6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Spesiaal vir die "volwasse Dames"

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Kyk die ouderdom kan mos maar 'n mens lelik verineweerd laat lyk, amper soos 'n sinklplaat pad, soos mens bietjie ouer raak.

Nou weet ek ook die dames het maar altyd 'n groot probleem met die plooie so om die oge, die voorkop en ook hier by die nek rond. Kyk mans kry mos nie plooie nie net lag kepies en karakter trekke?

Plastiese snykunde is ok maar 'n duur storietjie, maar ek het met jare se navorsing en met 'n indringende in diepte studie [wat ek persoonlik "Hands on" voltooi het, 'n baie goedkoper manier gevind wat wondere verrig!

Die ouer dames moet maar sonder 'n bra loop, die swaartekrag trek dan al die velle van die gesig en nek mooi styf, en daar is geen plooi meer te siene nie!

Ek weet julle dames sal dit baie waardeer, dat ek soveel moeite met die studie gedoen het!

Waar my wa staan

Arie

Wed, 04/10/2017 - 13:55

Nee wat Voorie ek doen dit gratis, vir die liefde van die saak!

Kyk ek was mos al die jare ñ ginkoloog, nou beoefen ek dit maar net as n stokperdjie!

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 04/10/2017 - 14:17

Dankie Arie.   Nou kan al die volwasse dames sommer hulle bra's verbrand.   Maar wat moet hulle doen om die swaartekrag wat alles so aftrek, weg te steek? wink

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 04/10/2017 - 15:01

Ai Freda, nou laat jy my terug verlang na die 60 of 70 tiger jare.

Daai tyd toe die dametjies so begin in opstand kom oor die "ingehoktgeid of in gebindgeid" met die bra ding. Hulle het mos so in hul massas opgeruk, hul bras afgepluk en op n hoop gegooi en verbrand!

Daai jare het seker 60% van die jong dames so lekker los sonder daai ingeperkte gevoel rond gestap.

Ai dit was mooi!!!! Baie makliker gewees om die natuur te bewonder!

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 04/10/2017 - 15:55

Ai, ou Arie, jy laat my nou ook terugverlang na daardie jare.   Die jare sonder plooie en geen swaartekrag probleme.

Ek glo jy het die dames in hul ongebondenheid met eerbaarlikheid ondersteun en waardeer.

0
Centurion

Lolla

Wed, 04/10/2017 - 19:04

Dit is goed vir die gesondheid ook. En sommer baie meer ontspannend. Nou gaan my man darm bly wees want brah's is ongelooflik duur deesdae.

0
Bosveld

Gryswater

Wed, 04/10/2017 - 21:02

Sit en wonder ek of dieselfde dalk kan werk vir Ooms met groot boep-pense?

As mens nou sê hulle kan van daardie boep ontslae raak as hulle toelaat dat swaartekrag sy werk doen en nou maar ophou met onderbroeke dra?

Sulke lekker groot los baggie pants soos die wat mens in Hawai dra?

0

Arrie, vandag in 2017 kan ons die gevolge sien van al daai mooi dametjies wat in die jare 60 en 70 so onverantwoordelik was en al hulle bra's gebrand het!!

Hulle moet alternatiewe planne maak om die outjies naby te hou aan die lyf.

Onverantwoordelik se ek jou!!WM

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus