Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -2 hours ago

Ons droom word waar Ranger 2.2

Secunda
Submitted by Sleep nou on

Ek begin n nuwe draad soos julle weet het ek n pasie vir buite lewe en wou al van kleins af n 4x4 voertuig he want my pa my op baie trips gevat en dit het dit het vlam gevat in my. My Ranger se bak is nou gerubber rize het ook ordentelike seat covers op my bakkie se sitplekke gesit het ook my bakkie se  snorkel gebestel die kry ek volgende week en ja more sit ek die Bushtech canopy op sal fotos plaas soos bakkie vorder lekke dag almal 

Secunda

Sleep nou

Fri, 02/12/2022 - 15:59

Ek en Berdien is regtig gelukkig hoe alles uit gekom het versekering klaar ge update alles prakties  nou is daar 12 v krag , deepcycle battery via solar paneel 300 w of DC to DC yskas , water ,stoof eetgery ,borde stoof stoele pakplek tafel die het ons nou is dit net klere pak kos in sit is 1 of 5 wyn bottels en daar gaan ons so sal ons innie bos , see kamp so lank ons kan en dan soos genoem ons Sprite swing het voldiens gekry hy is gepak en ook reg vir kamp dankie vir julle almal se belangstelling en raad mooi loop

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 03/12/2022 - 08:54

Soos julle sien oppie draad en bladsy 5 waar nuuste fotos is is daar n klomp items bygesit op bakkie dak tent is in garage die moet ook op kom so ek gaan agv gewig wat bygekom het my onderstel verander en Iron man gaan dit vir my doen ook 2 ply bande verander na Genaral Grabbers gen 3 all terain maar dit sal eers volgende jaar gebeur  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/12/2022 - 09:29

Môre Shaun

...., sekerlik die trokkie se veringstelsel, en nie jou onderstel nie.laugh

Ek aanvaar jy gaan die veringstelsel effens verhard. Vertel tog vir ons jaloerse ouens wat jy beplan om te laat verander.

  

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 03/12/2022 - 13:13

Wessel jy is reg die trok se skokbrekers word vervang deur iron man asook bladvere die gaan my so om en by R35000 kos hy gaan bietjie harder ry maar dan is hy meer stabiel Tough dog se bally pan sit ek ook op 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/12/2022 - 14:52

Middag Shaun

Gaan jy sommer oorslaan na die paraboliese bladvere toe. Volgens internet lig dit die trokkie so 40mm, maar die harder ry op die lyf gebeur eers na 'n spesifieke gewig oorskry word. 

Dit klink vir my na die beter opsie, want dan gaan julle steeds gemaklik ry, onder normale gebruik, selfs met woonwa sleep. 

Vind bietjie uit daarna, voor jy te laat daarvan uitvind.

 

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 04/12/2022 - 13:46

Ek praat more met Iron man dan sal ek hoor wat se tipe bladvere is dit wat hulle insit kyk ek is super opgewonde en ook dankbaar

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 04/12/2022 - 15:14

Middag Shaun

Ek is nie so slim met die goed nie. Ek het sommer gister Tough Dog produkte op die internet opgesoek, en toe die inligting gekry.

Gaan lees bietjie daaroor, dis baie insiggewend. Dit klink of sommige verskaffers vooraf wil weet wat se gewig jy opgesit het, seker nou die kappie, die daktent, awning, vol watertenk ensovoorts. Daarvolgens beplan/ontwerp/besluit hulle watter "gewig spesifikasie" paraboliese vere ingesit moet word.

Ek vermoed die "Voetspore" trokkies se suspensie en vering is ook so verbeter om al daai gewig te dra, sonder dat die gat in die grond sleep.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 30/03/2023 - 12:38

Baie opgewondevolgende donderdag die 6 April vat ek die Ranger in dan gaan Iron Man vir my die elektriese gedeelde uitsort waar bakkie van voorste battery na agterste battery binne die nasional luna 25 groenboks laai terwyl ek ry en asook solar na luna groenboks jip dan is ek klaar en kan gaan kamp innie bos of waarook waar krag nie beskikbaar is nie sal dan volgende jaar bakkie se suspensie upgrade met Iron Man se stelsel 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/03/2023 - 13:03

Middag vriend

Jy moet nou ophou byvoeg en opgradeer aan jou trokkie. Ek dog volgens jou inset 2/12/22 dat al jou elektriese dinge uitgesorteer was.

Vat die ding, hak jou wa en begin kampeer. Ek raak skoon benoud dat jy nie by jou droom gaan uitkom nie. 

Lyk my jou prioriteit is eintlik om net met die trokkie boendoes toe te gaan.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/03/2023 - 14:15

... dit klink eerder vir my of Shaun net droom van sy droom. Dit raak nou tyd dat hy, soos jy sê, dat hy 'n slag haak en ry. Dit kan nie net by droom bly nie.wink

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 31/03/2023 - 07:44

Wessel toe ons by Iron Man was was hulle toe gewees hulle groot order gehad met Toyota so ja ek stem binnekort gaan ons alles toets ek sal fotos gooi vir bewys ek nou baie gelukkig 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 12:56

Middag Shaun

Ek kyk gisteraand Voetspore, en hoe die 1 Cruiser deur die betonblad trap. Johan se opmerking " ons vergeet hoe swaar is die Cruisers", het my laat dink;

As julle ouens nou julle 4x4 trokkies so toerus met kappie, tente, batterye, sonpanele blikoopmakers, watertenke, gasbottels ensovoorts, moet julle mos elk geval binne die GVM van die bakkie bly.

Die feit dat julle suspensie verander om die vragdra te vergemaklik, laat julle sekerlik nie toe om oor die GVM te gaan nie??

Het jy jou toegeruste, en gepakte trokkie geweeg??

 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 03/04/2023 - 10:33

As ek klaar is by Iron man gaan ek hom daar toets vir sy gewig sover glo is ek nog ok maar waar wat jy se

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 11/04/2023 - 13:36

Was laasweek donderdag toe by Iron Man 4x4 in Alberton en het toe vir Mic Van Zyl director van Ironman 4x4  Africa asook Christo ontmoet en hulle hands on en tegniese kennis regtig puik  die 12 volt systeem hardloop nou van die main battery van bakkie na agterste battery in die Nasional luna box die bedrading fuses wat hulle ingesit het is nie net hier jou net nie dis baie professional gedoen asook die volt meter is ingesit sal later fotos gooi yes

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 13/04/2023 - 07:43

Dankie Neef ek gaan hom geniet ons gaan vinnig vir 4 dae De voetpadkloof se boskamp alles toets en sien wat kort ek dalk baie opgewonde neef nou kan ek Noord Kaap , Richtersveld , Namaqua, Weskus , wynroete Namib doen met alles wat ek nodig het by my sonder om te sleep

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus