Goeie môre vriende, ek het die soek funksie gebruik en niks gkry oor die onderwerp nie. Wat maak jy as jy jou wa parkeer as jy terugkom van 'n kamp en onder die afdak los, trek jy 'n seiltjie oor vir beskerming?
Ek moes my wa tydelik gaan stoor in Centurion omdat ek nie plek het by die nuwe huis nie, en staan nou onder 'n skadunet. Die son se strale is skadelik en het besluit om 'n seiltjie te kry om hom toe te maak vir beskerming en ook sodat hy kan skoonbly. Ek was gelukkig en het by iemand 'n alloutdoors seiltjie oorgeneem, wat baie sterk gemaak is en 'n ritsluiter opening het by die deur, sodat ons kan in en uit by die karavaan.
Myne staan onder die afdak…
Myne staan onder die afdak maar word nie toe gemaak nie.
Woonwa berging
More kampers
Die eerste raad wat my buurman my gegee het in 1997 met aankoop van my eerste wa was, berg dit droog!!! Die houtvloere van pad-waens wil ook nie langdurig oor klam grond/plaveisel wees nie.
Verkieslik moet die perspex-vensters ook nie son kry nie, dit is wat die fyn krakies en mettertyd die verbrossing veroorsaak.
Nodeloos om te sê, ek het geluister, my buurman was immers die eienaar van Brits woonwaens, en nog steeds.
Groete
Wessel
My karavaan staan in 'n…
My karavaan staan in 'n toesluit motorhuis. Son kom net in by 2 klein vensters maar daar is 'n boom wat voor die vensters is
Dankie julle, dis…
Dankie julle, dis interresant om van ander te hoor wat hulle doen.
Mmmmm, al wat son kry vir n…
Mmmmm, al wat son kry vir n gedeelte van die dag is my wa se voorkant!
Ek sal moet plan maak.
My wa staan ook onder 'n…
My wa staan ook onder 'n afdak, maar kry ook aan die noorde kant (die neus en voorste venster) son, ek dreig nou al lank om die dak te verleng. Sal maar voor Januarie net dood eenvoudig moet plan maak.
Daar is net nie geld vir 'n nuwe wa nie, en om die afdak te verleng gaan minimaal kos.
My huidige wa word gewas na…
My huidige wa word gewas na elke kamp. Trek onder afdak en wag totdat droog. Trek ook 'n ALLOUTDOORS seil oor die wa.
My vorige Swing het was vir 9 jaar so geberg en ek het GEEN probleme gehad nie. Ek het ook NOOIT nodig gehad om die wa te herseël nie.
Die Ou Lady...
Die Ou Lady het vir 17 jaar onder 'n skadunet afdak gestaan as sy nie gekamp het nie. Nou staan sy in die son met die kar seil tydelik oor tot ons 'n seil kan laat maak en 'n afdak opsit. ![]()
Altwee my kinders se waens…
Altwee my kinders se waens staan ook onder afdakke met 'n seil oorgetrek. Die seile was ook spesifiek vir die model waens gemaak.
My Regal het van 2000 tot…
My Regal het van 2000 tot 2007 ook net onder 'n skadunet afdak gestaan, sonder enige skade.
My Penta staan permanent…
My Penta staan permanent buite in die reen, son en wind, so ook die tent.
Ek het geen beskerming oor die wa of tent nie, ek kan daai silver seile nie verdra nie?
Nog nooit my wa herseel, behalwe een keer waar die sluiers wat die dak oplig vasbout.
Toets gereeld die wa vir vog, nog gaan probleem na 8 jaar nie.
Arie toe jy so antwoord,…
Arie toe jy so antwoord, presies ge antwoord oor wat dan van permanente kampers. Sou mens jou wa in n motorhuis berg, gaan dit n leeftyd en langer hou. Staan dit heel dag in die wind en weer, gaan dit eenvoudig nie in dieselfde toestand opeindig nie.
Neem bv n motor wat permanent in die weer staan, na 10 jaar is hy moertoe gebrand met dowwe ligte en gekraakte dash en so muwwe reukie binne. Maar parkeer hom in die garage, dan ruik en lyk als nog nuut as jy die deur oopmaak, Goed ek veralgemeen, maar wil maar net beskryf hoe ek redeneer oor die saak.
Neef, Brits karavane het…
Neef, Brits karavane het vroer die jaar vir my nuwe "suround" seil by die opwip dak kom insit.
Die man van Brits karavane was beindruk oor hoe goed my wa nog lyk, binne sowel as buite.
Hy reken my wa lyk baie beter as party wat hy al gesien het wat net 'n paar keer per jaar gebruik word?
My wa word gereeld ge-was en politoer. My Pajero is die jaar mondig [21jaar oud] staan ook heeldag in wind en weer, en het nog steeds 'n mooi glans?
Verf is nog niks verbleik of dof nie.
Nou wonder ek Arie, 'n…
Nou wonder ek Arie, 'n karavaan wat vir 10 jaar staan teenoor een wat vir 10 jaar gereeld gebruik word, hoe sal die 2 vergelyk?
Voortrekker, nou hoe…
Voortrekker, nou hoe verstaan ek die wetenskaplike in jou ? Ongebruik of Erg gebruik, en dan jy vra die resultaat ?
Arie gebruik sy wa as permanente woning, en dien ooreenkomstig doen sy onderhoud om goeie lewensverwagting te kry.
As jy kyk na wat die res doen, dan is Arie seker een van die min persone wat regtig waarde vir sy skille kry.
Froggy staan onder n…
Froggy staan onder n skadunet, met sykante aan eenkant en n baksteen muur aan die anderkant.
Voor en agter is hekke wat oorgetrek is met skadunet. Hy kry bitter min son.
Maar die rooi oog duiwe probeer op sy dak broei. Het ook n muise se nes in een van die laaie ontdek.
Ons het darem die naweek weer gaan kamp. Froggy was nie aktief gewees van Januarie nie. Dit met die siekte en heup van Yvonne wat kapoet geraak het. Gaan darem weer volgende maand kamp vir paar dae in Vrede.
Dit lyk my, die natuur wil saam kamp.
Skuus Arie, jy sal jou…
Skuus Arie, jy sal jou goete so na as moontlik in perfekte toestand probeer hou, dit is nie onder bespreking nie.
Die wat kan en sy wa net vir n jaarlikse vakansie gebruik en dan onder die moerbeiboom laat staan tot volgende jaar, ken Neef ook. En die wat jaarliks nuwe luukshede aanskaf, tot volgende jaar.... Maar nou gaan die bespreking van die brug afneuk, " hoe jy jou wa bère", het niks te doen met jou waardes nie..
Ek dink nou maar bv. aan die…
Ek dink nou maar bv. aan die masjiene waarmee ons werk. Die goed moenie staan nie, want dan kom maak goggas nes en korrosie tree in ens. Die een wat werk en mooi opgepas word hou lank.
Ons probeer darem eenmaal n…
Ons probeer darem eenmaal n maand kamp.
Nou dat Yvonne weer aan die gang is, gaan ons weer ons ding doen.
Moet sê die kamp naweek wat verby is, voel ek ook weer lus vir die ding.





Son en water
Son en water is n karavaan se dood jy moet hom maar so ver moontlik uit die natuur se elmente hou maak hom ordentelik toe en maak karavaan pluk mooi toe somer met n chekkers sakkie sterkte daar Leeu