Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 minutes ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -4 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -6 hours ago
Jy is reg Geert............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -7 hours ago

My eie kamp-sekerheid

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het op verskeie sosiale media platforms kennis geneem van 'n toename in diefstal by kampeerplekke, ten spyte van verskeie veiligheidsmaatreëls deur ooreienaars  -  selfs binne-in die Kruger Wildtuin !

Ek het besluit om my eie dief-werende inisiatiewe te neem in plaas daarvan om te kla en oordeienaars te beskuldig dat hulle nie genoeg doen om kampeer-veiligheid te verseker nie.

Ek het dus die volgende gedoen :-

  • Ek het 'n bewegingsensor-alarm binne-in my karavaan wat gekoppel is aan die karavaan battery
  • Ek het nou ook 'n bewegingsensor-alarm in die nok van my tent/rally
  • Ek het nou "eye bolts" vasgebout aan ons vrieskassie, ons oondjie en ons ysmaker wat normaalweg in die tent/rally staan.  Ek sluit hierdie items en ons kampstoele met 'n 3 meter ketting en slot aan die karavaanwiel vas.

.

.

.

.

.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 19/04/2018 - 13:03

Terwyl ek in my bed le, ek hardloop nie in die nag rond nie, verwens net almal se kar en tent alarms wat tydig en ontydig skreeu.

Nog nooit in enige van my kampe gehoor dat daar 'n sluiper was wat die alarm afgesit het nie?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/03/2022 - 08:56

Ek plaas dit maar hier, want ek wil nie Oom Len se Kruger wildtuin gesprekslyn verder besoedel met misdaad stories nie. Dalk moet die insette daarop oor die onlangse voorvalle in die Kruger wildtuin ook hierheen geskuif word? Oom Len het juis hierdie gesprekslyn begin om te gesels oor kampsekuriteit en hy en Warren het lekker idees hier geplaas.
 

Salomien is oppad Pretoria toe. As jy al van Kaapstad lughawe af gevlieg het, sal jy weet hoe duur dit is om jou kar daar te los. As jy langer as vyf dae weg is, kan jy by die langtermyn parkering staan, en dis darem bietjie goedkoper. Dis nou as jy plek kry, want dis gereeld vol. Salomien kon vanoggend daar parkeer, en sy laat weet my die veiligheidswag vra haar toe of haar kar gesluit is. Hy sê hulle breek nou snags by die karre in wat daar geparkeer is. Terwyl sy na die lughawe gebou stap sien sy toe twee karre waarvan die vensters uitgeslaan is. Afgesien van moontlike diefstal staan jou kar dan ook sonder ‘n ruit in die wind en weer tot jy terugkom. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus