6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Ewiks afstand beheer praat nou Afrikaans

Kaapstad
Submitted by Fyko on
Forums

Ek het lank al gesien dat die meeste woonwa eienaars Afrikaans sprekend is, maar my afstand beheer nie. Dus het ek 'n paar ure gewerk om daardie kortkoming reg te stel, net om te vind daars baie min selfone op die mark wat Afrikaans-magtig is.

Na 'n bietjie ondersoek het ek gevind dat die hele nuwe reeks Android selfone van Nokia, van die minste to die meeste, almal die Afrikaanse taalpaket besit.

Kiekie van die afstand beheer
Kiekie van die afstand beheer selfoon app

Verbasend eintlik dat Samsung en Huawei verwag dat miljoene mense tevrede sal wees met 'n foon dat nie hulle eie taal  ken nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 25/05/2019 - 09:57

Môre sê Fyko,

Die Ewiks Movers kom mos nie uit met afstand beheer nie ?

Het jy jou eie gebou ?

Vaalpark

Johann L

Sun, 26/05/2019 - 16:25

Willem, jy kan vir 'n bedrag, as ek reg onthou R600.00, die sagteware by Kyle aankoop en ook die transceiver, dan hardloop jy alles van jou selfoon af soos 'n gewone koordlose beheer.

Hallo Willem,

Jammer om so lang te vat om te antwoord. (Ek het nie die 'notify' boksie getik toen ek gepos het nie).

Om tyd te spaar kan ek jou stuur na my webwerf wat volledige inligting besit?

Daar is ook 'n e-pos adres ingeval jy direk wil gesels. www.dactyltech.co.za

Ek is 'n afgtereede ontwikkelaar van redelike groot stelsels, ek doen dit nou maar om my vriende te help (en besig te hou).

Die notify boksie is nou wel getik so ek sal baie vinneger reageer.

Beste groete

Fyko

Een verdere vraag: Hoe kry julle die spesiale beklemtoon karakters in die teks?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/05/2019 - 18:39

Een verdere vraag: Hoe kry julle die spesiale beklemtoon karakters in die teks?

Dankie Fuko, die vraag was vir ander gebruikers aangesien ek die Powrtouch op het.

Praat jy van dit ?

"Copy" wat jy wil aanhaal, klik dan op daai simbool en "paste" dan die teks.

Jammer om so lang te vat om te antwoord.

Jy moet net meer gereeld kon gesels op ons Kampforum.

Jy kan ook 'n skakel maak met die "link" daar in, "highlite" die woord wat as die skakel moet wees en klik dan op die ketting skakel.  Ek maak dit dan "bold & Italic" so web skakel.

 

 

Dankie Willem,

Ek praate egter oor die kappie oor se and die dubbelpunt oor hoer. Ek sukkel altyd daarmee, (en ek is 'n rekenaar 'professional' van die DOS dae af!)

Baie dankie. Ek kan nou sê ek het 'n hoër vlak van vaardigheid.

Ek het hierdie afstand beheer eenhede (ook vir 'n wenas en verskeie ander doeleindes) eerstens vir myself ontwikkel, en omdat my ander stokperdjie webwerf ontwikkeling is het ek 'n werf gestig om die gadgets te publiseer.

Omdat daar 'n klein vraag bestaan het ek toe 'n weergawe van die woonwa skuiwer afstand beheer na Erik van ewiks gestuur vir evaluering. Kyle het toe in die bedryf begin en die eenheid getoets. Volgens hom werk dit, maar hulle het geen verdere betrokkenheid nie. As iemand vra dan gee hulle my foon nommer uit.

Karavaan eienaars is in my ervaring eerbare en hoflike mense, maar daar is maar 'n klein gedeelte van hulle dat Ewiks skuiwers installeer, en van daardie is daar 'n nog kleiner gedeelte dat die gerief van afstand beheer wil hê. Of altans daarvoor wil betaal. Die app is gratis, maar daar is onvermeidelike koste met die elektonika, die omhulsel alleen is meer as R100. As ek hiervan 'n bestaan moes maak sou ek 'n baie maer seuntjie wees! Wat vir my voldoende vergoeding is is die woorde 'Dit werk wonderlik' van die kliënt. 

In tussen het ek agter gekom dat die meeste van my kliënte Afrikaans sprekend is en dat nog my app, nog die foon hulle in hul eie taal aanspreek nie. Wat 'n skande is. Gevolglik het ek my teks vertaal sodat eenige foon wat op Afrikaans gestel is daardie vertaling sal vertoon.  Toe kom ek agter dat net Nokia as standaard Afrikaans as 'n opsie bied. Daardeur onstaan hierdie draad.

Vir my is 'n loopfoon nie 'n ding om op te klets nie, maar liewer 'n heel kragtige rekenaar wat baie meer kan doen as net sms te stuur en ontvang. Hierdie is net een van die baie toepassinge wat moontlik is.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 29/05/2019 - 08:57

Baie dankie Fyko.

Op die Tablet is die "ê, ë, ô" ens. maklik deur het die sleutel in te hou.  Want hy het mos nie die "alt" nie.

Middag Fyko

sommer 'n voorstel, wat jy saam met ander kan oorweeg;

1] gemotoriseerde hoekstut

2]

gemotoriseerde waterpas staanmaak

Ek glo jy gaan baie alternatiewe voorstelle ook kry.

Baie dankie. 

Volgens navraag van 'n handelaar het ek my afstand beheer uitgebrei om die beheer van 'n waterpas staander? te dek.

Maar toe kom ek agter daar is eintlik geen bekosbare sisteem beskikbaar nie, en beslis niks wat plaslik gemaak word nie.

Uiteindelik het ek met hierdie metode opgekom wat enige ou tuis kan doen met net algemene gereedskap en ratmotors dat van Italië kom. Nie goodkoop nie maar uitstaande gehalte. Dit gebruik jou bestaande hoekstutte en vereis geen verandering woonwa self nie. Al die werk is aleen op die hoekstutte.

En dit ratmotors kan beheer word met my afstand beheer of net met doodgewone skakelaars.

Hier kan jy 'n kort video sien van hoe dit werk

http://www.dactyltech.co…

En ek het 'n kort handleiding (in engels) hier geskryf

http://www.dactyltech.co…

waar jy kan sien hoe maklik die proses is.

Gemotoriseerde hoekstut

Die hoek stut met ratmotor

Baie dankie.

Die stelsel was aanvanklik ontwerp as 'n uitbreiding op my MotorPac eenheid, wat self 'n uitbreiding is op die afstand beheer vir ewiks (en ander woonwa skuiwers).No u sien ek daars baie wie se knieë, net soos myne nie meer wil hurk nie, maar wat geen skuiwers het nie, maar wel oorweeg omhul hoekstutte te motoriseer.

Gevolglik sal ek 'n tekening publiseer op hierdie forum om hoe dit die beste met skakelaars en relays te implementeer. Die enigste tekort gaan wees dat my elektronika die stroom sterkte af tas en die motor elektonies afskakel waneer die stroom 25A oorskry.

Met net skakelaars en relays sal daardie beskerming met 'n 20A stroombreker voorsien moet word. (20A en nie 25A nie as gevolg van die marge van die stroombreker.)

My (gratis) app het wel 'n waterpas wat kan help as daar nie 'n ander beskikbaar is nie, en kan afgelaai word van my webwerf.

Weerens baie dankie

Die waterpas in die app

Onder is 'n link na 'n tekening vir 'n beheereenheid met 8 relays en 'n stroombreker wat naby die battery sal bly, met 'n kabel van dun drade na 'n paneel met 8 druk knoppies. Die druk van albei knoppies vir een motor sal geen skade doen nie, hoewel meer as een motor op een tyd kan werk mits die stroom nie te swaar word vir die stroombreker.

http:www.dactyltech.co.z… leveler.pdf

Dit is hoe ons die 8 CMA31 - 12 relays organiseer. Daar is geen stroombreker nie omdat in hierdie geval die stroom elders elektronies behher word. Die grys kabel het 8 drade en 'n common dat kom van die beheereenheid, of die druk knoppie paneel in hierdie geval.

As 'n laaste stap kan die chock-a-blocks met ferrules vervang word vir permanente verbinding.

8 CMA31 -12 relays

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus