TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -31 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -49 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -52 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -56 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Inloop rem skokbreker

Vaalpark Vrystaat
Submitted byJohann L onThu, 26/07/2018 - 20:45
Forums

Ek toets vanoggend my wa se inloop rem skokbreker (as dit nou die regte naam is?) en my vermoede is dat ek die ding sal moet vervang.

As ek daarteen druk, dan druk dit redelik maklik terug, en na so paar keer se terug druk voel dit of die skokbreker meer weerstand begin gee? 

Nou het ek die slim mense se advies nodig, is dit iets wat 'n ongekwalifiseerde ou soos ek self sal kan doen, of moet ek liewer hulp soek? 

Die bed se gas lifts was maklik, maar die ding lyk baie meer ingewikkeld? 

Julle insette sal baie waardeer word.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/07/2018 - 21:24

Johann, ek glo dis nie 'n te moeilike taak nie, maar ek lol nie graag self met karavaan wiele, remme en die sleephak nie.  As hier fout kom tydens sleep kan jy jou in groot probleme vasloop.  Myne het skielik tydens ons rit Wildtuin toe in Meimaand totaal ingegee en dit was 'n baie moeilike rit tot in Pretoria  -  ek wens so 'n geklap (staal op staal) niemand toe nie.  Ek het myne deur Jaco vd Berg by Pta-Ooos Woonwakliniek laat vervang.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 26/07/2018 - 21:40

Dankie sover, ek dink ook dit is bietjie gevaarlik om self, met my kennis, aan te pak. My probleem is, hier in die Vaal Drie Hoek is iemand  wat ek met so iets kan vertrou nie, of liewer, ek ken niemand nie.

Secunda

Sleep nou

Fri, 27/07/2018 - 04:58

Sterkte Johann daar is dinge in die lewe way ons mee goed is maar anders kry maar hulp van iemand wat weet hoe sterkte hoop jy kom reg

Meyerton

Segekok

Fri, 27/07/2018 - 06:01

Dusty daar spring jy my voor...  Met die internet kan mens baie goed leer.....

Johann hier is iemand op die Heidelberg pad wat dit kan doen. Sal later kyk of ek n nommer vir jou kan kry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 27/07/2018 - 07:15

Baie dankie mense, as ek na die youtube kyk, lyk dit of selfs ek dit sal kan doen. Ek het gedink jy het spesiale gereedskap nodig om die skokbreker te kompres.

Deon, ek vermoed jy verwys na Anton Brits, ek het skoon vergeet van hom en het sy kontak besonderhede. Baie dsnkie👍

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/07/2018 - 10:24

As jy dit self takel, moenie vergeet om die remme links en regs oor in te stel nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 27/07/2018 - 14:49

Ek het myne ook vervang na ek vir my en Eddie van Botswana ook een gekoop het by RoadQue.  Met die terug sleep van die Kaap het hy weer begin klap.  Die wa is na Jaco en het hom gevra om die remme reg te stel.  Nou is die inloop klap weg maar as ek weg trek is die klap steeds daar, dit nadat ek die hele hak afgehaal het en na Roadque toe gevat het om die ding te inspekteur en hulle het hom ook aanmekaar gesit.  Na 'n hele klomp e-posse het hulle gesê ek moet die karavaan na hulle toe sleep sodat hulle hom daar kan sleep om te toets. 

Hulle sal my kontak.

Waar my wa staan

Arie

Fri, 27/07/2018 - 15:27

Ongelukig is meeste van ons waens baie swaarder as wat die vervaardiger voorskryf, gewoonlik is die lee wa al amper swaarder as wat hulle bruto gewig is.

Gevolglik is meeste van daai standaard skok brekers bietjie lig vir die wa, ek het myne vervang met 'n "Heavy Duty" en sleep nou al twee jaar sonder probleme, van klap en al daai snaakse geluide.

Ek kry die idee dat die vervaardigers die goedkoop moontlike onderdele gebruik om gewig/koste te bespaar.

Vanoggend weer het ek amper 'n uur spandeer om 'n man wat wou ry se ligte reg te kry. die gloei lampies is mos op so stukkie plaat gemonteer met plastiese "clips" wat die kontak punte vashou. Daai clips breek met tyd - hitte maak die plasties bros, en dan kry jy nie behoorlike kontak nie.

Ek het al so 5 jaar terug vir my self so plaat gemaak met met brass fittings waar die gloei lampie inpas, nog nooit weer gesukkel met ligte wat nie werk nie.

Ek het die buurman s'n sommer met 'Pratley Putty" opgebou sodat dit weer behoorlik styf inpas en behoorlik kontak maak.

Terloops hy het sy wa laat diens net voor hulle hiernatoe gekom het, en hy het spesifiek gevra hulle moet na die ligte kyk omdat hy aanmekaar moeilikheid het.

Die 'wheelbearings" was blykbaar ook vervang, hy het 480km hiernatoe gery en sy wiele het speling opgehad, kon hulle heen en weer wikkel.

Ek het sy wiele afgehaal en kon die kasteel moer wat die hub vashou sommer met die hand stywer draai na ek die split pin verwyder het. Sy bearing bietjie opgestel en alles was weer reg, laat my wonder aan die vernuf van die ou wat die bearings vervang het.

Hoor nogal gereeld van waens wat na 'n diens by die handelaar 'n wiel verloor of bearing vasbrand???

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 14/10/2018 - 19:59

Ek gaan sommer aan op hierdie draad. 

Fri 06 Apr 18 14:09

EK  vir u gereel om die waa in te bring  dat hulle vir ons kan kyk  die werkers is net beesig op die oomblik  hulle sal met my n tyd vas maak dann leet weet ek u so dat ons die probleem vir u kan uit sorteer

Dit is die laaste boodskap wat ek van hulle gekry het en tot nou het ek geen terugvoering gekry nie.  (Ja ek weet dit is lank terug maar het al amper vergeet van dit tot die laaste sleep toe ek weer die geklap hoor met die wegtrek.  Die inloop is reg want ek het daai tyd die remme op gestel.)

Het nou weer vir hulle op hulle e-pos gevra wanneer hulle my gaan kontak.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 15/10/2018 - 19:30

Het nou 'n e-pos van die CEO, Francois Coetzee gekry.  Hy sal my môre skakel "sodat ons die probleem kan uitsorteer !"

Ek sukkel al van verlede jaar met die ding.

My oorspronklike e-pos, 06-03-2018 .

"Ek het verlede jaar ‘n Shock Absorber RQ 3 Ton by julle gekoop en na mu Kaap se trip het ek julle gekontak want die karavaan het deur gestamp.  9 Februarie 2018 het ek die hele Coupler af gehaal en vir julle gebring saam met die Shock Absorber om te toets.  Julle het hom getoets en aanmekaar gesit en gesê hy is reg.  maar ek moet die karavaan se remme opstel.

Ek het toe na ek die Coupler ingesit het die remme opgestel.

Die naweek het ons weer gaan kamp en die inloop was reg met die opgestelde remme maar met die weg trek het die Shock Absorber steeds geklap as ek weg trek.

Wat moet ek nou doen ? "

Pretoria

leeu

Wed, 27/02/2019 - 09:14

Goeie môre Johann, ek moes ook my wa se inloop remme skokbreker varvang op die hak. Ek wou dit self doen want my wa is nog by 'n stoor en nie by my huis nie, en omdat dit agter 'n karavaan handelaar gestoor word, laat hulle nie toe dat 'n derde persoon aan die waens werk nie. Ek het toe begin rond skakel en uiteindelik by Echo 4 x 4 in R21 business park, wat nou 'n Alko handelaar is, 'n swaardiens skokbreker gekoop vir R650.

Nou dit is dalk net 'n 30min takie om die skokbreker te vervang want jy kan van onder twee boute losdraai en die nuwe is in, maar dis nie so maklik met 'n swaardiens een nie. Ek merk toe op dat die ou een 'n ligte diens skokbreker wat aan die wa was. Jy het 'n socket stel nodig en 'n 19mm "ring spanner" asook 'n hout beitel, om die skokbreker agter terug te druk sodat die bout kan inkom. Die beitel werk baie lekker.

Ek besluit toe om maar die neus "cover" af te haal en dan van bo af te werk aangesien ek die veselglas "cover" ook moet laat regmaak. Daar was ingebreek om die battery te steel met die vorige eienaar. Dit was toe baie makliker om van bo te werk. Jy moet ook die jocky wiel heeltemal afhaal om makliker te werk. Ek moet nou net die veseglas laat regmaak en oor spuitverf en dan kan die wa deur die toets gaan.

Wat ek eintlik wil aandui is dat dit glad nie moeilik is om die skokbreker te vervang nie, hoop my storie bemoedig jou sodat jy dit sommer self vinnig kan doen. Ek sal weer die "cover" afhaal as ek daar wil werk, dis tog nie so moeilik om weer terug te "rivet" nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 27/02/2019 - 10:22

Leeu, dankie vir jou advies, ek gaan sodra ek kans kry, die taak aanpak, ek hoor wat almal sê, dit is 'n vinnige taak, maar, ek wil nie so iets aanpak voor 'n kamp nie, aangesien ek geen ondervinding van remme instel het nie.😀 

Ek wou dit Desember doen, maar ons kamp nou tot twee keer per maand vir drie tot vyf dae op 'n slag. Sal dalk maar moet wag tot ons terug kom April, van die kaap af. Dit is nie 'n dringende ding nie, ek voel nie regtig 'n verskil nie. Wil net nie met die broek op die knie gevang word nie.

Het wel al paar keer so stamp gevoel gekry,  maar dit was meer en deels as ek hard moes rem vir 'n rede.