Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -8 hours ago

Karavaan beskerming wanneer jy nie kamp nie

Pretoria
Submitted by leeu on Wed, 14/11/2018 - 07:07

Goeie môre vriende, ek het die soek funksie gebruik en niks gkry oor die onderwerp nie. Wat maak jy as jy jou wa parkeer as jy terugkom van 'n kamp en onder die afdak los, trek jy 'n seiltjie oor vir beskerming?

Ek moes my wa tydelik gaan stoor in Centurion omdat ek nie plek het by die nuwe huis nie, en staan nou onder 'n skadunet. Die son se strale is skadelik en het besluit om 'n seiltjie te kry om hom toe te maak vir beskerming en ook sodat hy kan skoonbly. Ek was gelukkig en het by iemand 'n alloutdoors seiltjie oorgeneem, wat baie sterk gemaak is en 'n ritsluiter opening het by die deur, sodat ons kan in en uit by die karavaan.

Secunda

Sleep nou

Wed, 14/11/2018 - 07:13

Son en water is n karavaan se dood jy moet hom maar so ver moontlik uit die natuur se elmente hou maak hom ordentelik toe en maak karavaan pluk mooi toe somer met n chekkers sakkie sterkte daar Leeu

More kampers

Die eerste raad wat my buurman my gegee het in 1997 met aankoop van my eerste wa was, berg dit droog!!! Die houtvloere van pad-waens wil ook nie langdurig oor klam grond/plaveisel wees nie. 

Verkieslik moet die perspex-vensters ook nie son kry nie, dit is wat die fyn krakies en mettertyd die verbrossing veroorsaak.

Nodeloos om te sê, ek het geluister, my buurman was immers die eienaar van Brits woonwaens, en nog steeds.

Groete

Wessel 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 14/11/2018 - 09:09

My wa staan ook onder 'n afdak, maar kry ook aan die noorde kant (die neus en voorste venster) son,  ek dreig nou al lank om die dak te verleng. Sal maar voor Januarie net dood eenvoudig moet plan maak. 

Daar is net nie geld vir 'n nuwe wa nie, en om die afdak te verleng gaan minimaal kos.

Roodepoort

HennieBo

Wed, 14/11/2018 - 10:32

My huidige wa word gewas na elke kamp. Trek onder afdak en wag totdat droog. Trek ook 'n ALLOUTDOORS seil oor die wa. 

My vorige Swing het was vir 9 jaar so geberg en ek het GEEN probleme gehad nie. Ek het ook NOOIT nodig gehad om die wa te herseël nie.

Elarduspark

GerhardM

Wed, 14/11/2018 - 11:36

Die Ou Lady het vir 17 jaar onder 'n skadunet afdak gestaan as sy nie gekamp het nie. Nou staan sy in die son met die kar seil tydelik oor tot ons 'n seil kan laat maak en 'n afdak opsit. sad

Waar my wa staan

Arie

Wed, 14/11/2018 - 14:01

My Penta staan permanent buite in die reen, son en wind, so ook die tent.

Ek het geen beskerming oor die wa of tent nie, ek kan daai silver seile nie verdra nie?

Nog nooit my wa herseel, behalwe een keer waar die sluiers wat die dak oplig vasbout.

Toets gereeld die wa vir vog, nog gaan probleem na 8 jaar nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 14/11/2018 - 18:00

Arie toe jy so antwoord, presies ge antwoord oor wat dan van permanente kampers.  Sou mens jou wa in n motorhuis berg, gaan dit n leeftyd en langer hou. Staan dit heel dag in die wind en weer, gaan dit eenvoudig nie in dieselfde toestand opeindig nie.

Neem bv n motor wat permanent in die weer staan, na 10 jaar is hy moertoe gebrand met dowwe ligte en gekraakte dash en so muwwe reukie binne.  Maar parkeer hom in die garage, dan ruik en lyk als  nog nuut as jy die deur oopmaak,  Goed ek veralgemeen, maar wil maar net beskryf hoe ek redeneer oor die saak.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 14/11/2018 - 19:44

Neef, Brits karavane het vroer die jaar vir my nuwe "suround" seil by die opwip dak kom insit.

Die man van Brits karavane was beindruk oor hoe goed my wa nog lyk, binne sowel as buite.

Hy reken my wa lyk baie beter as party wat hy al gesien het wat net 'n paar keer per jaar gebruik word?

My wa word gereeld ge-was en politoer. My Pajero is die jaar mondig [21jaar oud] staan ook heeldag in wind en weer, en het nog steeds 'n mooi glans?

Verf is nog niks verbleik of dof nie.

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 14/11/2018 - 19:48

Nou wonder ek Arie, 'n karavaan wat vir 10 jaar staan  teenoor een wat vir 10 jaar gereeld gebruik word, hoe sal die 2 vergelyk?

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 14/11/2018 - 20:23

Voortrekker, nou hoe verstaan ek die wetenskaplike in jou ? Ongebruik of Erg gebruik, en dan jy vra die resultaat ?

Arie gebruik sy wa as permanente woning, en dien ooreenkomstig doen sy onderhoud om goeie  lewensverwagting te kry.

As jy kyk na wat die res doen, dan is Arie seker een van die min persone wat regtig waarde vir sy skille kry.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 14/11/2018 - 20:33

Froggy staan onder n skadunet, met sykante aan eenkant en n baksteen muur aan die anderkant.

Voor en agter is hekke wat oorgetrek is met skadunet. Hy kry bitter min son.

Maar die rooi oog duiwe probeer op sy dak broei. Het ook n muise se nes in een van die laaie ontdek.

Ons het darem die naweek weer gaan kamp. Froggy was nie aktief gewees van Januarie nie. Dit met die siekte en heup van Yvonne wat kapoet geraak het. Gaan darem weer volgende maand kamp vir paar dae in Vrede.

Dit lyk my, die natuur wil saam kamp.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 14/11/2018 - 20:34

Skuus Arie,  jy sal jou goete  so na as moontlik in perfekte toestand probeer hou, dit is nie onder bespreking nie.

 Die wat kan en sy wa net vir n jaarlikse vakansie gebruik en dan onder die moerbeiboom laat staan tot volgende jaar, ken Neef ook. En die wat jaarliks nuwe luukshede aanskaf, tot volgende jaar.... Maar nou gaan die bespreking van die brug afneuk, " hoe jy jou wa bère", het niks te doen met jou waardes nie..

Centurion

Voortrekker

Wed, 14/11/2018 - 20:57

Ek dink nou maar bv. aan die masjiene waarmee ons werk.  Die goed moenie staan nie, want  dan kom maak goggas nes en korrosie tree in ens.  Die een wat werk en mooi opgepas word hou lank.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 14/11/2018 - 21:00

Ons probeer darem eenmaal n maand kamp.

Nou dat Yvonne weer aan die gang is, gaan ons weer ons ding doen.

Moet sê die kamp naweek wat verby is, voel ek ook weer lus vir die ding.