Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -18 minutes ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -28 minutes ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -1 hour ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Pad Umfula Johann L -2 hours ago
Dinokeng Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago

Spinnekop, wie is bang! - deur Dassie

Submitted by Admin on
Forums

Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie maar ek ry eerder 'n fiets sonder 'n saal as om een te konfronteer.Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business.....bedlampie brand baie "domesticated" en sag met die komplimente van Cash Crusaders, toe ek so 'n sagte geskarrel in die kamer hoor. Ek dog eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie...Kyk... nee, mot se kind sit so stil soos 'n pedigree foksterrier wat razor blades skuit. Toe's die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles regop wat plat was...en pap wat op was!'n Onaardse gedrog van 'n spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8 000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen die bedkassie op!Op slag betjorts ek my beste linne in 'n herfs kleurskakering in. Lyk of iemand my bed kapoenkleur, so tussen *hondestront* en pampoen gespray paint het. Ek moer alles, boek, bedlamp, glas, die toetie tot op die laagste vlak van die kamer, die vloer.Ek skrik my enigste aambei wat ek het dat hy op my kuite hang! Nou's die moerse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so mollesteer, deur die jare, 'n arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom.Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat die aambei my nie pootjie nie. Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos 'n straatkaart in my Jockey vergader... en ek 10 sekondes by die kombuisdeur moet back paddle om nie twee agterdeure te hê nie.Lord of the Dance se gat my bra!Terug..... Daar sit die snert nog! Sommer so met die briektrek spuit ek al.... gelukkig net Doom! .....Osoonlaag en al daai goeters, se moer! Spuit hom leeg!Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in. Moer toe moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat nou dikker as toffie in die kamer hang.

GRYSWATER:  Jy!
Het ek nou lekker sit en lag. Daai spinnekop moet net weg bly hier van my af. My maag is hoekal nie lekker vandag nie.

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus