Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
13 Oktober - nm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -8 hours ago
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -18 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -18 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -22 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 day ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 day ago

Forum Kruger Ranch Kamp 30 Julie tot 1 Augustus

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on

Die einaar van Kruger Ranch naby Magalies het vir ons n baie goeie deal geoffer vir naweek van 30 Julie tot 1 Augustus. ons kan daar kamp vir R325 n aand vir 4 mense. Dis n wildsplaas mens kan gaan wild kyk met voertuig op voet of fietse. Van ons lede was November maand laasjaar daar en het dit terdee geniet. Kamp is nou n jaar oud. Gaan loer hulle webtuiste en laat weet wie stel belang.  Elke ou maak sy eie booking en ons braai saam saterdag aand verder is dit net n rustige kuier. 

https://krugerranch.co.z…   Let asseblief dat die webwerf nie die kampeerplekke wys nie.

INLIGTING OOR: Kruger Ranch was amptelik geopen die naweek van 15 Maart 2020 deur eienaar Clint Kruger en sy gesin.  Soos almal kan onthou was dit net 2 weke net daarna wat Suid Afrika in Lock-Down begin ingaan het.    Kruger Ranch kon toe weer hulle deur oopmaak in Oktober 2020.

Daar is tans 40 kampeer staanplekke met krag en water geriewe en baie netjiese ablusie geriewe.  Die kamp is in die bos en bied 'n heerlik bosgevoel en rustigheid.

Vir Bespreking:   Kontak nr is Clint Kruger 082 444 4909

Email vir Megan op krugerranch@outlook.com  -  Email is die beste opsie 

Noem dat jy vir die Kampforum naweek wil bespreek.  30 Julie to 1 Augustus 2021

 

Baie dankie Ski vir die reëlings  yesyes

google kaart

Middag Anton

Ek merk geen gordyn in die storte nie, bly mens se klere darem droog langsaan?

Ek kom dan net uit die Kruger uit, en dis in my laaste maand, geen verlof nie.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 01/06/2021 - 06:27

Ek sê gisteraand vir vroulief dat ek die kampeerplek van Clint Kruger baie geniet het. Dit is 'n mooi stukkie bos, so 55 hektar as ek reg onthou.  Sulke bos kampeerplekke maak my lus vir kamp. 

0

Hello Anton

Dit is werklik 'n bonus. Ek hou nie van 'n beknopte stort, geen neersitplek en boonop nat klere nie.

 

0
pretoria

pieterc

Tue, 01/06/2021 - 19:38

Wessel die storte is BAIE groot.  Ek het werklik nog nie sulke ruim storte gesien nie, oorgenoeg ruimte om te beweeg en alles droog te hou.

 En ek probeer altyd nat word in die stort! devil

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 02/06/2021 - 07:56

Ek het so vlugtig begin dink aan 'n kamp program wetend dat die lede gewoonlik hou van 'n lekker besige en vol kamp ervaring.   Ek hoop nie julle gee om nie?

PROGRAM:

Tot en met Vrydag 30 Julie:  Kamp opslaan en kamp

Saterdag 31 Julie: Word wakker, kamp en gaan slaap weer

Sondag 1 Aug: Word wakker, kamp en slaan kamp af as jy wil huistoe gaan.

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 03/06/2021 - 09:10

Dit was lekker om julle weer te sien Ski

Ek het so 'n lekker skuins gelê in my tent toe ek die pragtige dreuning van die 2.2 MHawk  hoor - toe weet ek wie dit is smiley

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 14/06/2021 - 07:28

Met ons verkennings kamp 3 weke gelede het ek 'n pak wildebees word by Kruger gekoop. Ek het dit saamgevat plaas toe die afgelope naweek om te braai.  Mense maar dit is lekker wors.  So as jy by Kruger Rancb gaan kamp hoef jy regtig nie wors saam te neem vir jou braai nie, daar is oorgenoeg en die prys is baie goed yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus