Ek begin n nuwe draad soos julle weet het ek n pasie vir buite lewe en wou al van kleins af n 4x4 voertuig he want my pa my op baie trips gevat en dit het dit het vlam gevat in my. My Ranger se bak is nou gerubber rize het ook ordentelike seat covers op my bakkie se sitplekke gesit het ook my bakkie se snorkel gebestel die kry ek volgende week en ja more sit ek die Bushtech canopy op sal fotos plaas soos bakkie vorder lekke dag almal
Battery of tipe laaistelsel
Naand Anton
Word die laai-metode nie oorwegend bepaal deur die laaistelsel nie? Ek is oortuig dat my stelsel, die stroom beheer na die battery, afhangende van die battery se volts [kapasiteit].
Die life Pro battery mag dalk meer robuust wees, wat toelaat dat groot strome tot op 14V hanteer kan word. Of jou laaistelsel dit gaan toelaat, is 'n ander vraag.
Tweedens, ek vermoed dat as jou vrieskas se inhoud reeds gevries is, gaan jy nie "wen" deur dit nog kouer te stel nie. Ek dink jy bedoel dat as die inhoud by -20C is, dit veel langer gaan neem om te ontdooi. Die hitte kapasiteit en spesifieke hitte van die inhoud bepaal hoeveel energie opgeneem of afgegee word om die temperatuur van die materiaal te verander. Dus hoe groter die temperatuur verandering, en afhangende van die isolasie, sal bepaal hoe lank dit gaan neem om van -20 tot byvoorbeeld -2C te verwarm.
Hoe warmer 'n kas gestel is, hoe minder energie en dus stroom word benodig om dit te bereik en te hou.
Wessel - ek moet noem dat…
Wessel - ek moet noem dat die laaier wat ek gebruik, en moontlik dieselfde tipe as wat Shaun het, ook die las hanteer. m.a.w die las (yskas en ligte ens) word nie direk aan die battery gekoppel nie, maar word deur die laaier beheer en is aan die laaier gekoppel - die laaier besluit dan hoeveel krag na die battery gaan en hoeveel na die las gaan - hetsy van die battery af of direk van die sonpaneel af. As jy ekstra krag het en bv. jou yskas laer kan stel vannaf -6 na -15 dan stoor jy indirek engergie in ys vorm - m.a.w jou uskas sal deur die nag langer kouer as -6 bly. Jy sal natuurlik die yskas weer terug moet stel tot op -6 voor jy gaan slaap. As hy dan teen slaaptyd op -15 is - gaan dit 'n hele rukkie neem voordat hy onder -6 ghrade kom en dan weer aanskakel.
Voortrekker
Môre vriend
Dit is nou baie insiggewend. Wel, ek aanvaar dat myne dan anders werk. My stelsel het stroommeters wat laai- en uitset-stroom toon, asook 'n LED-paneel wat die spanning vertoon oor 'n wye bereik.
Ek kan dus sien hoeveel stroom gebruik word, as 'n kas aanskakel, sien ek byvoorbeeld die 5amp. Dadelik wys die laai-meter dat daar ook 5 amp aan die battery gelewer word.
Ook opvallend is dat wanneer die panele gekoppel is, en jy skakel die laaistelsel aan, dit byvoorbeeld die volle beskikbare 16 amp wys. Afhangende van die batterye se spanning, sal die gemete stroom afneem totdat die battery ~14v is. Sodra die kaste stroom trek, word die laaistroom ooreenkomstig verhoog.
Indien die batterye ten volle gelaai is, en jy skakel die laaier aan, wys dit kortstondig die beskikbare 16amp. Binne 'n paar sekondes word die 16amp verminder na amper niks. So bly dit totdat die yskaste aanskakel, wat stroom trek, waarna die laaistroom[battery] ooreenkomstig verhoog.
Ek vermoed dat my stelsel dan anders werk as joune.
Ten minste stem ons saam dat mens die batterye baie kan spaar deur die vrieskaste gedurende die nag af te skakel. Ek het gevind dat my goed gevries bly, dalk omdat dit op -15C is, met afskakel.
Custom Leisure sure
My Ranger gaan die 30 September sy drawer system kry wat ek by Custom Leisure sure bestel he t asook hulle 2.3 m Maxi Shade 270 grade awning met die gaan daar lekke skaduwee en genoeg pakplek vir klere , gereedskap wees die 9 September gaan by bakkie ook na Bushtech toe vir sy eerste service en dan sit hulle vir my drie 12v LED ligte in by canopy wat wit of geel vertoon Het ook Victron se Smart Solar charge controller MPPT75/15 en Isolated DC/DC Charge controller bestel kry dit by woensdag volgende week sodra alles in is getoets somer by huis sal ek paar fotos opsit dan is ek reg vir lekke bos , see ,berge kamp
Nasional Luna
Ek het toe op die Nasional Luna green box 25 power box besluit hy het meer plek ports vir USB en kan ook 2 yskaste hanteer kry hom vrydag Iron Man gaan hom instaleer sodat n sertifikaat kry dat my waarborg op Ranger nie verval nie sodra ek alles gedoen het is ek reg vir bos , see ,berge kamp sal fotos plaas en dan wys vir julle
Net die beste
Daardie groen boks van NL is
. My begroting was egter ver te skraps daarvoor. Gaan jy ‘n sonpaneel ook kry?
Alles in plek
Julle gaan darem lekker toer met daardie voertuig!
Chris verseker maar
Verseker ek gaan self versorg wees al ding is ons gaan moet wag tot so Julie2023 dan behoort Berdien loop ring verweg te gegooi het en sy weer normaal
Die moeite werd
Al die goed wat mens byvoeg kos ‘n klomp geld, so dan moet mens dit gereeld benut. Julle wat naby uittree staan kan dit een van die dae doen, so dis die moeite werd. Ek moet nog kinders deur opvoeding kry en kan nie so baie weggaan nie. Ek begroot dus maar versigtig en probeer die goedkoopste opsie kry wat gaan werk.
Die enigste probleem as mens sulke goed aanskaf, is dat dit die jeuk van die agterent om te gaan uittoets vererger.
More 10H30 BUSHTECH
More oggend draai ek weer by BUSHTECH om canopy te diens , my 12 volt ligte in kappie in te sit asook n kas wat ingebou word in die regter kant agter waar mediese vooraad en water suiwer systeem gaan inkom sal fotos oplaai sodra dit gedoen is en dan volgende donderdag Custum Leisure Tech vir laai rak , 270 grade awning en yskas glyram dan is ons 100% reg vir boskamp
Laai rak
Môre Shaun
Ek raai die "laairak" is 'n dakrak, of is dit iets wat binne in die kappie monteer word.
Ket jy boekgehou van die toerusting wat jy aan jou bakkie aangebring het. Oorweeg dit om dit met ons te deel, ek is seker daar is baie belangstelling daarvoor.
Wat behels die diens van die kappie.?
Laai rak binne
Wessel die laai rak binne canopy waar jy klere / kos wat ookal bere sal fotos neem dan sal jy sien hoe alles in mekaar pas canopy se seel , stofseel skaniere en slotte word skoongemaak gedies en seker maak alles werk soos dit moet
Nasional Luna 25 Groen krag boks
Nog items wat lewe makliker maak die boxs het vier punte om selfone te laai asook twee yskaste krag te gee indien nodig in ons geval net die Snowmaster 62 l en selfone en paar 12v ligte ![]()
Koffie , wyn
N paar Stanley bekers duur maar deur en deur die moeite werd n exstra 20 liter water kan





Nog bietjie raad. Monitor…
Nog bietjie raad. Monitor jou sonkrag en laai krag. Die deep cycle en AGM batterye verlaag laai stroom teen die einde van die laai siklus en dan word baie minder stroom gebruik gedurende die laaste paar ure van laai voordat jou battery vol is. Wanneer jy in hierdie lae stroom siklusse is, is dit 'n goeie idee om jou vrieskaste kouer te stel en die oortollige krag in ys te stoor vir gedurende die nag. Ek het al baie gesien hoe my battery gedurende laaste siklusse min krag gebruik en die solar charger baie beskikbare krag weggooi... Ek hoop dit maak sin? Die Victron blue solar sal jou toelaat om hierdie dinge te monitor.
'n Ander opsie, eerder as om te belê in nog solar panele is om LifePo battery aan te skaf wat gemaklik tot 90% afloop , baie meer laai siklusse kan hanteer en die BONUS: Die LifePo's laai 100% totdat die battery vol is - m.a.w jou battery laai baie vinniger vol.