeie oorde.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 14/03/2022 - 11:28

Johann, ek ry vrydag af Kaap toe en moet maar vasbyt. Die bespreking is al 'n jaar terug gedoen. Gelukkig sleep ek nie my woonwa nie, slegs 'n venter treiler. Dit gaan nogsteeds 'n groot impak hê.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 14/03/2022 - 12:12

Dalk is dit ons laaste toer Kruger wildtuin toe vanwee alles wat nou gebeur, so ek gaan ook maar deurdruk in Julie. Ek het vanoggend ‘n Lekkeslaap plek bespreek in Phalaborwa vir 2 Julie. Vroeg 3 Julie gaan ons dan in, oppad Shingwedzi toe. Dalk moet ek teen 90kph probeer sleep en kyk of dit nie my verbruik verbeter nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 14/03/2022 - 12:35

Dalk moet ek teen 90kph probeer sleep en kyk of dit nie my verbruik verbeter nie. 

Dit sal 'n wyse besluit wees. Hierdie ouballie doen dit al vir jare - selfs toe my verlof ook nog beperk was tot 3 weke skoolvakansies. Lekker rustig op die pad, maak die reis 'n integrale deel van die vakansie, sleep teen 'n veiliger spoed en spaar 'n moerske klomp op brandstof. Slim man! Slim! 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 14/03/2022 - 13:36

Ek het vroeër vanjaar, met ons laaste kamp, slegs teen maks 90kph gesleep en kon definitief 'n verskil in my brandstof verbruik sien, en ek het die sleep ook meer geniet. Baie rustige sleep ervaring gewees.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 14/03/2022 - 14:27

Hennie, ek sleep ook nooit meer oor 90 tot maksimum 100 kpu nie en sien ook 'n groot verskil in brandstof verbruik. My gemiddeld is 9.06 km per liter - opvul tot opvul.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/03/2022 - 15:24

het vanoggend ‘n Lekkeslaap plek bespreek in Phalaborwa vir 2 Julie.

Hoekom staan julle nie voor die hek by Safari Park oor nie ?  Of wil julle nie die wa oop maak vir een nag nie ?

0
Worcester

Wildehont

Mon, 14/03/2022 - 15:47

Hoekom staan julle nie voor die hek by Safari Park oor nie ?  Of wil julle nie die wa oop maak vir een nag nie ?

Willem, ons wil nie die wa vir een nag gebruik nie. Die Kavango is nie ‘n wa wat jy gehaak kan hou en net inklim en slaap nie. Nie met vier mense nie, en nie met alles wat saamry op die agterste bed nie. Op Safari Park se webwerf staan daar ook dat jy ‘n minimum van twee aande moet staan in skoolvakansie, en een aand kos amper soveel as die Lekkeslaap plek per aand.  

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/03/2022 - 15:50

Ek het nou gaan kyk op my brandstof lys want die Desember trip KNP en Musina toe het ek die 3B gesleep teen 100km/u waar die ander met die Exclusive was wat gewoonlik so 110km/u was.

.

Hier is die laaste keer Kaap toe, hier het ek soms teen 120km/u gesleep as die pad dit toegelaat het.

.

Soos ek dit ondervind is daar nie 'n groot verskil met die ST nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 14/03/2022 - 15:52

Op Safari Park se webwerf staan daar ook dat jy ‘n minimum van twee aande moet staan in skoolvakansie

Ek het Desember daar oorgestaan vir net R210.00 vir die nag en dit was ook skoolvakansie ?

.

0
Pretoria

Geert

Mon, 14/03/2022 - 16:10

"Op Safari Park se webwerf staan daar ook dat jy ‘n minimum van twee aande moet staan in skoolvakansie"

As ek op hul online besprekings gaan sê dit 3x nagte minimum. Seker n onlangse instelling want weet van mense wat ook onlangs in vakansie tye net 1x nag daar staan oppad Letaba toe.

Maar lyk my dis die oord se reel....nie oor algemeen Forever Resorts nie, want ek het n booking by Blyde Rivier in vakansie wat nie minimum dae vereis nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus