Ek begin n nuwe draad soos julle weet het ek n pasie vir buite lewe en wou al van kleins af n 4x4 voertuig he want my pa my op baie trips gevat en dit het dit het vlam gevat in my. My Ranger se bak is nou gerubber rize het ook ordentelike seat covers op my bakkie se sitplekke gesit het ook my bakkie se snorkel gebestel die kry ek volgende week en ja more sit ek die Bushtech canopy op sal fotos plaas soos bakkie vorder lekke dag almal
Shaun, jou bakkie is nou tot…
Shaun, jou bakkie is nou tot die tande gewapen vir die Wildernis. Mag jy duisende kilometers toer.
Julle droom word waar Ranger 2.2 ...
Baie nice 👍 geniet elke oomblik.
Dankie julle waardeur
Ja ons gaan sodra ek en Berdien los is nie meer te voetpadkloof se boskamp nie maar binne Dinokeng resort is daar n boskamp met geen omheining nie Kyleu Buscamp gaan daar vroeg volgende jaar toetsloop doen en sien wat werk wat kort baie opgewonde
Shaun het my gevra om die…
Shaun het my gevra om die fotos van sy gas stoof/braaier te laai, ek doen dit met graagte.
Dankie Johann
My Laptop by huis ISM en by werk kry ek nie fotos afgelaai nie ons is baie gelukkig met die gas stoof
Jis Shaun. Mis ek nou my…
Jis Shaun. Mis ek nou my trok
maar moet sê die Everest doen sy ding
More Wessel
Wessel nog besig om alles reg te kry ons beplan nog steeds om Kyleu Bushcamp toe te gaan by die werk gaan dit regtig rof ek kla nie net baie besig het laaste 8 weke twee naweke afgehad 4 weke in totaal op Senior standby gewees gaan nou 23 Januarie 4 dae oorslaap by Natalie waar vandaan ek en Berdien Suidkus plat gaan ry en kamp plekke besoek vir toekoms dan gaan ek die 1 Feb tot 4 Februarie laeveld verken en ook kamp plekke besoek wat ons nog nooit het nie sal die draad update soos ons die RTT gebruik
Nasional Luna groen boks
Het vir ons bos/see kampe waar daar nie krag is nie n Nasional Luna 25 am/h groen boks gekoop hy het ingeboude DC - DC herlaaier in asook 160 watt solar paneel my 300 watt solar paneel vat te veel plek op die bakkie se dak en RTT geen plek virrie 300 nie die opfoubare solar paneele gaan tot R13000 vir 240 watt wat te duur is so as die krag systeem in is kan ons maar begin kamp op afgelee plekke waar jy self versorg moet wees mooi loop
Hoeveel vrieskaste
Middag Shaun
Hoeveel koel/vrieskaste wil jy gelyktydig gebruik?
Jy kan moontlik regkom met 160watt paneel as jy slegs een kas wil bedien. Twee kaste wat saam loop, en jy gaan jou 300watt nodig hê.
Eksperimenteer maar met jou stelsel. Hoeveel batterye is in die NL groenkas? Wat is die battery kapasiteit in amp.hr van jou batterypak. Maak net seker dat jy al jou goete deurnag kan laat loop, of sal jy moet afskakel om battery[e] te beskerm.
Al hierdie.....
...............grênd goeters is ingewikkeld en duur - en jy moet goed wees in wiskunde om uit te werk wat gaan werk en wat nie. En jy moet son hê. As daar nie 220V is nie, hardloop my goetertjies op gas en my paar liggies werk vir dae aaneen op 12V.
En son ook ja....
Môre vriende
Jip, dis heerlike tegnologie, en dit werk, solank die son gratis krag uitstraal. Sonder daai 800-1000W/m2 kan die beste paneel nie noemswaardige stroom optower nie.
Vra my, die son het letterlik vir ons gesak verlede jaar in Balule. Vir omtrent 3 dae geen son, net dig bewolk. Dan skakel mens maar vrieskaste af deur die nag.
Teltech 110 AH decicycle
My snowmaster is getoets vir n week hy trek so 2.8 amps tot 3,5 amps per uur dan is daar drie 12 volt LED liggies saam yskas maks 4 amps n uur trek my 160 watt paneel lewer tussen 7.5 tot 8.5 amps per uur die Nasional luna DC to DC laai ook die auxiliary battery vanwaar ek my yskas , ligte ens laai terwyl jy ry die opfoubare solar panels is regtig baie duur maar ja ons sal gaan kamp en laat weet hoe dit afgeloop het
Blade RTT
Die Eazy Awn Blade tent is mos egg shell tent soos gese word op sy dak kan jy nie n solar panel vas maak nie my canopy bo het geen plek meer nie die rtt het al die plek baies gevat met die kombuis en water tent en uitrek stelsel pas my 300 w solar panel nie agter in nie die 160 pas maar ek maak hom toe met twee komberse ja dis n slep maar sal met dit saam leef ek gaan wel nog n 110 deepcycle battery bykoop en hopelik sal dit help met dae wat jy staan vir so drie dae die snowmaster yskas kant stel ek op 2 grade en vrieskas kant minus 6 dit lyk vir my dis waar die sweet spot is groete almal
Laai terwyl ry
Hello Shaun
Ek dink jou stelsel gaan OK wees. Ten minste laai jou battery en werk jou koelkas solank die voertuig loop.
Geniet dit
wessel en ander
Wessel die 160 paneel werk goed maar as die son skaars is dan is dit maar n gesukkel en son mooi volg en hy vat baie spasie ek kyk vandag na opvoubare son panele wat jy so in n tas insit vir n 200 watt betaal jy tussen R6000- R11500 wat flippen baie geld is ek ook al geleer koedkoop koop is duur koop
Shaun panele
Middag Shaun
Ek het gou 'n som gemaak rondom jou 160 watt paneel. Dit werk so;
1]Kom ons sê ons het "donker", dus geen sonpaneel uitset tussen 18hoo en o8hoo, dit is 14ure sonder laai. Gestel jy trek 5 amp uit battery oor die 14 uur, dan het jy 70amp.hr gebruik.
2] Gestel die paneel is net effektief tussen o8h00 en 17h00, dus 'n stroom uitset van 7.6 amp uit 160watt paneel. Dit gee 'n totale laai inset tot die battery/stelsel van 68.4 amp.hr.
3] Dit is minder, of amper net genoeg om battery te herlaai. Intussen trek jy steeds stroom in die daglig om koelkaste te laat loop.
Ek vermoed jy gaan selfs met die beste sonskyndae, steeds oor aantal dae, stadigaan jou battery pap maak. Dit is nou as jy slegs op 160watt paneel alleen moet staatmaak. Met ander woorde jy trek oornag ongeveer 70amp.hr uit jou 110amp.hr battery, battery is dan minder as 50%.
Nog so 'n battery ingeskakel, gaan jou net langer oorleef tyd gee, maar gebaseer op my som het jy te min voema om gelyk te breek.
Ons almal[?] dink ons het son van o6h00 tot 18h00, maar dis nie heeltemal korrek nie. As dit dan nog bewolk is, is jou probleem net groter.
Wessel, mens moet in gedagte…
Wessel, mens moet in gedagte hou dat die yskas nie 24/7 loop nie.
Herman
Naand Herman
Jy is natuurlik heeltemal korrek. Al wat ek probeer oordra is die feit dat ons soms dinge fyn sny.
Hoewel die kaste nie konstant loop nie, vergeet ons ook soms dat gedurende die dag, waar die kaste meer gereeld stroom trek, dit ook voorsien moet word uit die paneel.
Ek verkies om ekstra kapasiteit beskikbaar te hê, juis omrede al die onsekerhede. Ek het laasjaar in Balule my kaste heeltemal afgeskakel in die aand. Wat ek ook oorweeg, is om dalk temperature te kies soos Shaun noem. Vrieskas op -6C en koelkas op +2C. My vrieskaste [2] is gestel op -15, wat dit sekerlik harder laat werk.





Spoggerig Shaun. Jy gaan die…
Spoggerig Shaun. Jy gaan die gebruik daarvan geniet.