Algemene inligting
Resensies
ATKV Eiland Spa
Hierdie jaar sal dit ons 3de Desember skool vakansie bestemming wees omdat dit vir my seker my gunsteling binne land se oord is. Daar is iets vir almal en nog wat om te doen, ja dit is goed warm in die somer maar ek geniet dit steeds. Van die staanplekke is lekker groot, ongelukkig is daar ook staanplekke wat nie so lekker gelyk is nie. Dag besoekers word beperk to die aantal wat die oord besluit en dit is glad nie dat die oord enige tyd oorvol voel nie, selfs nie eers in die swembad nie (warm of koud) Meeste staanplekke het nie gras nie want dit is mos in die bosveld.
Desember 2013
Desember 2014

Vriende het 1,2 en 3de plek gekry.
Eiland Spa is 'n hedendaagse…
Eiland Spa is 'n hedendaagse paradys vir oud en jonk, personeel is uiters vriendelik en behulpsaam.
Vermaak is daar volop, van jukskei, gym tot net lekker lê langs die swembaddens.
Daar word elke Maandag aand (as ek reg onthou) 'n bring en braai deur bestuur gereel, hulle voorsien pap en vuur, waarna daar in die saal 'n lekker opskop dans gehou word.
Sekuriteit is puik
Ablusies - hier is heeldag iemand op diens wat voortdurend die geriewe netjies hou.
By die onderdak warmwater swembad is ook 'n lekker gym vir jou gebruik. Daar is ook twee sauna kamers waar jy kan gaan sit en sweet.
Een van ons gunsteling oorde.
Desember 2018
Aankoms 12 Des. 2018
Vertrek 7 Jan. 2019
Dit was ons 3de Desember maand by ATKV Eiland Spa.
Soos altyd het ek dit BAIE geniet, Surette nie so baie nie want met die hittegolf was dit soms by die swembad in die koelte 43°C gewees. Wijan het hom gate uit geniet op die water wurm.
Almal kla orals oor die krag onderbrekings, maar besef nie dit is nie die Eiland wat dit veroorsaak of kan keer nie, want hulle kry hulle krag van Tzaneen. Bennie die bestuurder probeer egter om die onderbrekings so kort moontlik te hou. As daar 'n onderbreking is dan gaan sy mens uit en soek vir die oorsaak en sodra hulle dit gevind het dan laat weet hulle die betrokke afdeling in Tzaneen sodat hulle voorsorg kan tref en die regte gereedskap kan saam bring.
Daar is wel kampers wat redelik groot skade gekry het soos my buurman wat sy lugversorger laat vervang het en sy yskas het ook die gees gegee maar hier het Eiland vir hom een geleen.
Soos gewoonlik kry jy mense wat net kla en as jy vra of hulle dit met Bennie die oortbestuurder op geneem het, swyg hulle.
Dit was weer erg droog en die Mopanie wurms was daar amper geen sprake nie, ons het net een gekry.
Ons kamp

Dan was daar mense met groot goed.




En daar was geeet !!!

Dan ook snaakse plante

Daar was ook die oom.

En daar was baie om te geniet.

Ek hou van ...........................
..............mevrou Brits se uitdrukking op haar gesig waar sy daardie draai vat terwyl die jongeheer Brits net voor haar dink dit is 'n moerse grap !
ATKV Eiland Mei 2022
Is daar enige iets wat ek kan verrkerd se van die Eiland, verseker nie.
Was n besonderse lekker kamp gewees en wil met alle geweld net terug gaan vir nog n week of twee.
Enigste bekommernis daar is die Likkewane en nou en dan n blou aap wat deur die kamp loop maar word gou verwilder.







Eiland jou
Wat is daar om nog te se puik plek weer puik personeel baie vriendelik behulpsaam bespreking soos stroop geloop meer as genoeg om te doen vir oud en jonk kom julle boek verblyf en gaan geniet ATKV Eiland Katte loop baie rond en pla innie nag as kos rond staan maar bestuur besig met program om dit aan te spreek blou ape ja nog daar maar minder gepla my ketty het mooi geloop
Eiland.
Ons was op kort kennisgewing weer daar vir so lekker wegbreek Junie '23.
Soos altyd is dit 'n heerlike winter omgewing om tegaan kamp, alles in werkende toestand en die personeel is baie vriendelik.
Ek het besluit om soos altyd Magoebas te ry, dit is nader, en nie so erg as wat beweer word nie. Die Kia het soos 'n droom daar gesleep, wel meestal, afdraendes moes ek paar plekke selfs 2de toe gaan (sleep in sport mode).
Ons was 12 dae daar, en was baie ongelukkig om weer na die koue Vrystaat te moes terug kom. Omdat ek nie meer so ver op een slag kan sleep nie, het ons Sondag 4 Junie by Klein Kariba oornag, en die volgende oggend so teen 09:00 die pad na Eiland aan gevat, ons was so 14:00 daar.
Het toe sommer besluit om die terug tog weer oor te slaap, en kon net by Maroela Oase plek kry, wat 'n lekker oord.






ATKV Eiland
Die Eiland is een van die mollers van Secunda se top 5 oorde Inklok tyd 14H00 uitgaan tyd 10H00 Hoekom : Personeel by hek en kantoor vriendelik , oord netjies en skoon Daar is verskilende blyplek geriewe soos rondafels wat meeste al ge - upgrade is van 2 person tot 6 persone , van die rondafels staan lekke naby die bos waar diere ook verby loop terwyl hulle vreet en dan is daar ook verskillende Kamp bloke waar jy kan staan van die bloke is naby swembad area en ander verder weg nader aan die bos met puik badkamer geriewe en op was geriewe. Lekke dam vir die wat wil visvang en baie te doen vir oud en jonk soos Supertupe , koue swembad en groot warm swembad buite , binne huis hydro Spa tennis ban, put put bibloteek vir die wat lees perde stale en n kafee wat goed gestok is en restaurant wat lekke kos maak , dis in kort n oord wat puik is en n oord wat jy oor en oor sal wil besoek vir my is die oord n 9 uit 10 nou ja wat wag jy gaan besoek gerus ATKV Eiland fotos sal volg