Ek het begin met die ontwerp om my bakkie te verander met die doel om te gebruik vir visvang.
Soos belowe sal ek 'n paar fotos laai.
Die raam vir die canopy lyk soos foto 1.

Die tweede foto is van die laai gedeelte vir die bed.

En hier is dit op die bakkie gepas.

Harry, nee ek gaan nie weg…
Harry, nee ek gaan nie weg nie. Gaan maar die bakkie so rustig aanmekaar sit wanneer ek tyd kry. Gaan maar so vir dag besoeke/besigtigings saam met my huismense n,paar plekke besoek. Die canopy sal ek later weer aandag aan skenk
Bakkie klaar geverf en weer…
Bakkie klaar geverf en weer op die pad.

Baie Netjies! Ek dink hy…
Baie Netjies! Ek dink hy laat baie koppe draai ![]()
Magties maar dit is netjies…
Magties maar dit is netjies gedoen !!!! Beter n paar slotte erens inbou, skelms daar buite.
paar slotte erens inbou …
paar slotte erens inbou
neef Herman, het my eie persoonlike immobiliseerder in gebou. Al hoe dat dit gesteel kan word is met 'n "low bed".
neef, ek sal verkies om dit…
neef, ek sal verkies om dit nie te doen nie. Wil nie my patent wys nie.
Reg so Dusty, mens weet nie…
Reg so Dusty, mens weet nie meer wie om te vertrou nie.
Baie netjies Stoffel, kan ek…
Baie netjies Stoffel, kan ek maar my Corsatjie bring?![]()
Johann, dit is n groot werk…
Johann, dit is n groot werk. Alta reken dat dit die laaste voertuig was wat ek oor geverf het. So, nie maklik nie.
Stoffel, ek kan net indink…
Stoffel, ek kan net indink dat dit 'n masiewe taak is, veral as mens dit so ordentlik soos jy doen.
Sien daai klein Nissan …
Sien daai klein Nissan (Datsun) bakkies se pryse begin ook styg, selfde as die ou Beetles, veral as hulle nog in n puik toestand is.
Dink dit gaan op omdat hulle begin skaars raak.
Dusty, ons hou jou projek dop.
Laas nag gedroom Stoffel…
Laas nag gedroom Stoffel leen vir my die Datsun om bietjie mee rond te ry. Maggies maar dit is 'n lekker bakkie en hy ry vreeslik lekker! Dankie Stoffel! ![]()
Die Nissan bakkies raak…
Die Nissan bakkies raak nogal gewild. Maar as jy sien hoe gesoek die ou Landrovers raak is dit erg, veral die 300 tdi, gebou voor elktronika. Ek sit op n goudmyn hier ![]()
Ons eerste bakkie as kinders…
Ons eerste bakkie as kinders was 'n Datsun - 'n bloue met vol wit canopy. Daai jare was dit 'n "Bakkie"
Anton gereeld keer die manne…
Anton gereeld keer die manne my voor en wil net die bakkie koop. Hulle stel nie belang in die nissans nie. Soek net die een wat wys dat dit n Datsun is. Hel al n aanbod gehad van R52 000.00 en hy wou nog meer bysit.
Stoffel pas hom op
Stoffel op die oomblim steel hulle die nissan datsun 1400 op n streep pas daai een van jou mooi op ek mis myne baie





Hy kom mooi aan. Gaan jy…
Hy kom mooi aan.
Gaan jy oor Desember weg, of gaan jy aan die projek werk ?