Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Triton -Honda- Nissan Alternatiewe sleepvoertuie Wessel Strydom -52 minutes ago
Goeie nuus Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Vir Maurits Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Dankie......... Verskoning Len Loader -3 hours ago
Maurits... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Montagu Oktober 2026 saam gesels maurits1 -4 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 15/12/2018 - 05:40

More More

Daar vat hy nou.

Ons is oppad.

Eerste stop Wimpy vir ontbyt. Gelukkig is ons trippie nie baie vêr nie.

Julle moet almal n wonderlike tyd hê. Geniet dit wat julle doen en wees veilig.

Groete Harry. heart

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 15/12/2018 - 05:51

Goeiemôre!  Harry julle moet hom geniet daar langs die dam en se maar hello vir Oupa.

Vandag moet ons seker begin pak en en en.  Nou sit ek nog met 'n verkoue ook - eish!

Julle moet almal 'n lekker Saterdag hé!  smileyyes

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 15/12/2018 - 05:53

Goeie more Johann en Harry.

Harry, veilig ry en geniet.

Het gou gaan kyk na die reenneter. Soos in die imperiaal gemeet get ons 1" reen gehad. Dit is o geveer 25mm. Allles is lekker nat.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 15/12/2018 - 06:05

Ek sien jy noem jou vrou Yvonne ook Vonnie.

Ek het die selfde troetel naam vir my Yvonne

Tot haar motor registrasie is "Vonnie" en haar besigheid is ook "Vons"

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 15/12/2018 - 06:48

Ek is darem bly om te sien julle manne kan almal julle huweliksherdenkings onthou!  En nogal heel nostalgies daaroor, troetelname daarby.   Julle kry 10 uit 10 vanoggend.

Dit is 'n lekker dag in die Baai maar wens ons kan ook reën kry.   Ek sien op die nuus se weer gisteraand die hele boonste deel van SA kan reën kry, net die onderste strook by die kus wys niks.crying

Harry, julle moet mooi ry.   Anton, nurse daai verkoue.

Almal, geniet julle naweek.

 

0
Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Sat, 15/12/2018 - 07:35

Geniet die dag.

Harry, geniet die trippie en die vakansie. My oupa Sarel (nou al lankal saliger) het vir donkiejare net so 'n paar kilo's buite Vrede geboer. Inteendeel, ek het 'n klomp familie daar gehad. Later het my pa ook vir 'n klompie jare daar op die Memel pad uit 'n plaas gehad.

Anton, hoop jy voel gou beter en geniet die pakkery

0
Middelburg

Noel

Sat, 15/12/2018 - 07:55

Goeie more almal. Die Pretorainers maak my lekker jaloers vir jul lekker reen. Bly vir julle. Die wat op die pad sal  wees en nog op die pad is voorspoedige reis en geniet jul vakansie. Geniet jul pakkery en kamp opslanery.

Heerlike dag vir almal !!

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 15/12/2018 - 09:35

Goeie môre Suid-Afrika !

Sarel, die wêreld is maar klein.  In die 70's was ek die rekenmeester van Volkskas op Memel en kom nog gereeld daar.  Gaan juis weer in Januarie na 'n troue van jare-lange vriende se kinders se kinders op die plaas Boshoek, 12km van die Vrede-Memel teerpad oppad Verkykerskop toe.  Wonderlike wêreld met wonderlike mense daardie.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 15/12/2018 - 10:33

Kry nounet n Ford Ranger met n karavaan op die snelweg vanaf jhb. Dit lyk my die man is haastig. My voertuig gestel op 110 km/u en hy wil my kort kort verby. Hy het n MP registrasie op sy voertuig. Glo dat hy veilig sal ry

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 15/12/2018 - 10:57

Stoffel, dit is 'n groot probleem met al die Fords, mens moet eintlik heeltyd met die handrem op ry, daai goed is mos haastig.

Groot wa agter 'n Ford doen ook nie veel om die ding se spoed te breek nie. Dit is die grootste klagte van Ford eienaars, as hulle op 'n effense bultjie agter 'n Toy te lande kom, daai goed syukkel mos in low gear teen die geringste opdrandetjie op, dan sit die Ford nog in derde rat met 'n groot Exclusive op sy hak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus