
Kampforum en CCSA Suidrand hou 'n gesamentlike winter saamtrek by Aasvoëlkrans tydens die langnaweek 14 - 17 Junie!
Sondag Vadersdag Spitbraai word voorsien deur Jurgens Campworld
Wie gaan saam?
| Naam | Persone | Name | nr |
|---|---|---|---|
| Nico | 2 | Nico & Mandy | |
| Willem Brits | 3 | Willem en Surette & Wijan | 98 |
| Voortrekker | 4 | Anton, Jonika & Anton jnr en Jovan | 80 |
| Obie | 2 | Nico & Millie | 77 |
| Frieda | 2 | Frieda Cook | 88 |
| Noel | 2 | Noel & Ronel | 76 |
| Boonzaaier | 3 | Estie, Rian & WJ | 87 |
| Johan van Heerden 1 | 3 | Johan en Cora en kleinseun | 105 |
| Johan van Heerden 2 | 2 | Andre en Anna | 107 |
| Johan van Heerden 3 | 2 | Jonathan en Amanda en baba | 106 |
| Softarrow 1 | 4 | Hilda & Joe Bartizal en gesin | 93 |
| Softarrow 2 | 4 | Danie & Charmaine en gesin | 95 |
| It'LDoDat | 1 | Warren | 84 |
| Keven & Dedre | 4 | Keven & Dedre en vriende | 81 |
| Hakaf | 4 | Theo Goosen en Gesin | 78 |
| Leeu | 2 | Nico en vrou | 82 |
Julle moet julsef gate uit…
Julle moet julsef gate uit geniet en julle gedra asb.
Dit is seker nou teenstrydige opdragte?
Niks teenstrydig nie Arie,
jy het mos nie voorgeskryf hoe hulle hulself moet gedra nie.
Van my kant af ook, geniet die naweek!
Julle moet dit ernstig…
Julle moet dit ernstig geniet, sommer vir my part ook, jammer dit is uit my pad, anders was ek ook daar😢
Ek hoop Aasvoëlkrans sorteer…
Ek hoop Aasvoëlkrans sorteer hulle elektrisiteit uit
So much vir 'n Snappy Chef in die Penta, maar daar is nie krag om die ding te laat werk nie! Ek mis my Camp Lite ![]()
Sonder krag in die koue, nie…
Sonder krag in die koue, nie lekker nie! Julle moet maar die vure hoog laat brand teen die koue. Ek hoop almal geniet dit gate uit.
Is die kamp nou gekanselleer…
Is die kamp nou gekanselleer? Niemand sê iets hier nie en ook geen fotos nie. Nie eens van die Penta nie. Dit lyk my almal kry te koud om te gesels.
Dit onderskryf.....
Die gebeure sonder krag by Aasvoëkrans onderskryf weer die nuttigheid om 'n teerpad-karavaan te hê wat maklik "off grid" kan funksioneer sonder enige vorm van probleme. Trouens dit is presies hoe ek my karavaan-kampering in 1969 begin het tot diep in die 90's toe kragpunte in karavaanparke nog 'n droom was.
Ons 14-jaar oue Exclusive werk ewe goed met gas en elektrisiteit en die ligte en waterpomp met 12V batterykrag. My mini-inverter voorsien 220V vir die laai van selfone, kameras, laptop en Wi-Fi-router. Die karavaan se battery word daagliks "opgetop" van die Pathfinder se battery.
Die menslike "wysheid van die grysheid" kan ook van toepassing gemaak word op grysoue karavane !
Voorie....
Voorie, verduidelik asb. :-
- So much vir 'n Snappy Chef in die Penta, maar daar is nie krag om die ding te laat werk nie!
- Nie eens van die Penta nie.
- Ek mis my Camp Lite
Kamp julle nou deesdae in 'n Penta ?
Ek is nou baie lui, te lui…
Ek is nou baie lui, te lui om foto's te neem.
Anton, jy weet seker jy moet…
Anton, jy weet seker jy moet 'n krag kabel van af die oord se krag punt, na die Penta se krag punt koppel, dit is nou so blou boksie ding, met koper punte![]()
Johann....
.............het jy opgemerk, Voorie ignoreer ons "flat out" ?
Len, ek vermoed hy het agter…
Len, ek vermoed hy het agter gekom hy moet die draad koppel, nou voel hy verleë![]()
Voortrekker, onthou net, …
Voortrekker, onthou net, die kamera se lens moet na die saamtrekkers wys, nie na die buur plaas nie![]()
Of okei, kan ook maar 'n glipsie kry. ...





Geniet die naweek, almal!!
Geniet die naweek, almal!!