
Kampforum en CCSA Suidrand hou 'n gesamentlike winter saamtrek by Aasvoëlkrans tydens die langnaweek 14 - 17 Junie!
Sondag Vadersdag Spitbraai word voorsien deur Jurgens Campworld
Wie gaan saam?
| Naam | Persone | Name | nr |
|---|---|---|---|
| Nico | 2 | Nico & Mandy | |
| Willem Brits | 3 | Willem en Surette & Wijan | 98 |
| Voortrekker | 4 | Anton, Jonika & Anton jnr en Jovan | 80 |
| Obie | 2 | Nico & Millie | 77 |
| Frieda | 2 | Frieda Cook | 88 |
| Noel | 2 | Noel & Ronel | 76 |
| Boonzaaier | 3 | Estie, Rian & WJ | 87 |
| Johan van Heerden 1 | 3 | Johan en Cora en kleinseun | 105 |
| Johan van Heerden 2 | 2 | Andre en Anna | 107 |
| Johan van Heerden 3 | 2 | Jonathan en Amanda en baba | 106 |
| Softarrow 1 | 4 | Hilda & Joe Bartizal en gesin | 93 |
| Softarrow 2 | 4 | Danie & Charmaine en gesin | 95 |
| It'LDoDat | 1 | Warren | 84 |
| Keven & Dedre | 4 | Keven & Dedre en vriende | 81 |
| Hakaf | 4 | Theo Goosen en Gesin | 78 |
| Leeu | 2 | Nico en vrou | 82 |
Dankie almal vir lekker kamp…
Dankie almal vir lekker kamp. ons het lekker gekamp al was die krag n problem gewees. Oppad huis toe is een van ons ouer lede aangeval deur taxi en hul karavaan se een venster uit geslaan en klomp duike in wa geslaan. ons het gaan help maar taxi was reeds weg toe ons daar gekom het. sou like om paar duike in knap se kop te slaan.
Ja! Dankie aan almal vir die…
Ja! Dankie aan almal vir die lekker naweek. Dit was kekker om vir Leeu te ontmoet en ook vir al die KSA mense! Ons is nog 3 waens wat staan, Willem Brits hulle, Hilda en Joe en ons Louws.
Ek het gister met Paul en Luzelle van Jurgens gepraat en al die komplimente en dank vir die heerlike spit bederf oorgedra ![]()
PS. Hier is nou geen krag probleme nie ![]()
Dankie Anton, ek glo daar is…
Dankie Anton, ek glo daar is nou genoeg krag vir julle. Dis hoekom ek my wapen saamvat as ek gaan kamp, in die aande uitgaan of langpad vat. Ek gebruik hom, al is dit nou om myself in die been te skiet, hy word gebruik.
Ons hou nog lekker saamtrek …
Ons hou nog lekker saamtrek


Ja toe vryf dit maar in. Ons…
Ja toe vryf dit maar in. Ons beurt kom.![]()
Ons kan seker teen die einde…
Ons kan seker teen die einde van die week hierdie vasplak plek verruil vir die volgende een.
Ons is terug by die huis! …
Ons is terug by die huis!
Dit was 'n lekker kamp - want dit is die mense wat die kamp lekker maak.
Dankie aan almal wat saam gekamp het, dit was weereens lekker om saam met julle om die kampvuur te kon kuier.
![]()
Was ek te hard gewees met my…
Was ek te hard gewees met my resensie? Aasvoëlkrans resensie
Nee, glad nie Anton. Ek sal…
Nee, glad nie Anton. Ek sal enige iemand afraai om soontoe te gaan. R150 per nag is vrek goedkoop, maar verkies om bietjie meer te betaal vir daai ekstra in die lewe.
Ek dink tog die krag in die koue was vir my 'n groot issue en sal nie 'n probleem wees as minder kamplekke geboek is nie. Ons het nie die ablusie so baie gebruik nie, en in die wa gestort. Ons het dit nogtans baie geniet.
Groepbesprekings impak
Middag vriende
Hoewel ek die kamp misgeloop het, en gebaseer op die menings hier ge-opper, wonder ek;
Kan die tekort aan water en elektrisiteit, gebrek aan toiletpapier[witgoud] ensovoorts toegeskryf word aan die feit dat Aasvoelkrans die gesamentlike groepe wou akkomodeer? Daarby gevoeg die kampeerders wat as indiwidue ook daar bespreek het.
Ek het lank gelede ook aan'n klub behoort en gevind dat omrede klublede spesiale tariewe beding vir 'n groepbespreking, dit aanleiding gee tot oorvol oorde, met al die nadele daaraan gekoppel. Tot 2 waens op 'n staanplek.
Ek haat dit om as 'n indiwidu my in 'n groep-kamp vas te loop by 'n oord. Meestal word jy as 'n indringer beskou en dat jy inbreuk maak op hulle self toege eiende voorregte, soos wie mag watter staning gebruik, want ons hou nog plek vir lede wat oppad is.
Ek is van mening dat die oordbestuur nie groepbesprekings moet meng met normale indiwiduele besprekings nie. 'n Groep moet dan eerder maar 'n oord totaal bespreek vir hulle gebruik.
Sommer my suurgat kommentaar
Wessel
Ek kla nie maklik nie en pas…
Ek kla nie maklik nie en pas maar aan soos dit kom. Ek persoonlik sal nie weer by Aasvoelkrans kamp nie. Anton, meeste van ons sal met jou saam stem oor Aasvoelkrans resensie.
Ek kyk van gister af op die…
Ek kyk van gister af op die Induksie plaat as ek die ketel kook wat is die volts, heeltyd dink ek dit is wat die plast gebruik 175 of 193vl
Tot vandag toe sien ek hy wys 223v ?
Dit het my finaal oortuig om daai voltage protector te kry en in te sit anders verloor ek eersdaag te veel.

Dit is wat hy nou is.
Willem, ek verstaan nie mooi…
Willem, ek verstaan nie mooi nie, maar as jy 230V het, is dit eerste prys, dinge begin pla sodra dit onder 220 lees. 240V het ek nog nie hier by my gesien nie.
verstaan nie mooi nie Ek…
verstaan nie mooi nie
Ek ook nie.
Willem is jy ok?
Ons hou weer van…
Ons hou weer van Aasvoelkrans en sal weer daar gaan kamp. Dis my opinie en dwing dit op niemand af nie😊 Ja krag was n probleem maar dink dit was n uitsonderlike geval met die baie karavane en die koue snags
Met al die probleme van die…
Met al die probleme van die naweek was dit lekker en sal weer gaan maar verseker in die sommer nie in die winter nie.
Ek is van mening dat die oordbestuur nie groepbesprekings moet meng met normale indiwiduele besprekings nie. 'n Groep moet dan eerder maar 'n oord totaal bespreek vir hulle gebruik.
Sommer my suurgat kommentaar
die park sou vol gewees het of CCSA daar gekamp het of nie. Elke wa van die klub het sy eie staanplek gehad selfde as almal van Kampforum. Die krag was die jaar n problem maar die vorige jare was dit nie problem nie so weet nie wat daar fout was nie. My gevoel oor die park is dat dit nie die selfde standard was as wat hy die vorige jaar was nie. ek het toevalig vriend van die eienaar ontmoet woensdag aand en sal hom die resensie stuur dat hy kan sien want hy woon self nie op die perseel nie .
ek het toevalig vriend van…
ek het toevalig vriend van die eienaar ontmoet woensdag aand en sal hom die resensie stuur dat hy kan sien want hy woon self nie op die perseel nie .
Goeie plan! Dit is 'n baie mooi park en as hulle dit goed kan onderhou en al die dingetjies mooi fix en verbeter kan dit net 'n wenner wees. Insluitend toilet papier in die toilette
- waarvoor ek nogsteeds moes soek na die naweek.
Ek glo die onderdak swembad area het ook heelwat aandag nodig - vervang 50% van die ruite (gekraak) en verf die mure en balke en maak die vensterbanke skoon? En miskien kan hulle 2 van die storte by die onderste ablusie vervang met toilette?
Hier is die terug voer 06…
Hier is die terug voer
06/21, 10:51] Joe De Brito: But thanks anyhow I'm sure somebody will tell them it was eskom not us if I comment that just say I'm looking for an excuse I mean we weren't really that fool over the December we are completely full and that we have no problems
[06/21, 10:51] Joe De Brito: The whole transformer burnt out on top so they had to put a new 200 kVA





Ons is ook veilig tuis en…
Ons is ook veilig tuis en klaar afgepak en karavaan klaar onder die afdak gebere. Nuwe mense ontmoet veral vir Leeu (Nico) en Hennie van Frieda en dowe paar Andre en Anna. Die skaap spit was tops en vleis was sag en heerlik. Die kos was baie lekker. Baie dankie vir Jurgens en vir Anton en vir almal wat daar was. Julle is awesome