Ek begin n nuwe draad soos julle weet het ek n pasie vir buite lewe en wou al van kleins af n 4x4 voertuig he want my pa my op baie trips gevat en dit het dit het vlam gevat in my. My Ranger se bak is nou gerubber rize het ook ordentelike seat covers op my bakkie se sitplekke gesit het ook my bakkie se snorkel gebestel die kry ek volgende week en ja more sit ek die Bushtech canopy op sal fotos plaas soos bakkie vorder lekke dag almal
Wow Shaun, jy is nou gerat…
Wow Shaun, jy is nou gerat om die bos aan te vat. ![]()
Baie nice, ek het die afgelope week gedink om vir my 'n son paneel te kry, die beurt krag het ons klaar gemaak by Klipdraai, maar om daai geld nou uit te haal so kort voor ons Australia trip klink vir my bietjie baie.
Die son paneel
Die son paneel 200w vou op soos n tas en word gebere in n sak sodra ek hom gekry het sal ek hom wys vir julle hy kos my R4200 en met paar ouens gesels wat hom gekoop het en hulle baie gelukkig nou nog net die laai rak en yskas , 270 awning volgende donderdag dan is ek reg soos n roer Wessel dit sou nice gewees het maar nee daai koffie maar self maak ![]()
Shaun sluit die prys die…
Shaun sluit die prys die controller in of nie, maw. kan jy die paneel koop en direk op jou batery koppel of hoe werk die gedoente?
Ek weet niks van die goed af nie.
Johann hy het n
Johann die opvou baar 200 w paneel het n controler op en dan sit jy op jou battery myne gaan ek afhaal sodra ek paneel het want hy gaan deur my Nasional Luna Groenbox 25 hardloop die box sit alles aan en af soos benodig tegnolegie hardloop vooruit
Dankie Shaun, dws R4200.00…
Dankie Shaun, dws R4200.00 verder sal ek geholpe wees![]()
Amper amper maar Eskom
My laai raak vir die bakkie agter amper klaar maar omrede daar so baie krag issues is in Johannesburg en omgewing is my laai raak nog so twee weke agter skudule kan nie wag dat raak klaar is nie saam met 270 grade awning kyk dan gaan ons lekke bos , see ,berge![]()
Custom Leisure Tech
Was gister in die noorde van pretoria en CLT het my 270 grade awning ingesit my Nasional Luna green krag boks ingesit asook my laaistelsel sal fotos oplaai en deel in kort nou is ons 100% reg vir Richtersveld , Weskus , Nambia , Verneukpan ens ens met die bakkie , ons Sprite swing is van voor tot agter nagegaan en gediens alles reg om te haak net klere en kos insit en ja n wyn of twee dan haak en sleep ons ek en Berdien hard gewerk vir dit wat kom mooi loop
Ons sal maar.....
.....wag vir daai fotos. Jy weet mos forumvriende glo eers nadat fotos geplaas is.
Shaun net soos Wessel daar…
Shaun net soos Wessel daar sê, as ons fotos sien sal ons glo![]()
Nou net wag vir daai permanente verlof, dan is die kaap hollands.![]()
Ons droom word waar
Shaun dit klink al te lekker, daai toer. Ons het einde Mei / Junie getoer Noord Kaap deur , af Weskus langs, Hermanus toe, Onrus woonwa park, en toe weer terug Gariep om Pretoria toe, maar met die padwa. Het die Augrabies in vloed gekry. Dit is n absolute belewenis, geen video of foto kan die werklikheid van die watermassa beskryf nie.
Chris du P
Middag Chris
Gee asb meer detail oor die oorde waar julle oorgebly het met julle toer deur die Noord Kaap en Weskus langs.
Ek oorweeg 'n blomme toer volgende jaar, en dan wil ek dalk sommer verder toer ook tot in Hermanus.
Dalk moet jy 'n nuwe gesprek begin, dan bly Shaun se gesprekslyn onbesoedeld.
Shaun versekering???
Middag Shaun
Seker omdat ek jou beny, dink ek baie aan jou en jou toegeruste trokkie. Hoe werk voertuigversekering;
1] ek aan vaar jy moet elke toegevoegde komponent bysit by die versekering, anders is dit nie gedek nie, hetsy vir 'n ongeluk of steel.
2] hoe werk dit in praktyk, die bakkie se waarde daal, maar die vervangingswaarde op die daktent, kappie, vlermuisvlerk, batterystelsels ens word net duurder. Hoe hanteer jou versekering dit.
3] Hoe gaan jy maak as jy jou trok wil vervang en die kappie pas nie meer op die nuwe nie. Moet jy net 'n nuwe kappie koop en al die ander goete word weer pasgemaak op/aan die nuwe kappie?
Uitgly laai raak
Ek is regtig in my noppies met by Custum Leisure Tech bou gehalde regtig goed pak laaie lekke diep en lank so genoeg pak plek vir klere ens hardloop op heavy duty bearings en reeling hier so paar fotos
Yskas en battery box
Yskas regtig netjies ingebou in die laai raak systeem en Nasional luna box soos julle sien netjies op sy plek en lekke vas kyk die ouens by Custum Leisure Tech mag maar die 62 liter Snowmaster yskap pas mooi in en die krag boks het twee sokkets vir twee yskaste en 4 punte vir cell fone ens te laai en laai sokket virrie ligte x3 wat reeds in canopy is
Plek vir ons stoele
Daar is nog baie plek wat weg gesteek is onder die Bushteck ammo kaste maar regs van die nasional luna kragboks is n vloer waar ek my stoele en opvou solar paneel bere so niks le rond nie
Water tenk ingebou en 270 bat awning
Die water tenk ook ingebou in box systeem maar prop soos per foto om vol te maak baie maklik bekombaar die bat awning maak 270 grade oop het bo klar silver seil sal later oop maak en foto neem so is n ou darem beskerm deur son en reen





Nou net gaan uittoets.
Hello Shaun
Jis man, jy is omtrent gerat vir die boendoes. Al wat nou kort is 'n goeie boswa
Ek lees dat daar selfs 'n watersuiweringssisteem ook ingebou word. Nou kort jy net Chris B se skaaltjie, of kan daai kappie met al sy goete sommer 'n polisiekoffie tap.