Die einaar van Kruger Ranch naby Magalies het vir ons n baie goeie deal geoffer vir naweek van 30 Julie tot 1 Augustus. ons kan daar kamp vir R325 n aand vir 4 mense. Dis n wildsplaas mens kan gaan wild kyk met voertuig op voet of fietse. Van ons lede was November maand laasjaar daar en het dit terdee geniet. Kamp is nou n jaar oud. Gaan loer hulle webtuiste en laat weet wie stel belang. Elke ou maak sy eie booking en ons braai saam saterdag aand verder is dit net n rustige kuier.
https://krugerranch.co.z… Let asseblief dat die webwerf nie die kampeerplekke wys nie.
INLIGTING OOR: Kruger Ranch was amptelik geopen die naweek van 15 Maart 2020 deur eienaar Clint Kruger en sy gesin. Soos almal kan onthou was dit net 2 weke net daarna wat Suid Afrika in Lock-Down begin ingaan het. Kruger Ranch kon toe weer hulle deur oopmaak in Oktober 2020.
Daar is tans 40 kampeer staanplekke met krag en water geriewe en baie netjiese ablusie geriewe. Die kamp is in die bos en bied 'n heerlik bosgevoel en rustigheid.
Vir Bespreking: Kontak nr is Clint Kruger 082 444 4909
Email vir Megan op krugerranch@outlook.com - Email is die beste opsie
Noem dat jy vir die Kampforum naweek wil bespreek. 30 Julie to 1 Augustus 2021
Baie dankie Ski vir die reëlings ![]()
![]()
Dankie Ski. Komp kamp saam!…
Dankie Ski.
Komp kamp saam! Ons sal meer inligting hieroor uitstuur.
More almal vir bespreking…
More almal vir bespreking noem dit is die Forum Naweek
Kontak nr is Clint Kruger 082 444 4909
Email vir Megan op krugerranch@outlook.com
Email is die beste opsie
Kruger Ranch Saamtrek Plaatjie
Julle moet my net vroeg genoeg laat weet hoeveel gaan.

Ek is verseker in op daai…
Ek is verseker in op daai een, kan nie wag nie, gaan awesome wees, dink ek ry sommer al more deur en gaan kamp dan kry ek julle daar!!![]()
Lekker lekker. Ek dink…
Lekker lekker. Ek dink daaraan om komende naweek 'n draai te gaan maak by die kampeerplek om te kyk hoe lyk dit.
Wel, verlede naweek het 'n…
Wel, verlede naweek het 'n erge verkoue my planne gestuit om Kruger te besoek.
Ek het toe gister lekker met Clint, die eienaar, gesels. Ons beplan dan om oor 2 weke daar te gaan penne inslaan vir' n aand of 2 om die kampeerplek te verken en ons ondervinding te deel.
Ek moet net vir oudste by…
Ek moet net vir oudste by die skool gaan optel en dan skiet ons deur Kruger Ranch toe om te gaan verken.
Ons is hier en kamp is…
Ons is hier en kamp is opgeslaan.
Die kampbestuur het kom groet...

Ons het lekker gekamp en…
Ons het lekker gekamp en verken die naweek en kan nou ook behoorlik terugvoering gee.






Hier so paar foto's
Hier so paar foto's