Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
rugby... Springbok rugby Wessel Strydom -2 hours ago
Benoud! Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Dankie Johann... November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -12 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -13 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -13 hours ago

Die Smalle se Krugerwildtuin toer Junie 2024

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

15 Jun Hopetown by aangetroude familie

16-17 Jun Potchefstroom by skoonouers 

18 Jun Sable dam skuiling (slaap in skuiling)

19-25 Jun Shingwedzi (kampeer teen heining)

26-29 Jun Tsendze (kampeer teen heining)

30 Jun Letaba (hut sonder geriewe)

1 Jul Potchefstroom by skoonouers 

2 Jul Victoria-Wes gastehuis 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 12/06/2024 - 06:41

Môre Chris, my kar se rat hefboom werk soos volg, normaal in D, dan druk jy die hefboom na links vir sport mode. Om laer te rat tik (trek) jy die hefboom na agter, vir hoër ratte na voor. (ek hou nie daarvan dat die ratkas in sport self besluit nie, dit vat te lank na my sin om op te rat)

Hoop ek maak sin.

As ek jou reg verstaan, is die Ranger anders om?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/06/2024 - 07:25

My trokkie is ook as volg;

1]beweeg hefboom na regs om handrat opsie te skakel. Dit skakel direk oor na 4de rat, wat dan hoogste rat is.

2] trek/tik hefboom na agter om laer rat te kies.

3] tik hefboom na voor om hoër rat te skakel.

Ek moet ook maar eers elke keer mooi kyk as ek dit handrat wil ry.

Ek het nogal geskrik, eerste dag van afgelope toer. Ek het die spoedbeheer op 105km/hr, en beweeg teen baie steil bult op. Die volgende oomblik verloor Grompie net krag en begin spoedverloor. Die rekenaar het net spoedbeheer afgeskakel want dit kon nie spoed handhaaf teen bult nie. Ek was vir 'n oomblik verward, tot ek besef het wat gebeur het. Die oomblik toe ekself begin diesel trap, begin alles natuurlik regkom, maar teen laer spoed in normale "Drive"  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 09:08

Sien, julle voertuie werk met dieselfde logika as my ou Everest en die Prado. Af is agtertoe en op is vorentoe. Die Ranger werk andersom, en dis hoekom ek gedink het ek gaan sukkel om ‘n lae genoeg rat te kies teen ‘n bergpas af. Nou dat ek weet ek moet vorentoe druk om af te rat is ek gemaklik. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/06/2024 - 12:25

...ek dink jy is verkeerdom.laugh Ek neem aan P in foto hierbo is aan paneelbord kant. Dan is afrat  vorentoe en oprat is na agter [weg van P]

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 13:25

Dis reg Wessel. Vorentoe is af en agtertoe is op. Die teenoorgestelde van die ander vier voertuie wat hier bespreek is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 12/06/2024 - 18:45

Ons gesin is geseënd met goeie gesondheid, maar ek het na werk ‘n klompie medisyne gaan koop. Hoofsaaklik griep goed. Ons het darem soos elke jaar inentings gehad, en het sover die erge griep wat party kinders hier in die hospitaal laat beland het vrygespring. Maar mens wil nie van Shingwedzi af Phalaborwa toe neuk omdat jy nie basiese medisyne het nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 12/06/2024 - 19:15

My vrou vat gewoonlik die hele Dischem saam....maar het al baie handig gewees en het ook al verskeie mede kampeerders kon help.  Al nadeel is, is dat as mens weer kyk het helfte weer verval. Maar dis goed wat jy doen....

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 12/06/2024 - 19:39

Dit is nogal "weird", mens dink mos anders om?

Chris
Dit is nogal snaaks, sou dink logika is vorentoe = op, en agter toe af? (My logika)

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 13/06/2024 - 19:34

Gelukkig besluit ek om na werk ‘n gasbottel wat ek onlangs laat volmaak het in die wa te sit. Toe ek dit koppel, toets ek eers om te kyk of die koppeling nie lek nie. Dit blaas soos ‘n pofadder langs wie jy getrap het. Om ‘n lang storie kort te maak, dit lek by die meganisme waarmee die klep oopgedraai word - nie by die koppeling nie. 
 

Die bottel kom al saam met my vir 27 jaar, en het rowwe paaie gery in ‘n vragmotor toe ek toere gelei het in Botswana, Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië en Kenia. Ek sal môre uitvind of hulle dit kan regmaak, maar ‘n spaar een saamvat om vol te maak ook. Ek sal liewers die spaar een (wat ek toevallig saam met die Kavango gekry het) in die wa sit. Ek is net bly ek het dit vandag agtergekom. 
 

Môre moet ek deur drie vergaderings sit en nog ‘n paar takies afhandel by die werk voor ek met mag en mening moet kom pak. Die plan is om Saterdag 05:00 op te staan en 07:00 te vertrek. Wel, dis my plan…

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/06/2024 - 21:06

....jy moet onthou, ons almal wil saam toer. Hou ons ophoogte van al julle wedevaringe en fotos is altyd welkom.

Veilig sleep

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 14/06/2024 - 22:15

Veilig sleep Wildehont. Ek hoop julle ry voorspoedig en het n onvergeetlike lekker vakansie en nice sightings in KNP. Sal draad dophou vir vertellinge en foto's 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 14/06/2024 - 22:42

Sewe slapies is verby, sewe stap laaier ook, nou nog net +/- 7 ure voordat julle in die pad val! Hoop julle het 'n veilige rit en dat die vakansie alles sal wees waarvoor julle wens. Geniet!!!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 15/06/2024 - 04:57

Gister was ‘n vreeslike besige dag. Ek het darem so 6,5 ure geslaap en gaan nou opstaan om die Ranger te pak. Dan die gesin wakker kry en sleep. Ons vakansie begin amper!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 15/06/2024 - 07:51

Daar is dit nou, eindlik het die trip begin, veilig ry en geniet elke oomblik.

Daai baterye gaan julle deur sienyes

Ons almal sien uit daana om so uit ons sitkammers saam te toer.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 15/06/2024 - 08:37

Veilige reis al die Smalle en mag die voorspoed julle verveel hoor. Nou kan ek ook sien wat in die wildtuin aangaan, ek was lank gelede eendag ook daar gewees en dink so laaang toer daar kan lekker wees. Geniet dit hoor. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 15/06/2024 - 12:07

... die Engen Truck Stop in Beaufort-Wes. Al baie daar volgemaak met diesel. Lekker verder ry.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus