Ek het begin met die ontwerp om my bakkie te verander met die doel om te gebruik vir visvang.
Soos belowe sal ek 'n paar fotos laai.
Die raam vir die canopy lyk soos foto 1.

Die tweede foto is van die laai gedeelte vir die bed.

En hier is dit op die bakkie gepas.

My maggies! Nog 'n CAD…
My maggies! Nog 'n CAD operator? Dit lyk sommer baie netjies Stoffel. Baie dankie vir die deel en sien uit daarna om die volledige projek te volg!
Heng Stoffel, dit lyk baie…
Heng Stoffel, dit lyk baie netjies en gaan 'n pragstuk wees as jy klaar is.
Hierdie draad hou ek dop, ek verwonder my oor julle ouens se vermoëns om soveel dinge self te kan doen.
Hier is die eerste passing…
Hier is die eerste passing op die bakkie.

Stoffel, baie nice, dit gaan…
Stoffel, baie nice, dit gaan lekker wees!
Ek is.......
Ek is meer beïndruk met die bou van die buig-masjien as met die visvang-gedoente. Puik Stoffel ! Lyk vir my die masjien het al sy eerste buig gedoen. Hoe keer jy dat die pyp nie knak terwyl dit gebuig word nie - moet jy die pyp warm maak of keer die "pulley"-wiele se "rims" dat die pyp plat knak ?
Len, ek het eers met staal…
Len, ek het eers met staal probeer en dit het goed gewerk. Jy is reg, die kante ("rims") van die katrol keer dit maar die groot geheim is die ronde staaf (round bar) in die middel van die katrol wat maak dat dit glad buig
Ek wil daai bakke koop
As ek nie mis het, is daai n Nissan 1400.....
Daar's geen einde aan hulle.... Diens is so maklik, jy kan by einige iets onder die enjin kap kom...
Donnerse lig op petrol, zippy, plain en simple met 3 knoppie oppi dash, en kan so Venter sleepwa ook trek.....
Dink, saam Voortrekker se Pitch sal dit een vanni beste kamp combinasie's wees.....
En agterwiel aangeryf.. Geen CV's en nonsense....
As self so n pap-gooier wat nie kan gooi om my lewe te red, ek haal my hoed af....
Ook moerse jaloers vir die vaardigheid..... Alhowel ek n gekwalifiseerde ambag draaier machinis is, Ek't nie daai "skill-set" nie.... My houtwek / staalwerk (en moenie eers van my sweiswerk) is maar basies en baai rofweg....
Nee wat, as ek sulke dinge sien, word ek net groen in die gesig.....![]()
Dusty, ons moet eendag saam pap maak en gaan gooi....
Warren, actually it is a…
Warren, actually it is a 1971 1200 Datsun with more than 800 000 km on the clock. It was one off the very first ones that came off the plant.
I blew the engine and replaced it with a 1400 engine.
Johan, Ek dink indien jy die…
Johan, Ek dink indien jy die staal warm maak dan kan dit gebuig word met die buig eenheid. Ek het probeer maar my werksbank skuif sodra ek die 2mm wil buig. Die 1.6mm buig hy redelik
Swop you...
Got me a +- 2m x 1.2 M Gabriel de Jong oil that's worth around 60K...
I'll chuck in two Johan Greefs at 8K a piece
Sweeten the deal with a Victor Visser
My klomp se "hulle soek nie hierdie ou K#K nie".....
Soek moderne goed....
ARDENDOLF HET 'N BAIE GOEIE EEN.
Vir die ouens wat 'n buigmasjien wil hê. Ardendolf verkoop 'n baie goeie een, Dit kan verskeie tipe rondepyp en vierkantpyp buig. Myne is al 4 jaar oud en ek gebruik hom baie gereeld. En hy kan 2mm buig as jy genoeg krag het en jou basis is stewig.
Tora, die een wat Adendorff…
Tora, die een wat Adendorff verkoop kan net tot 20mm vierkant buispyp buig. My pyp is 25mm
Terwyl ek wag vir die…
Terwyl ek wag vir die sweiser om die raam te sweis het ek intussen met die laai/tafel gedeelte begin.
Hier is die tafel wat die laaie gaan bevat.

Die wiele waarop die tafel in die kas gaan gly. Op die draaibank gemaak en die assies op plaat vas gesweis

Die wiele op die tafel vas…
Die wiele op die tafel vas geskroef.

Nader aansig van die wiel vas geskroef
En die tafel in die kas…
En die tafel in die kas gedeelte.

Dit is waar ek nou is





Het alreeds begin om die…
Het alreeds begin om die buigmasjien te bou.
En begin om die vierkant buispyp te buig vir die ronde hoeke.
Sodra die pype aan mekaar gesweis is sal ek weer verder fotos laai.