Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -4 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -15 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -15 hours ago

Hollies en Glynis Hollenbach - Toer om SA se grense

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek gaan probeer om hulle vertelling op fb hier te plaas.

FB skakel.

Web skakel.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/07/2020 - 12:14

Woensdag 9 April

Die gedagte dat ons aan die einde van ons toer gekom het, maak vreemde emosies in my wakker as ek vroegoggend aan die koffie sip. Dis ons laaste dag, want môre ry ons huis toe.

Moeksie is ook vroeg uit en groet die twee renosters wat hier naby ons wei. Die plan is om vandag rustig te wees en later tot bo-op die berg te ry. Die park is in twee gedeel, Suid waar ons kamp en Noord, onder deur die teerpad met die tonnel. Die olifante en leeus is in die noordelike deel van die park. Die pas tot bo-op die berg is ook in die noordelike deel van die park.

Ons ry laatoggend rustig deur die park tot by die tonnel onder die teerpad en sien baie diere. By die voet van die berg kyk ek eers goed boontoe of ek nie ʼn voertuig sien wat afkom nie. Die teerpad pas boontoe is baie nou en dit gaan sukkel as twee voertuie mekaar iewers op die pas moet verbygaan.

Dit het die vorige keer gebeur en dit was mooi pas-en-meet om verby mekaar te kom. Die vier klipspringers halfpad teen die pas uit, staan in die pad en kyk na ons. Hulle gee ʼn goeie kodak moment, voor hulle soos net hulle kan doen, vinnig en rats oor die rotse spring, die berg op.



Dis bewolk en die windjie waai koel hier bo as ons by die parkeerarea stop om uit te klim. Hierdie is die tuiste van die grootste kolonie Kransaasvoëls in die wêreld, met meer as 800 pare wat hier hulle tuiste kom vind het. Hulle sweef hier naby jou verby en dit voel of jy aan hulle kan raak. Dis ʼn ongelooflike gevoel om so hoog hier naby hulle te kan wees.

Ons stap ʼn entjie af en gaan sit op ʼn rots met die asemrowende uitsig oor die vlakte daar onder, uitgestrek voor ons. Ek wil net hier sit en stil wees, met my Skepper gesels in my gedagtes, as ek na Sy skildery kyk. Dis asof ek nog nader aan Hom is hier op die berg met die onbeskryflike uitsig. Ek kan nie anders nie as om klein te voel, BAIE klein.


Moeksie moet ʼn paar keer roep, voor ek reageer en terugstap bakkie toe. Wil eintlik nog ʼn rukkie hier bly, maar die koue wind hier bo jaag ons. Ons ry die pas af en neem ʼn ander roete, al langs die berge, terug tot by die tonnel. Ons was gelukkig om olifante en heelwat ander wild te sien, maar die katte kruip weg.


By die kamp sit Moeksie en lees terwyl ek al die foto’s op die kamera aflaai op my laptop. Wil vanaand foto’s kyk. Ons stap later na die huisies hier agter in die bos wat hulle besig is om te bou. Dit gaan nice wees as hulle klaar is, mooi weggesteek tussen die bome.


Dis asof die renosters weet dis ons laaste aand as eers twee en later, nog een met ʼn kalf, meters van ons af kom wei om totsiens te sê. Ek neem ʼn paar laaste foto’s van hulle voor die son sak. Ook ʼn paar zebras kom groet ons.

Ek steek vuur aan, die laaste keer op ons toer. Ek het drie sakke hout gekoop, kan maar groot gaan vanaand. Ek sit die laptop op die TV skinkbord en begin die slide show, die eerste foto’s van 81 dae gelede waar ons in my drive way staan, reg om te vertrek. Elke foto vertel ʼn storie en ons lewer gereeld kommentaar.

Vanaand mis ons weer vir Anton en Magda, sou hulle graag hier wou gehad het om dit saam met ons te kon afsluit. Dis baie foto’s en na ʼn uur begin ek braai, terwyl ons vir nog ʼn hele tyd lank na al die foto’s kyk. Moeksie het reg beplan, dis tjops en braaibroodjies vanaand, my gunsteling, die regte kos om die toer mee af te sluit.

As ons in die bed lê en gesels oor ons ervaringe die afgelope 81 dae, is daar oomblikke waar my stem bewe en hees raak. Dis ʼn gevoel van ongeloof dat ons dit gedoen het, ʼn onwerklikheid. Baie genade om te kon beleef en sien wat ons beleef en gesien het, bevoorreg en geseënd. Die grootste deel wat ons met goeie vriende kon deel, wat ongelukkig moes omdraai.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 03/07/2020 - 12:19

Donderdag 10 April

Voor die son uit is, sit ons buite en koffie drink. Die pad vandag moet ons weer terugvat Groot Marico toe, waar ons begin het en dan huis toe. Die tent is effe nat gedou en ons moet wag tot hy droog is, gaan nie gou weer opslaan nie. Ons begin die los goed pak en slaan op toe die tent goed droog is. Ek weet daar is heelwat grondpad wat voorlê. Ek ken nie die deel van die wêreld waar ons vandag gaan ry nie.

Die 250 km tot weer by Groot Marico is kronkel grondpaaie en op ʼn plek raak die pad weg. Ons ry tussen die statte deur en kry weer pad. Dis net na twaalf as ons die teerpad kry by Groot Marico en die bakkie se neus Oos draai op die N4, huis toe. Daar is dan ʼn voelbare stilte in die bakkie. Ons is klaar met ons droom. Dis verby en ons het dit gedoen !!

Die teerpad voor my begin swem in die trane as ek hardop begin dankie sê vir my Skepper, soveel genade en voorspoed, seëninge onverdiend. Ons is bevoorregtes om dit te kon doen, ʼn droom te kon beleef, ek en Moeksie tot die einde toe. Die sirkel is voltooi !!!!!

Die laaste 189 km huis toe gaan vinnig. Dis stil in die bakkie en elkeen is besig om te verwerk wat agter ons is, 82 onvergeetlike dae wat vir altyd in ons gedagtes sal bly.

My kop is nog nie skoon nie, ry en toer nog baie rond. Miskien is ek een van daardie mense, sal vir altyd ʼn hunkering hê na die mooi plekke in ons wonderlike land. Plekke wat ander net in boeke en tydskrifte van lees en sien en ek bevoorreg is om te kan beleef.

DIE LEWE IS KORT !!!   LEEF JOU DROOM !

DIE LEWE IS … ʼn LIED !!!

My dank aan:

Almal wat so lekker saam gelees het, glo julle kon my vreugde gedeel.

Moeksie, jy is ‘n YSTER vrou !

Anton & Magda vir julle vriendskap, notas en foto’s.

My Skepper wat my die genade gegun het om nog een van my drome te kon leef !!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus