6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -3 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -12 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -12 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 hours ago

As die voggies min raak - so brou mens tuis

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier. 
A

Attachment Size
Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf 3.87 MB
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 09/02/2021 - 19:02

Vandag die ketel probeer, distileer sommer heel goed. Maar magties dit is n sterk knertsie.

Ketel

Het vandag so 4l " bier" gebottel, wil net eers kyk of dit goed distilleer voordat daar n groter hoeveelheid gebrou word,

En dan is daar 30l rum brousel aan die gang. Dit gaan baie goed aan, dink dit kan n wenner wees.

Rum

Worcester

Wildehont

Tue, 09/02/2021 - 20:30

Wanneer moet ons daar wees Oom Neef? Stuur koördinate. Ek bring Coke Zero en ys. Is daar staanplek vir die Kavango?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 10/02/2021 - 09:49

Lyk my eerder of ons 'n saamtrek daar moet hou, want ek dink daar is meer as net jy wat sal wil gaan proe.

Worcester

Wildehont

Sat, 13/03/2021 - 12:12

Het nogal heel skaflik uitgekom. Vanoggend het ek weer ‘n pale ale gebrou. Nou geniet ek eers een van die vorige brou (die Pilsner) na vyf ure se werk. 
 

A

Vaalpark

Johann L

Sat, 13/03/2021 - 15:25

Seker 'n stupid vraag maar, wat is die verskil tussen 'n ale, laager, pilsner, cider en 'n draft bier?

Ek hou baie van 'n draft, (ek koop net Millers) maar bv. Black Label is vir my gal biter, 'n cider is te suur.

Worcester

Wildehont

Sun, 14/03/2021 - 07:03

wat is die verskil tussen 'n ale, laager, pilsner, cider en 'n draft bier?

Daar is nie ‘n eenvoudige antwoord op die vraag nie. Die basiese bestanddele van bier is water, gars (malted barley), hops en gis. Daar is baie verskillende soorte van die laaste drie bestanddele, en die kombinasie wat gebruik word bepaal die styl bier. Lagers ondergaan ‘n rus tydperk teen ‘n sekere temperatuur wat lagering genoem word. 
 

Verskillende soorte gars gee verskillende kleure en geure aan die bier. Die gars word eers in water tussen 63 en 70 grade gesit vir so uur om die stysels in suiker om te skakel. Die gars word dan uitgehaal en die vloeistof gekook vir ‘n so uur om dit te steriliseer. Die hops voeg bitterheid by as dit aan die begin van die kookproses bygevoeg word. As dit nader aan die einde bygevoeg word kook die olies in die hops nie weg nie, en voeg dan geure en aromas by. Die gis wat gebruik word het ook ‘n invloed op die geur van die bier. 
 

Cider is weer appelsap wat gegis word om die suiker in alkohol om te skakel. 

More vriende

Groot voordeel van bier is dat elke jaar 'n goeie oesjaar is

Groete

Worcester

Wildehont

Sun, 14/03/2021 - 08:54

Groot voordeel van bier is dat elke jaar 'n goeie oesjaar is

Dis nie altemit nie! 

Worcester

Wildehont

Tue, 22/06/2021 - 11:39

En dan is daar 30l rum brousel aan die gang. Dit gaan baie goed aan, dink dit kan n wenner wees.

Is daar nog iets oor vier maande later, en hoe smaak dit toe? Ek neem aan die ketel is nie gebou vir eenmalige gebruik nie.  

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 22/06/2021 - 13:48

Die rum het goed gestook, en proe maar skurf so vars van die ketel, net soos mampoer . Na so bietjie oplees is daar karamel gemaak, klomp speserye en paar stukkies ou sjerrirvaatjiestokkies saam gebottel. Van n ligte tot donker rum wat nou karakter kry. So een keer per maand sal ek n teelepel proe, en moet se dit kom regtig mooi aan.

Dan is daar rooi en wit muskadel gestook. 3 liter van die wit ias in een van die klein sjerrie vaatjies, en die reuk en geur is klaar puik. Van die rooi is gebottel met stukkies verkoolde eikehout vaatjiestokkies, en lyk sommer pure klas.

So, eintlik nog nie gedrink nie, sal so oor n jaar of wat kyk. Nou dat die Aga brand, gaan daar weer so bietjie malt gerooster word, wil probeer om n stout te brou. Eers bietjie gaan oplees.

stooksel

Op die spensrak .

 

Worcester

Wildehont

Tue, 22/06/2021 - 15:02

So, eintlik nog nie gedrink nie, sal so oor n jaar of wat kyk.

Daar sal ‘n saamtrek gereel moet word in Oudtshoorn se omstreke volgende jaar! 

Worcester

Wildehont

Tue, 29/06/2021 - 20:09

Ek sien hierdie draad is die derde mees gewilde vandag. Is ‘n paar lede onkant betrap deur die alkoholverbod? Ek brou nou al meer as ‘n jaar lank tuis, en het juis gister ontvangs geneem van genoeg gars, hops en gis om so 375 x 500ml biere mee te brou. Ek glo dus ek is geholpe. Ek het gister voorraadopname gedoen, en ek het nog 32 x 500ml biere wat klaar gebrou is. Hopelik hou die verbod nie te lank nie - ter wille van die lede wat dors is en almal in die drank en gasvryheidsbedryf wat nou weer erg geraak word. 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 30/06/2021 - 08:55

Behalwe vir die selfgestookde rum en brandewyn, het ek nog so kissie en n half bier. Wyn is n GROOT probleem, regtig met broek af gevang.

Chris, ek het so 8kg malted Barrley wat lig gerooster is, en 500g  gars wat donker gerooster is. Wil probeer om n donker bier te brou. Het egter die probleem van regte gis, en het net die supermark pakkies. glo dit sal werk, want die het vermenteer tot so 5% , donker bier is egter  nader aan 7-8%.

Worcester

Wildehont

Wed, 30/06/2021 - 09:44

Oom Neef, ek het supermark gis nog net gebruik vir pynappel en gemmerbier en dit het gewerk. Ek kan nou nie presies onthou nie maar dit was redelik sterk (maar nie 7% nie). Wat mens kan doen is om eenvoudig meer gis by te gooi. Dit kan nie die bier skade aandoen nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus