Ek begin hierdie gesprek om ondersteuning aan ons lede op te dra. 🙏
Dit is is voorwaar net goeie…
Dit is is voorwaar net goeie nuus hier vandag, ongelukkig het ek weer ander nuus gekry vanoggend.
My jongste broer se suiker is buite beheer en hy het sy toon stukkend gestamp, dit lyk my hulle gaan die toon amputeer. Suiker veroorsaak dat wonde baie moeilik genees en sy suiker kom nie onder 14 nie.
Baie sterkte vir Berdien,…
Baie sterkte vir Berdien, Shaun se vrou wat skielik 'n groot operasie moes ondergaan, en ook vir sy ma. Ons dink aan julle en bid vir gesondheid vir hulle albei.
Sterkte my vriend🙏🙏🙏
Ons wag vir goeie nuus
Môre vriende
Ek raak bekommerd[nuuskierig] as die terugvoer stil raak op die gesprekslyn.
Ek hoop dat dit goedgaan met;
Shaun se ma en vrou
Johann se broer
Len se herstel.
Ek hoop die stilte is maar net omdat julle almal besig is met werk, aftrede en belangrike dinge.
Môre Wessel, ek sit nou het…
Môre Wessel, ek sit nou het en dink dieselfde.
Shaun se vrou is gister van die ventilator af gehaal, sy is nog in ICU, maar die dokter is baie tevrede.
My broer is Saterdag ontslaan, hy sukkel nog met die suiker en is op sterk antibiotikas vir die toon. (Gelukkig is dit nie af gesit nie🙏)
Klink my Len is so besig met kamp beplanning, hy kry nie ryd om hier in te loer nie. (Ek hoop dit is die geval)🙏
Hoe gaan dit met jou voet, ek vertrou jy is sterk op pad om jou ou self te wees?🙏
GM
Goeie middag kampvriende !
Ek is darem nog hier in lewende lywe en loer wel tussen-in hier op die forum. My dokter het my gewaarsku dat die herstel-tydperk in my geval 8 weke sal wees en ek is pas by 4 weke verby. Dus, dit vorder darem so sukkel-sukkel.
My seun en sy gesin is met hul Bushlapa Ratel en Hilux in die Kgalagadi (tans by Mata-Mata en daarna by Nossob) - - die nagte is glo vrek koud, gisteraand was dit -2º !
Ek sien baie uit na ChrisS se Wildtuin terugvoer as hulle huiswaarts gekeer het.
Len...
... ek's bly om te hoor dit gaan al hoe beter en dat jy darem so af en toe hier inloer.
My seun was ook verlede week in Twee Rivieren. Hulle het blykbaar lekker dae gehad, maar die aande was maar knyperig. Volgens hom het sy twee kinders hom maak belowe dat dit volgende jaar weer die wildtuin en Eiland Spa sal wees. Die wildtuin besprekings vir volgende jaar se wintervakansie open 20 Julie en ek sal maar saam met hom Woensdag bel om te probeer vir 'n kampplek in Berg-&-Dal. Laasgenoemde is vir hulle "wildtuin" en die wildtuin is vir hulle Berg-&-Dal - amper soos my pa vir wie Skukuza wildtuin was.
NEEF HERMAN
Die afgelope 22 maande het ek ervaar hoe wonderlik dit is om kampvriende te hê wat jou ondersteun en moed in praat tydens ernstige siekte. Herman is ook een van my kampvriende wat gereeld boodskappe op WhatsApp gestuur het, telefoonoproepe na my en my vrou gemaak het om na my welstand te verneem en selfs in twee gevalle vir my Wildtuin boeke laat aflewer het om my 'n bietjie op te kikker. Herman het my meegedeel dat blaaskanker pas by hom gediagnoseer is en dat 'n MRI eersdaags gedoen word om te bepaal of die kanker versprei het. Herman sal nou oor die volgende 4 maande chemo-behandeling ontvang waarna sy blaas verwyder sal moet word. Alhoewel Herman in sy eie woorde nie 'n "Jannie Jammergat" wil wees nie, het ek sy goedkeuring om hierdie inligting ook aan julle oor te dra.
Ek weet Herman kan staatmaak op sy kampvriende se ondersteuning en voorbidding.
Ek het nou hierdie inset van…
Ek het nou hierdie inset van Len gelees - en ek is nou met stomheid geslaan. Ek het die voorreg gehad om Neef tydens ons Herfsblare-saamtrek in die Karoo Nas Park in persoon te ontmoet. En hierdie op die oog af gesonde man sou ek in my wildste drome nie kon vereenselwig met gesondheidsprobleme wat Len hierbo van noem nie.
Ek kan net die hoop uitspreek dat jy hierdie "ding" ten volle sal oorkom Neef. Ek het jou opgesom as 'n positiewe joviale gees. Ek en Ralie wens jou net die beste toe en glo dat jy met jou ingesteldheid hierdie terugslag met fanfare sal oorwin. Sterk staan maat!!
Baie sterkte Herman. Ons glo…
Baie sterkte Herman. Ons glo en vertrou dat alles goed sal afloop. 🙏🙏🙏
Ek het verlede week nog met Herman gepraat en hy was sy "tjirpie" self.
Herman wat kan ek sê? Baie…
Herman wat kan ek sê?
Baie sterkte maat, ons bid vir genesing en vertrou dat die dokters die nodige sal doen.
Ek respekteer jou geloofs siening, maar bid vir alle mense wat (in my opinie) gebed nodig het.
Len, bly om ook te hoor jy vorder, jou positiewe gesindheid is 'n groot deel van die genesings proses. 'n Voorbeeld vir baie van ons.
Berdien, Shaun se vrou, vorder ook goed, sy word moontlik vandag van ICU na hoë sorg oor geplaas. Sy ma se borste word albei verwyder maar sy het nie nodig om chemo te kry nie. Sy is 'n baie positiewe mens.
Dankie Maters. Moet se, die…
Dankie Maters. Moet se, die was n onaangename verrassing. Een oomblik voel jy sterk, gesond, en geen bekommernis in die lewe nie, net om in n muur vas te loop, en bedwelmd rond te kyk. Ongelukkig is daar nie meer n kans op herstel nie, en so moet ek my huiswerk in orde kry. Hoe vreemd voel dit om dit met julle te deel. Groete.
Ai Herman, baie sterkte vir…
Ai Herman, baie sterkte vir jou, Vonnie en die kinders.
Dankie dat jy bereid is om dit met ons te deel, ons is daar vir mekaar om ondersteuning en bemoediging vir ons medemens.
Ek moet met almal.....
.... die volgende deel.
Ek aanvaar dat ons wat hier lees dieselfde geloofssiening deel, en indien nie, dat daar wedersydse respek sal wees.
Die afgelope tyd het die Strydoms onverwags 'n paar onverwagse mediese dwarsklappe beleef, waarvan my voet die kleinere is. Ek veral het geworstel met kleingeloof, en ek belowe julle, nagte word lank as jou gesonde verstand vir jou dinge wysmaak.
Ek moes klou vir al wat dit werd is aan;
Jesaja 41 v10, v13 --wees nie bevrees nie, kyk nie angstig rond nie en
Markus 11 v24--- glo net... [soos 'n kind wat nie redeneer nie]
Ek wil dus aansluit by almal hierbo, laat ons mekaar ondersteun.
Goeie dag almal, voorwaar…
Goeie dag almal, voorwaar nie goeie nuus vir Herman nie. Is soos Chris genoem het, lekker gekuier en blakend gesond en 'nou die nuus. Baie sterkte daar vir Almal wat nie gesond is nie en sommer tonne krag vir die wat nou alreeds op die herstel pad is.
Ondersteuning aan Kampforum Lede ...
Ek ken baie kampers tog is daar ook baie met wie ek nog nie die kans gehad het om mee blad te skud nie 😩.
Herman is een van hulle, baie sterkte Neef, glo als sal wel gaan al dink mens nie altyd dit is moontlik nie of jou beskore nie.
Vat maar (soos Arie altyd sê) 'n sluk (of meer) Rum en suig maar rustig aan daai tabak.
Baie sterkte vorentoe Neef Herman.
Bly om te sien Len degin weer lewe kry op die Kampforum, 👏👍🙏.
Wessel, ook sterkte daar by julle 🙏.
(Ek is bly om te sien die gespreklyn slaag in sy doel 👏👏👍🙏)
Sterkte
Sterkte aan almal hier en gades tuis wat een of ander ongesteldheid beleef, alhoewel ek bitter min hier kommentaar lewer, lees ek darem van tyd tot tyd.
Ek is maar skaars wat kommentaar aanbetref, dit is nie uit min belangstelling maar mens verval maar in so 'n staat van luiheid en sleg word as jy nie meer werklike kampverwante plasings kan maak nie!!!!
Onsself was in Januarie 2019 laas met vakansie in Uvongo, en bly maar eerder rustig tuis ook sedert Covid. Langpad bestuur is NIE meer gemaklik vir my met effe rugprobleme, en derhalwe probeer ek nou ook baklei met versekering om premies bietjie te vrlaag. Ek het vanoggend 'n pleidooi ingedien met bewyse van totale km afgelê afgelope 6 maande van slegs 960!
Groete al met die gang af!!
Sterkte Oom Neef en ander
Ek was nou vir meer as twee weke bitter min op die forum en is saam geskok oor Oom Neef se diagnose. Ek bid saam vir die beste prognose.
Sterkte ook vir Oom Len en Wessel en Shaun se vrou en moeder se herstel.
Het ook weens omstandighede…
Het ook weens omstandighede min gesels op die forum die laaste tyd en dit is nie lekker om van ons forum vriende se terugslae te lees nie. Sterkte vir almal en mag daar gou beterskap intree.
Laat tog 'n warm gevoel as ons mekaar se lief en leed kan deel.





Doekvoet ...
Dis goeie nuus Wessel, sterkte verder. 🙏