6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

As die voggies min raak - so brou mens tuis

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

As jy iemand is wat dit geniet om ietsie te vat, en die inperking jou voorraad begin oorskry, kan die resepteboek hier onder handig te pas kom. Ek het voor ek dit ontvang het reeds ‘n alkoholiese gemmerbier gebrou en wag ook vir my pynappelbier om klaar te gis. Ek het nie die oulike resepte in die boek gehad nie, en het bietjie te veel suiker by die gemmerbier gegooi. Ek het ou tuisbrou toerusting wat ek afgestof het, en kon die alkoholinhoud daarmee uitwerk. Dit het op 8,8% gestaan toe ek dit gebottelleer het! Die pynappelbier het minder suiker in, so behoort nie so rof te wees nie. Hier is dit net voor ek dit toegemaak het in die drom om te gis. Lekker brou en deel gerus julle konkoksies hier. 
A

Attachment Size
Lockdown-Dranks-Recipe-eBook-x3tof7.pdf 3.87 MB
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/07/2021 - 15:35

Wildehont, het jy dalk die voorsiener in Durbanville vir die 500ml PET bottels se besonderhede.

Het gister een van die plaasbiere geproe, man, hy is sommer puik. ek het nog genoeg geroosterde mout vir n volgende brousel, maar n tekort aan bottels.

Wil byvoeg, ek kon vakuukverpakte hops kry en dit 2 gram/liter, met jou 60/40 metode. Wenresep.

Worcester

Wildehont

Mon, 19/07/2021 - 18:03

Hier is die verskaffer. Hulle lewer af ook. Ek het bier saam gebring op ons toer in die bottels en hulle werk puik. Die bier klink heerlik, geniet dit! Ek teug self nou aan een terwyl die son sak agter die bome buite Shingwedzi. 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 19/07/2021 - 18:29

Dankie Chris. Nou net gaan loer, 500ml bottels " no stock". Wonder hoe sal die bier hou as ek helder botteltjies gebruik, maar in n donker kas stoor.  Wat ek lees is dat UV en bier nie saamwerk nie, gee glo  n Muishond geur ??

Worcester

Wildehont

Mon, 19/07/2021 - 21:26

Wat ek lees is dat UV en bier nie saamwerk nie

Dis wat ek ook gelees het, maar het dit nog nooit self op die proef gestel nie. Ek gebruik nog altyd bruin bottels, afgesien van so drie of vier groenes. Lg se inhoud het nog altyd reg gesmaak.  

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/07/2021 - 19:09

Ek weet niks van julle onderwerp nie, maar Miller's Draught kom tog in deurskynende bottels - of is ek verkeerd?

Maar nietemin - ek sal nie omgee as oom Cyril eerskomende Sondag die drankverkope-verbod lig nie. Alhoewel ek genoegsame voorraad van wyn eb hardehout het, smag ek na 'n biertjie in die Laeveldse hitte wat ons van tyd tot tyd beleef.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 24/07/2021 - 06:58

Wat ek gelees het, is dat van  die helder bottels n UV laag op het. Seker soos n "sun tan lotion". Ander biere, nie, die smaak is deel van die bier se geur.  Voorkeur smake  soos die Inuit en hulle gevermenteerde kossies.

 

Worcester

Wildehont

Fri, 11/03/2022 - 05:40

My vorige bier het ek in Oktober gebrou om saam te vat Dwarswegstrand en Karoo NP toe. Januarie was ‘n besige maand met my en Chris Jnr se verjaardae en Februarie met sy krieket elke naweek. Twee weke gelede het hy in Wellington gespeel die middag, en ek kon nie gaan nie want ek moes werk. Toe brou ek daardie middag en aand ‘n pale ale, wat ek die afgelope Dinsdag gebottelleer het. Dit behoort die naweek reg te wees om te drink. 
 

A

Worcester

Wildehont

Mon, 12/09/2022 - 10:48

Ek het Maart laas bier gebrou, en het nog net ‘n paar bottels pale ale oor wat ek te jammer voor is om te drink. Die afgelope Vrydag het ek uiteindelik weer tyd gekry, en na werk weggespring. Ek was voor 22:00 klaar met alles. Ek was bietjie op my senuwees oor die gis. Ek het dit ge-oes toe ek my laaste brousel gebottelleer het, en was bang dit het dalk iets oorgekom nadat dit vir ses maande in ‘n fles in die yskas gestaan het. Teen Saterdagoggend het die airlock op my fermentasie drom egter vrolik geborrel.
 

Hier onder staan die pot waarin ek brou knus toegedraai om nie hitte te verloor tydens die mash proses nie. Dis wanneer die stysel in die gars omgeskakel word na suiker sodat die gis kos het om later om te skakel in alkohol en CO2. 
 

A

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 26/06/2023 - 19:50

In die koelkamer het n kissie van Julie 2021 se brousel vergete geraak.  Een effe verkoel, en die prop klap toe ek dit oopmaak, met ń netjiese skuimkop.

Die hops geur is baie min, dit proe effe soeterig, soos ń Kilkenny, en dit is baie donker. En ek dink moer sterk. My wange het begin gevoel verloor na n halwe glas.

Lê die foto op sy sy nes n Kapenaar wat ," getiep" het.

Kilkenny

Worcester

Wildehont

Mon, 26/06/2023 - 21:21

My wange het begin gevoel verloor na n halwe glas.

Pragtige beskrywing. Ek wonder of Oom Neef getiep het na die ander helfte van die glas. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 27/06/2023 - 07:03

 Ter Wille van versigtigheid dit goed gedink om net eers by die half te bly. Die ander helfte vir die voorsate geoffer. Weet nooit of die dalk donker brousel ontwikkel het in n laxative nie. Maar... vanoggend voel ek vris en vars, dalk het dit in ń Elixer ontwikkel.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/06/2023 - 07:54

..... en gaan skiet sommer self daai bokke. As die wange gevoel verloor, maak die geweerkolf minder seer. Bekommer later oor die hoofpyndevil

Worcester

Wildehont

Tue, 27/06/2023 - 08:04

Tuisbrou bier is nie gevaarlik nie. Nie in die sin van deurmekaar maag of vergiftiging nie. Indien daar nie steriel gewerk is nie, kan daar wilde gis bykom wat “af” geure kan gee. Dieselfde kan gebeur as die gisting teen ‘n te hoë temperatuur (vir die soort gis) plaasgevind. Sou die bier andersins besmet word en afgaan vanwee bakterieë (is dit reg gespel?) sal dit suur ruik en sleg smaak. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/06/2023 - 09:24

.................ek is wel lief vir 'n biertjie, maar met respek gesê, beslis nie vir 'n tuis-gebroude brousel nie.  Ek koop maar my paar botteltjies hieronder by Spar Tops.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/06/2023 - 09:59

Môre vriend

Jy weet, party mense het stokperdjies, soos jag, seëls versamel, voertuie was, tuinmaak, kosmaak en selfs bierbrou.

Ek het nie stokperdjies nie, en hou my besig met tuinwerk en voertuie was, bloot omdat ek verkies om dit self te doen.

  

Worcester

Wildehont

Tue, 27/06/2023 - 10:23

Ek praat nou nie van pynappelbier nie. Regte bier gebrou met gars, hops en water. Ek het tydens die inperking weer begin brou en maak regtig lekker bier, wat beter smaak as winkelbier en goedkoper is. Dit is wel ‘n klomp werk, en ek het nog nie die jaar daarby uitgekom nie. Ek gaan egter wanneer ons terug is van die Kruger wildtuin af ‘n plan maak. 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 27/06/2023 - 10:42

Ek ken glad nie tuis-gebroude bier en sal my gevolglik nie daaroor uitlaat nie. Ek het egter al wel verskeie mikro-brouerye se bier gedrink en kon nog nooit een vind waaroor ek kon opgewonde raak nie. Gee maar vir my 'n winkelbier - totdat ek dalk 'n lekker mikro-brouery bier raak drink.

Ek glo dit is 'n lekker stokperdjie om jou eie bier te brou. Ek drink egter te min bier om só 'n stokperdjie te regverdig.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 27/06/2023 - 10:53

Brouery was bloot n uitdaging. Wou kyk of kan ek bier brou van n sak kooperasiegars, en het dit redelik goed gedoen. Nie n nuwe stokperdjie nie Wessel, was net n challenge. Selfde met die stokery, van ketel bou tot in die bottel. Tensy ons weer in n lang lockdown ingaan, ek dink hier staan seker nog 20 bottels, rum, brandy en helder witblits, gaan dit nie n permanente stokperdjie word nie.

Ek sal wel graag op n stadium probeer wyn maak, weet nie of my raklewe lank genoeg is om self te kan proe nie.sad

Moet kyk of daar nie n resep is vir diesel brou nie, dit al n goeie tydverdryf wees. Dalk moet ek oplees om ou ejinolie te bewerk, hier staan seker n 200l drom vol. Kan jy help Wessel?

 

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus