More Deon ,Andre en ander forum lede wat hier lees en die Vision battery ken vertel vir my asb is dit n goeie gehalde deep cycle battery soos van julle weet doen ek my huiswerk vir die kamp innie bos.Ek gesels ook more met Led and beyond die bos roep en ek poer poer nog rond. Dankie vir julle terug voer
Ek doen maar huiswerk
Anton ek is ook nie seker nie maar gaan 2 battery moet vat dalk groter sal more hoor daar is n paar plekke soos Led and beyond ja n ou moenie net koop nie
So my tjom Fransie,…
Som my tjom Fransie, onaktiewe forum lid, het lank gespeel met batterye en laaiers en sonkrag, vir die huis ens. Op die einde het hy gegaan vir 1.5V selle - so 'n hele klomp in series.
Wonder ek nou of mens 1.5 V roete ook kan gaan vir kamp? Of is dit onrealisites?
Ek is nie n kenner van…
Ek is nie n kenner van battery nie. Ek is n groot voorstander vir gas. Ak wat ek van die battery af werk is die ligte en die yskas ek ry. Die ligte wat ek gebruik is klein LED,s wat baie min krag trek. Dan ook die stort se pompie. Ek doen als tans van die voertuig se battery af. Ek hou wel die battery goed dop en laai maar met die voertuig as ons ry.
Ek is...........
Ek is ook nie 'n spesialis oor die onderwerp nie, maar die volgende is wat ek weet :-
- Die "Vision" deep cycle batterye word deur Mecer in al hulle inverter- stelsels geïnstalleer as standaard toerusting en behoort dus nie gemors te wees nie.
- Ek het 'n 102Ah Deltec battery in my Exclusive wat ek vir my "movers" en LED ligte gebruik.
- Die 102Ah batterye is reeds baie swaar en ek sal nooit twee van hulle op my toere wil saamry nie
- Ek vind 'n 102Ah battery meer as genoeg vir my doeleindes
- Waar daar nie 220V krag beskikbaar is nie, koppel ek my Pathfinder battery elke aand parallel aan die Exclusive se battery om laasgenoemde nie te pap laat raak nie. Die volgende dag is daar voldoende krag om die Pathfinder aan die gang te kry wat dan weer vol gelaai word met die dag se rondryery.
Ek kom agter die battery in…
Ek kom agter die battery in die Exclusive word baie gou pap as hy nie gekoppel is nie, sal hok moet laat toets ?
Het gehoor een
Het vandag een van my kollegas gekry wat baie off grit en hy se een battery sal doen dan gaan ek ook soos jy vir my vroer gese het Deon al my kamp ligte verander na LED ligte wat ook baie minder krag gebruik brad harrison plug kry en so innie ry deep cycle battery somer laai ook. So ek hoef nie n te groot solar panel te kry nie hy sal gebruik word as ek lank innie bos staan. Dankie almal vir julle insette Willem hoop jy kom reg
Ek het myne toe vervang, een…
Ek het myne toe vervang, een by Pro Touch Batterye gekry vir R 1,570 met 2jr waarborg. Hulle is hier in Daspoort Flip by 012-379-0790.
100 AH batterye
Hallo, daar is baie verskillende groottes batterye en tipes dat dit moeilik is om hier te bespreek en iemand soos LED & Beyond sal die beste vir jou toepassing aanbeveel. Hulle is eerlik en sal die nodige toetse doen, op jou stelsel.
Dis maar die beste om met kenners oor die onderwerp te gesels. Dit sal ook goed wees as jy by www.4x4community.co.za kan aansluit en daar rondkrap vir meer inligting.
Thanks Willem
Sal hulle bel Willem dankie ek hoor jou leeu het met hulle gesels maar battery grote is ek nou gemaklik nou spaar ek tussen kind se studies
Ek nou reg gekom
Ek het darem nou reg gekom met stelsel wat my so R8500 gaan kos om op 12v off grid te kan gaan maar sal n tweede battery later koop indien dit nodig raak , nou moet ek net 12v ligte x 4 koop dan is dit bos toe tyd
Shaun, ek hoop jy het…
Shaun, ek hoop jy het elektriese kennis agtergrond om self die battreylaaier box te bou en sal baie goedkoper uitwerk. R8500 vir die stelsel is vir my baie geld. Ek het plastiek container by west pack gekoop en ander parte soos Anderson plugs, lighter sockets en fuseholders by Outdoore Warehouse gekoop. Ek het 12v Lavato triggle batterylaaier wat gebruik word op generators ook gebruik vir my batterybox en asook 20A solar controlpanel. Grys Anderson plug is vir 12 V input of output en rooi Anderson plug is vir solarpanel. Batterybox het 100 aph en 2 alarm batterye. Ek bebruik die batterybox agter in my bakkie wat ook gebruik word vir dubbel batterylaaier en vir my boswa op plekke sonder krag.
Baie netjies gedoen Noel…
Baie netjies gedoen Noel. Mooi kompak!
Baie Dankie Noel! Dit is…
Baie Dankie Noel! Dit is goed gedoen en bewys mens hoef nie die duurder pad te loop nie. Het jy meer detail oor die individuele komponente se spesifikasies en model nr's wat jy gebruik het?
Lekker. Baie netjies…
Lekker. Baie netjies.
Amper die selfde as wat ek gedoen het. Gebruik dit meer in die huis vir die Eishkom oomblikke. Ek het net n C Tech charger wat ek gebruik... Kan hom ook vir die kamp ding gebruik as ek moet.
Hallo Shaun, watse stelsel…
Hallo Shaun, watse stelsel wou jy koop vir R8500? http://www.4x4direct.co… - die winkel se produkte is billik geprys, indien jy die roete volg om self so 'n stelsel te bou, bv. die Anderson proppe kos hier R55 by die ander winkels is hulle R79.
Hier is.......
Hier is ou Stroom-op weer, anders as almal !
My "off-grid" opset vir my Exclusive werk soos ek hierbo op 4/2 verduidelik het. Ek het eergister teruggekeer uit Balule in die Kruger Wildtuin waar ons vir 5 dae sonder krag gekamp het en my totale "once off" uitgawe vir hierdie "off-grid" kamp was R800.
My Exclusive se 102Ah Deltech "mover" battery het ons LED-ligte (plus nog twee 12V buisligte), waterpomp en radio probleenvry van krag voorsien. Plus my 300W Moto Quip invertertjie is ook deur die karavaan-battery aangedryf waarmee my laptop, skeermes, kamera en selfone batterye met 220V gelaai is. En met die daaglikse "optop" van die Exclusive se battery vanaf die Pathfinder se battery, het nie een van die twee onder 12V gedaal nie ! Ons absorpsie Dometic yskas en Edesa vrieskas het probleemvry met gas gewerk in temperature van nooit onder 30 grade nie.
Ek weet nou ek kan maklik 'n maand sonder 220V krag kamp as ek sou wou.





Is 100 Ah nie bietjie klein…
Is 100 Ah nie bietjie klein nie?
Ek ken ongelukkig nie batterye so goed nie.