Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.
Infanta
Vanoggend oppad kantoor toe ry ‘n klein konvooi Infanta waens verby my. Daar was vier van hulle, van verskillende groottes. Die voorste een was die Enkulu3. Nogal groot vir ‘n boswa, maar lyk baie netjies. Soos dit nou maar is, kos dit ‘n stywe prys wat ek nie bereid (of in staat is) om te betaal nie.
Infanta ...
Sukkel ook met die pryse. ☹ maar gelukkig is die 3B nog 👍 vir my.
Die wet en 50kg
Môre vriende
Ek hoop julle kampeer almal hierdie langnaweek, brandstof se rys is mos laer.
Sommer so 'n los klip om julle wetgehoorsame ouens se kommentaar te kry;
1] sal julle sonder enige wetlike besware,'n wa sleep wat volgens plaatjie gewigte net so 50kg swaarder as die sleepvoertuig is?
2] Of, moet ek liewer die handelaar/bouer vra om die plaatjie gewig "verkeerdelik" Grompie se lisensiegewig te maak?
Ek het lus om roekeloos te raak, vang ek mos my beterhelfte uit, sit en kyk na vieslike webblaaie, nogal die van ander woonwa verskaffers.
Wessel, vir my is blou, blou…
Wessel, vir my is blou, blou. Daar is nie n ander antwoord nie.
Weegbrug toe
Wat is jou Kavango se plaatjie gewig? Myne is meer as wat my Fordjie mag sleep (dit mag net 1 500kg sleep). Ek wil nog die Kavango gaan weeg, maar basies sleep ek onwettig en sal ek of my sleepvoertuig of my wa moet vervang. Ek sien nie kans vir een van die twee nie. Dan hang ek eerder my kampeerskoene op.
Plaatjie gewigte
Middag Chris S
Ek het geen probleem met plaatjie gewigte nie, veral nie met Grompie voor die Kavango nie.
Grompie se lisensie gewig is 1850kg, Kavango se Bruto gewig is 1500kg. Dis teksboek korrek, maar ek is bekommerd oor EB spesifikasie van die "grys" gedefinieerde Totale Kombinasie gewig, van 3500kg.
Naand mense, nou gaan ek…
Naand mense, nou gaan ek weer 'n klip in bos gooi.
As die 3500kg werklik 'n kode EB issue was, was 'n baie klein persentasie wettig op die pad, my kar is 2253 kg (tara) die Penta is 1600kg, (bruto) en nog geen speed cop het my aan gespreek nie en ek was al baie af getrek om te sien of ek kode EB het.
Daai 50kg.....
Middag vriende
Vergeet nou van die 3500kg sleepvoertuig gewig, iets baie meer belangrik;
Hoe sleep 'n voertuig 'n woonwa sonder ten minste 'n bestuurder, dan sy vrou en 'n tenk diesel.
As ek slegs my eie gewig by Grompie se se lisensiegewig tel, kan ek 'n ander woonwa oorweeg.
Die vraag is;
wat is amptelik ingesluit by 'n voertuig se lisesie gewig.? Dolleeg seker.
Wessel, lank gelede iets…
Wessel, lank gelede iets gelees, en ek dink dit is n bestuurder van x kg en 40? liter brandstof met spaarwiel en toolkit. Maar nou tjommel neef.
GVM verlaag
Middag vriende
Ek gaan die vervaardiger vra om die GVM op die plaatjie net 50kg kleiner te maak. Ek bedoel, dis mos ek wat dan wetlik net 'n bietjie minder mag pak in die wa.
Vir die plaas se geld wat ek gaan spandeer, kan hulle mos maar so 'n gunsie doen.
Ek dink as ek die probleem vir hom uitwys, gaan hy besef dat die huidige GVM op sy wa, verhoed dat sekere Hiluxe nie sy wa wetlik mag sleep nie.
Uit daarmee
Watse wa gaan jy nou koop Wessel? Kan die een wat reg raai jou Kavango koop vir R10k minder?
Minder as...
Middag Chris S
... wat my vriend. Ek sal seker maar uit die hand moet verkoop, of gaan weggee by 'n algemene woonwahandelaar. Die boswa-verskaffers is taai om 'n ander se produk in te ruil.
Ek bedink nog die opgradering, niks is nog gegiet in sement nie. Ek het 'n heerlike wa, maar daar is so 'n paar praktiese ongerieflikhede vir die ouer garde, waarsonder ek die toekoms wil inkampeer. Dit behoort jou 'n idee te gee waarna ek kyk.
Nou vertsaan ek ook, 'n…
Nou vertsaan ek ook, 'n Detsination Journey is op pad![]()
Dit behoort jou 'n idee te gee waarna ek kyk.
Koud, yskoud
Naand Johann
Dit sal weer 'n elegante boswa wees. Onthou Grompie is effe lig in die broek, daarom ryg ek derms uit oor die wetlike toelaatbare gewigte.
Die ouens wat 4x4 trokkies ry, het onmiddellik 'n gerieflike gewigs voordeel, bo die 4x2 manne.
Môre Wessel, ek spot sommer,…
Môre Wessel, ek spot sommer, ek dink maar die Destination reeks is te swaar en "over priced" in my opinie is dit nie kampering nie.
Jy kan gerus na die Fleetline kyk, dit is gewis in jou gewig klas, inteendeel baie ligter as jou huidige wa?
Eerder iemand anders as ek, daar is nou sulke mooi karavane op die mark wat my trek, maar helaas, ek het klaar gekoop wat ek altyd wou hê.
Wessel ..
... soos ek jou en Marie opgesom het, is julle mos nie juis bosbef .... kampeerders nie? Mamma (lees: 'Marie') hou van haar geriefie (en jy mos maar ook)? Koop nou maar vir jou 'n lekker gerieflike padwaentjie. Jy kamp net so lekker, indien nie lekkerder, met 'n padwa in die wildtuin en oorbly langs die pad op pad na 'n Herfsblare-saamtrek is net soveel gemakliker.
Ek sê maar net. 😇😇
Padwaens is.....
Middag Chris B
.....net effens te groot vir die ruimte waar ek dit moet berg. Ek kyk na sommiges, veral die wat 2de hands beskikbaar is.
Julle moet kuier, kinders en kleingoet geniet.
Wessel, my ou maat. Die…
Wessel, my ou maat. Die onder seile slaap met stormnette... Jy kan vir jou n vaste dak waentjie aanskaf, sommer n ou model, en in jou nou ledige tyd, die binnekant mooi maak werk vir julle. Dit.. gaan jou aandag heeltemal van die watermeters af wegneem vir n start. En die gekarring met yskaste en panele en portapottis, potties, buite showers en selfonderhoudende kamp.. los jy vir ander. Groetnis.





Rowwe gemak
Middag Grootwind
Soos ons paaie nou agteruitgaan, redeneer jy verkeerdom. My Kavango het warm/koue water, aanboord toilet, gesigwasbak en stort. Dan ook lugreeling wat die 1ste eienaar laat inbou het.
Die voordeel van die "nie teerpad" waens is dat dit die normale teerpaaie beter kan hanteer. Jy moet net bemarkingstegniek aan die beterhelfte opknap.