Ek het nou al oor die 100mm uitgegooi van Donderdag af.
Hoop dit val waar dit nodig is 🙏
Petrol dorp het
Het laaste 4 dae totaal van 94 mm uitgegooi ook nou op gehou reen so dankbaar Phalaborwa - Hoedspruit area baie droog hulle kort reen en baie daarvan
So waar kan mens/ gees n…
So waar kan mens/ gees n reen meter kry. Sal op takealot en amazon gaan kyk
Gees, 'n reën meter kos…
Gees, 'n reën meter kos minder as R100. Gaan kyk by enige groot hardeware winkel ![]()
Ek het vanoggend uit…
Ek het vanoggend uit Danabaai gery en die eerste reën hier vanaf Kroonstad ervaar. Amper al die pad gereën tot by my huis in Roodepoort. My reënmeter het 60mm water ingehad en dit was blykbaar van die afgeloper 2 dae. so Dankbaar daarvoor.
Jy doen gees. Ek het 'n…
Jy doen gees.
Ek het 'n digitale weerstasie gesien hier in die dorp. Hy het so 'n sensor wat jy buite op sit en dan bekyk jy dit van in die huis/ garage/ kantoor 😁
Ek dink Oregon Scientific en…
Ek dink Oregon Scientific en ook dalk Celestron maak sulke speelgoed ![]()
15 mm uitgegooi
Het nou net 15mm weer uitgegooi so petrol dorp vir week total 109 mm gehad dankie Vader![]()
week total 109 mm gehad…
week total 109 mm gehad dankie Vader
Nice! ![]()
Julle is geseënd
Julle is geseënd met die goeie reën. Hier by ons rond (Klerksdorp) sedert die dag voor Kersfees tot en met vanoggend slegs 49mm geval. Dit is egter koeler (was tot 40° hier rond) en nou so 33 tot 35.
In NoordWes kan boere nog tot middel/einde Januarie sonneblom plant, maar vir mielies reeds baie laat. Oorkant die rivier na Vrystaat se kant toe bitter min boere wat iets kon plant.
Ons staan met groot versugting en afhanklikheid maar met HOOP dat dinge sal verander. Dit is erg om groot mans te sien met betraande oë kyk na vee wat besig is om agteruit te gaan.
Die Hoop sal egter nie verkrummel nie, ons weet waar dit vandaan kom!!!
Ek het die droogste jaar…
Ek het die droogste jaar sedert 1983 /84 seisoen, tot op datum nog net 264mm gehad, in vergelyking met 2016 /17 se 548mm vir dieselfde tydperk.
Leesbare reenmeter
Middag alle kampers
Ek koop sommet die goedkoopste konus-tipe meter by die kooperasie. Dan merk ek die hoofmerke met 'mn merkpen uit.
Sodoende kan ek dan met verkyker vanaf die stoep, droog, kyk hoeveel dit gereen het.
Ongelukkig is goedkoop meter nie gemerk in eenhede van "katte en honde" nie
Groete
Wessel
Frans hier by ons is dit ook…
Frans hier by ons is dit ook die droogste jaar in 'n baie lang tyd. Een van die ouens hier wat boekhou van die reënval het laasweek laat weet dat 2018 die droogste jaar sedert 2006 hier was
Sarel
Sarel, ek is tans besig om so bietjie statsitiek te verwerk oor reënval.
Ek bly in my huidige huis sedert 1974, maar het in tweede helfte van 1972 begin reënyfers te boekstaaf.
Ek maak my (terwille van iemand wat belangstel) 'n tabel wat jaartal, totale syfer, maande met minste reën, maande met meeste reën, en dae met meeste reën per kalenderjaar, en sal seker so week nog daaraan werk (as ek tyd kry). Trek darem nou al by 1989!!!
Ek sal dan sommer probeer om hier te plaas - dit is natuurlik net van toepassing op ons ou dorpie. Dit is egter lekker om so deur die verlede te kuier - en, ja, sommige van daardie syfers/maande/dae/jare kan ou dan eintlik in die geestesoog weer herroep.!!!
Groetnis al met die gang af!
Nog iets
Ek sal so bietjie daai reënmeter van my fotografeer - die koniese plastiek-goed word gou deur son voosgebrand. Ek neem toe ou koffieblik en maak gat onder in die middel, en mak die blik vas op plek waar daar nou niks reën kan belemmer nie. Plaas die meter daarin, en hy hou omtrent so 6 na 8 jaar.
Man sal nou NIE kan dophou van stoep af nie!!!, maar ek skrik nie vir water!!!- loop maar wanneer nodig (al is dit met sambreel) om te gaan loop staan en kyk!!!!
Ek het gister n reen meter…
Ek het gister n reen meter gekoop by ons plaalike kwekery vir R 50.00, maar nou reen dit nie eintlik so meer nie.
Het darem so 6mm reen gehad gisteraand.
Sou graag wou weet wat het dit gereen vroeer deur die week, toe het hy lekker gegooi.
Welkom by die reënmeter klub…
Welkom by die reënmeter klub Harry ![]()





Dit het nou bedaar hier in…
Dit het nou bedaar hier in Centurion en ek het weer 15mm uitgegooi sedert vanoggend.