As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier.

| Attachment | Size |
|---|---|
| Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf | 3.87 MB |
Willem, ek het n halfliter…
Willem, ek het n halfliter sap uitgedruk vir die gemmerbier, maar niks verder nie. Vir nou is ek eers klaar met die gebrou. Gaan donderdag dorp toe vir n kissie oordentlike bier, en net so netjiese wizza. ñ Skaaprib kry, en dan vrydagaand lekker gesellig verkeer. Hoes daai vir beplanning.
Klink voorwaarlik na 'n…
Klink voorwaarlik na 'n wenner.
Sien Makro is steeds uit voorraad op wat ek soek ![]()
Een goeie ding van die…
Een goeie ding van die inperking is dat ek agtergekom het ek kan lekkerder (en goedkoper) bier brou as SAB of Namibia Breweries so ek gaan nie ophou brou nie maar vir seker heelwat minder kommersiële bier koop. Ek gaan juis die komende naweek ‘n IPA brou.
Wildehont, ek bel gister om…
Wildehont, ek bel gister om n kissie Castle light te boek. Word my vertel dat dit nou n mooi ronde R300.00 kos vir ñ kissie 330ml botteltjies. Gewoontlik kyk ek nie juis na die prys nie, maar die klink bietjie hoog. Wat beloop jou koste om te brou, dalk moet ek jou roete oorweeg vir vorentoe.
Goeiste Oom Neef, dit is…
Goeiste Oom Neef, dit is buitensporig! Dit werk my onder R8 uit per 500ml bier. Mens sukkel om 330ml botteltjies te kry om jou bier in te sit. Vir 24 x 330ml sal dit uitwerk op R128 ‘n kis. Daar is uiteraard aanvanklik ‘n bietjie van ‘n kapitaaluitleg vir toerusting maar dit hou min of meer vir ewig.
Die brouerey is harde werk en mens moet baie mooi kyk na temperature deurgaans en seker maak jy werk steriel. Ek geniet dit egter baie, en die bier smaak regtig vorentoe. Om lager te brou moet mens ‘n yskas met ‘n temperatuurbeheer module hê want bier lager teen laer temperature as ons omgewingstemperatuur. In die somer is dit ook nodig want as die gis by te warm temperature werk gee dit “af” geure af. Ek bly maar by die ales vir eers, maar ek geniet dit in elk geval meer as ‘n lager. Daar is oneindige hulpbronne op die internet beskikbaar en die wortsandall SA tuisbrou forum is vol mense wat graag raad gee nes hier.
Ek gebruik die brew in a bag (BIAB) metode want dis goekoper en makliker en verg minder toerusting. Laat weet gerus as daar nog vrae is, ek het aande se navorsing op die internet gedoen.
Rebels Pizza hier by ons gee…
Rebels Pizza hier by ons gee 6 biere saam as mens 3 pizzas koop.
Dink ons sal vir die volgende paar weke net pizza eet ...
My pale ale smaak heerlik…
My pale ale smaak heerlik. Dit was nou wraggies die moeite werd!

Willehont, jy bragg darem…
Willehont, jy bragg darem lekker. Ek gaan beslis vir my so stelletjie toerusting soek, dink in George behoort daar n verskaffer te wees. Het n klompie Grolsh botteltjies wat ek sal gebruik.
Ek geniet die tuisbrou en…
Ek geniet die tuisbrou en die vrugte van my arbeid terdee. Regtig ‘n lekker stokperdjie. Die aanlyn winkels lewer landwyd af. Ek het gister ‘n besending bestanddele gekry van Gauteng af. Wag nou net vir die IPA wat tans in my fermenteerder is om klaar te kry dan brou ek weer.
Gisteraand so 18 l Indian…
Gisteraand so 18 l Indian Pale Ale gebottelleer.
Wag net so twee weke want…
Wag net so twee weke want hulle moet nou eers carbonate in die bottels. Tuisbrouers moet maar geduldig wees.
Nee ag Tow Now, dit is darem…
Nee ag Tow Now, dit is darem nog te vroeg in die dag om lus te raak vir bier. Jy moet maar hier by my kom haal - ek het nog 5 x 6 'packs'. Met die huidige winterweer in die Kaap is ek nie lus vir bier nie en ek is bevrees my voorraad gaan binnekort hul BB-datum verbysteek.
Vervaldatum vs “best before”
Kos(en drank) se best before datum beteken presies dit; die produk se gehalte, smaak, kleur ens is op sy beste voor die datum aangedui. Dit beteken nie dat dit ongeskik raak vir verbruik na die datum nie. Onthou ook dat bier alkohol bevat, en dit is ‘n preserveermiddel. Moet dus nie winkel bier weggooi as dit verby die BB datum is nie. Proe maar eers, en as dit reg smaak en lyk laat loop. Dit gaan jou vir seker nie siek maak nie.
Terloops, soos iemand op die forum altyd sê; my pale ale loop soos stroop.






Neef ...
Het jy toe plan gemaak met al daai suurlemoene by jou ?