6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -1 hour ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Hoek stutte

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Ek sit hier en dink aan my Penta se voorste twee hoek stutte, my vermoede is dat Jurgens gedink het, net jong manne gaan Pentas sleep.

Dit is so diep onder die wa,  jy moet omtrend onder in klim om dit by te kom, dus het ek langer "rods" ingesit wat nou weer veroorsaak dat daar te veel vibrasie op die meganismes plaas vind.

Nou is my vraag, kan ek dit dwars aan bring, maw, ek sit die korter "rods" weer terug, maar, monteer dit so dat ek van die linker, en regter kant af kan werk, in stede van voor, onder?

Ek wil nie graag "plumber blocks" op die wa sit, om te kompenseer vir die vibrasie nie.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/05/2019 - 14:51

Johan

Ja, die ouer Jurgens sin was so gewees.

Die probleem wat ek aan kan dink is dat jy nie meer daai balk het om die hoek stutte aan te monteer nie.

Van die ouer karavane het ook lang "rods" voor gehad en daar was net 'n plaatjie met 'n gat in waardeur daai "rod" gedraai het.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/05/2019 - 17:58

.....my 14 jaar oue Exclusive se stutte is ook diep onder die neus geplaas.  Maar ag wat, ek wil nog graag vir die jonger kampeerders (dalk met groter boepense ?) wys ek kan darem nog my slinger by die hoek stutte geplaas kry.  En let wel vir my liggaamsoefening by die kampterrein, ek draai nog my stutte met 'n slinger en nie met 'n boor nie !

Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 21:22

Dankie Willem en Len, ek het toe sommer vir Hennie gebel, hy sê dit is nie moontlik om die hoek stutte 90° te draai nie. Ek sal maar verlief moet neem met die stituasie soos dit tans is.

Len, ek sou ook nie omgee om die stutte met 'n slinger te draai nie, maar ek het nie my liggaam op gepas as jonger man nie, nou sukkel ek net 'n rug en regter skouer  wat pla.

Mens se sonnes haal jou in op 'n later ouderdom 😅

Vaalpark

Johann L

Mon, 27/05/2019 - 21:53

Willem, ek sal kyk na iets soos jou voorstel, dit pla my dat die lang rods gaan vorentoe skade veroorsaak? 

Van die ouer karavane het ook lang "rods" voor gehad en daar was net 'n plaatjie met 'n gat in waardeur daai "rod" gedraai het. 

Pretoria

leeu

Tue, 28/05/2019 - 06:22

Hoe sê hulle, Johann, kyk na jou ligaam as jy jonk is, dan sal jou ligaam na jou kyk as jy oud is.

Een van my voorste hoekstutte draai baie moeilik op en af, en lyk of hy gebuig het, ek wonder net of ek hom sal moet vervang?

Centurion

Dusty

Tue, 28/05/2019 - 06:28

Johann, my voorste stange is ook lank met 'n plaatjie net soos wat Willem sê. Wanneer ek weer by die huis is sal ek vir jou 'n foto van dit neem. Dit is onder teen aan die romp en sal nie 'n probleem wees nie. 

Vaalpark

Johann L

Tue, 28/05/2019 - 07:08

Leeu, jy kan die "rods / theaded bar" baie maklik vervang en dit is nie duur nie.

Stoffel, ek sal bly wees as jy vir my die foto kan whats app👍

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/05/2019 - 08:04

Leeu

As jy nog van die oues op het gaan kyk na my inligting op fie ander forum.

Ek sal dit later oor bring na Kampforum.

Hier is die skakel.

Daar is definitief iets fout met my wa se steadies.

Volgens my moet hulle soos n jack werk en moeiteloos die wa kan optel soos jy verlang.

Sodra myne spanning kry, soos met die ongelykte grond by Weesgerus n ruk terug sukkel jy jou alie af om die wa te lig.

Op die oog af lyk hulle goed, maar dit is waar dit stop.

Centurion

Dusty

Tue, 28/05/2019 - 08:11

Frikkadel, lees jou eie woorde wat jy geskryf het. "my wa se steadies". Dit is presies wat die woord sê. Die woord sê nie "Jack's nie"

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/05/2019 - 08:18

................na aanleiding van jou gesukkel met jou rug en skouer en die hoekstutte, het jy al vir vroulief probeer ?

Frikkadel, lees jou eie woorde wat jy geskryf het. "my wa se steadies". Dit is presies wat die woord sê. Die woord sê nie "Jack's nie"

 

Dankie Dusty, maar seer sekerlik moet hulle so biki as n jack kan werk? 

Vaalpark

Johann L

Tue, 28/05/2019 - 08:45

Len, ek is so bang vir haar, vra maar hier op die forum,  die mense wat haar al ontmoed het,  se, ek is nie lief vir haar nie, ek is bang vir haar.😂

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/05/2019 - 15:34

Ek en 'n vriend het dit jare terug (laat '80's) gedoen, ek het dit aan Jurgens gewys en gevra of hulle dit nie by ons wil oorvat as 'n verbetering op die karavane nie.  Nodeloos om te sê jare later het hulle dit begin doen op die nuwe Jurgens karavane en ek het niks gekry nie.

Wel hier is die foto's.

Dié bearing is die een wat ek gebruik het, hy moet net oor die threaded rod kan gaan.
Thrust Bearing

Van die bearings kan verskil (hy moet net oor die skroefdraad kan gly.

Maak die agterste lock-nut los (van hulle verskil) om die hele skroefdraad te kan uit draai.
Lock-nut 1

Lock-nut 2

Draai die skroefdraad uit en was hom mooi skoon (ek het die hele Steady afgehaal want was makliker)  Aan die kant waar jy hom oplig is 'n wasser vas gesweis, dit is waarteen die thrust bearing druk.  Na die skroefdraad skoon is sit die thrust bearing oor en skroef die rod terug.  Soms is daar ook 'n los wasser wat verwyder kan word, van die rods het 'n klein skouer op die as, die thrust bearing se een kant se binne diameter is groter sit hom dan eerste oor die rod.  Ek gebruik nie gries nie maar 'n motorfiets ketting lubricant (soos op die foto) dit trek nie stof nie, of jy kan ook die chain wax gebruik.
Thrust Bearing side 1

Thrust bearing side 2

Steady Lubricant

Nou sal jy voel hoe lig draai daai Steadies op.

Ek het nooit nodig gehad om dit weer later skoon te maak nie en het ook nie eers 'n "dust cover" oor gesit soos op die nuwe karavane nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/05/2019 - 15:46

Oom Jeep het dit gesê "Het nou die thrust bearings by Supreme bearings gekoop R32 stuk."

Veldskoen het dit gesê "Ook nou net gekoop by BMG in Maitland Kaapstad. R30 elk. Die bearing gaan taamlik los oor die wurm se skouer. Skouer is 18mm en bearing 20mm"

Dit maak nie saak nie, as jy die spul terug sit vat net die speling op deur die agterste "lock-nut" bietjie stywer te maak.

Hoop dit help julle wat sukkel.

Centurion

Dusty

Wed, 29/05/2019 - 06:11

Ek het by my stutte ook "thrust bearings" by gevoeg. Het myne gekry teen R10. 00 stuk. Ek het weer een aan albei kante gesit. Die binnenste laers was kleiner en het R5.00 stuk gekos. 

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/05/2019 - 07:39

Dankie vir jou inset Willem, ek gaan die bearing advies beslis gebruik!

Sal ook 'n bearing voor by die "support bracket" sit (beplan een vir so gou moontlik), want daai gewip van die wurm pla my nog altyd, sodra ek my wa terug het,  en tyd kry, gaan ek plan maak.

Pretoria

leeu

Wed, 29/05/2019 - 08:52

Baie dankie Willem, gaaf van jou om die inligting te deel. Ek verstaan nie so mooi nie, moet ek die agterste bout losdraai en die hele wurm uitskroef, en dan 'n bearing voor en agter insit, waar die wurm vaskroef teenaan die metaal van die hoekstut?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus