6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -35 minutes ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -44 minutes ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago

Ongelyk kampplek

Submitted by Frikadel on
Forums

Ons het die langnaweek by Weesgerus gekamp by die Njala sirkel aan Kokanje se kant. Dis die mees ongelykste stuk aarde en kampplek wat ek nog beleef het (en die bure stem saam) Ek het naderhand uit steadies gehardloop om die Rapier gelyk te prober staan maak en kon nog nie daarin slaag nie. Almal se waens het op die steadies gerus en die wiele was van die grond af, dit kan tog nie struktureel goed wees vir die wa nie?? Wat het mens nodig uit die winkel om die probleem die hoof te bied?

Pretoria

leeu

Wed, 24/04/2019 - 07:07

Hallo Frik, jy het een van die nodig......dit kan ook self gemaak word deur planke bo op mekaar vas te slaan, of yster aanmekaar te "weld". Ek het na jou fotos gekyk op FB en dit het redelik gelyk voorgekom.....ek kon natuurlik nie binne jou tent gesien het hoe hoog hy gestaan het nie.

http://www.vastrapcarava…

0
Pretoria

leeu

Wed, 24/04/2019 - 07:31

Om jou vraag te antwoord, ek glo ook nie dis goed vir die wa om ongelyk te staan nie, alhoewel darem net vir 'n naweek. Een van my waens wat ek lang terug gehad het, 'n Fleetline het 'n kraak gekry tussen die venster en die deur en ek dink dis heel moontlik een van die redes. Ek is nie kundig op die gebied nie, dis maar wat ek dink.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 24/04/2019 - 07:40

Hy kan maar so bietjie ongelyk staan? - solank mamma aand die laer kant lê smiley

EK het nog net een keer op so 'n vreeslike ongelyke plek moes staanmaak en dit was daar by Bobbejaanskloof met die musiek naweek.   

0

Baie dankie vir die raad Leeu, gaan definitief bele in daai trappie magafters.

Voorie, dit was die geval, ek het die hele tyd vir ma teen die muur vasgedruk!!!

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 24/04/2019 - 13:04

Oom Frikadel, die mense wat my al lank ken weet dat ek altyd die ekstra myl stap om die lewe vir Petra makliker te maak?

Sy kla ook as die grond baie skuins is dat sy uit steadies uit hardloop. Daai blokke onder die wiel werk goed maar jou steadies gaan nog steeds te kort wees?

Ek het vir Petra 'n hidroliesie bottle jack gekoop, spesiaal net vir die wa. As die wa regstaan sit sy die jack onder die as aan die laagste kant van die wa - lig die as tot die wa oor sy dwars waterpas is.

Dan lig [of sak] sy die jockey wiel tot die wa oor sy lengte waterpas is. Dan eers sak sy die steadies tot hulle net stewig op die grond staan. Ek het vir haar 8 houtblokke gasny - so 150mm by 100mm by 50 mm dik, die blokke met kreosoot behandel vir miere, sy sit dan onder elke steadie een blok, of waar die steadie te kort is tot drie blokke.

Dit werk blykbaar baie goed vir haar en ek hoor haar nie meer aanmekaar kla as ek onder die boom sit nie. Sy is ook nou baie vinniger klaar en kan dan gouer weer vir my 'n bier bring.

Sy los die jack onder die as, neem so bietjie gewig van die steadies af, en haal dit eers weer uit waneer ons ry.

Vir so R500 vir haar die maklikste oplosing gewees, baie vinnig en maklik om die wa mooi waterpas te kry. Daai teen ma vas rollery kan lastig raak as 'n man nie meer in die bui vir karfoefel is nie?

Try dit jy sal nie spyt wees nie!

0
Pretoria

leeu

Wed, 24/04/2019 - 14:10

Arie, jy is 'n goeie mens om so om te gee vir tannie Petra. 

Dis 'n blink plan om die domkrag te gebruik, hoop dis 'n elektriese domkrag?

Dit is nogal 'n kuns om 'n wa waterpas te kry.....ek is gewoond aan die bos karavane, wat sommer baie makliker is. Ek dink jy laat sak die jockey wiel baie laag of hoog, hang af watter rigting die val van die grond is, dan laat sak jy die hoekstutte net tot op die grond, dan gaan jy terug na die Jockey en lig hom tot waterpas...ek praat onder korreksie? Hier is geharde kampeerders, wat kan bevestig.

Ongelukkig as die grond baie ongelyk is het jy die trappie nodig of blokke onder die hoekstutte. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/04/2019 - 16:55

Ek het een van daai skêr domkragte wat 12v is wat altyd in die Ford bly, die 2de een vat ek saam as ons lank kamp om die anderkant tussen die 2 aste ook te ondersteun.

0

Môre vriende

Ek ry altyd stene en blokkies saam, dit kom ook goed te pas as mens die woonwa moet opdomkrag langs die pad. 

As die stene te min is, word daar maar so by die braaiplekke los stene ge-aas om te gebruik onder wiel en hoekstutte.

Die plastiek "ramps" is sekerlik meer elegant en ligter om saam te ry, maar kan dalk nie genoegsame hoogte bied nie.

Wessel 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 27/04/2019 - 07:16

Die draad het net weer gewys n mens moet voorberei wees vir alles wat na jou toe kom

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus