![]()

Luister Saterdae om 18:00 tot 21:00 na “Om Die Kampvuur” met Noddy Naudè op Radio Wêreldwyd S. Ek gaan kampdinge, kampstories en ook maklike kamp resepte met julle deel. As julle enige stories, resepte en fotos met almal wil deel stuur vir my `n Whatsapp op “064 657 6296 “ of `n vonkpos by kampvuur@naudemail.co.za of deel dit op facebook op my Facebook groep. Onthou ons is n Internet RADIO STASIE, so luister aanlyn by www.kampforum.co.za/rww&…; of kliek die Radio Wêreldwyd "Luister Nou" skakel heel bo.
![]()
Hi Freda... Het jy ook ge…
Hi Freda... Het jy ook ge-shuffle....
Dis mos die selfde as stadig loop en vry![]()
Natuurlik het ek ge-shuffle…
Natuurlik het ek ge-shuffle. Ons meisiekinders het gewag vir die shuffle liedjies. Dan hou ons ons ewe kuis en wil nie hê dit moet lyk of ons vryerig is nie. Baie ordentlik!!
Gerhard, wie is Alice? Jou buurvrou? ![]()
Nou wat doen ek om vir Noddy…
Nou wat doen ek om vir Noddy te vra om "Hier kom die Bokke" te speel. Ons moet darem iets doen om hulle bietjie te boost vanaand. Hulle het dan so mooi gewen.
Freda jy moet met Noddy d.m…
Freda jy moet met Noddy d.m.v whatsapp gesels. Die nommer is hierbo
Ek kry dit dan nou nie reg…
Ek kry dit dan nou nie reg om hom op wattsup te kry nie? Vra hom gou, namens my asb Voories. Die tyd is amper verby...
Ok Met whatsapp moet jy…
Ok
Met whatsapp moet jy eers die kontak add by jou foon se kontaklys
Dankie, Voortrekker en NODDY…
Dankie, Voortrekker en NODDY. Dit was nou lekker!
Nog 'n shuffle liedjie. …
Nog 'n shuffle liedjie. Julle weet seker Gene Rockwell was 'n Baaienaar? So ons het ekstra lekker ge-shuffle op sy liedjies. En hy kon sulke lekker love-letters sing!
Nog 'n shuffle liedjie…
Nog 'n shuffle liedjie.
nee wat, nou mis julle my met 'n hele generasie ![]()
Voories, ons generasie (lees…
Voories, ons generasie (lees, ou mense) kan jou baie dinge leer wat jy nie geweet het nie.
Ons tannies was hot op ons dae.
Wat sê jy, Arie??
Ek is bly Noddy "cater" so mooi vir ons....
Ek en Noddy is nou ge-connect.
Dankie Noddy! …
Dankie Noddy!
Freda, bly julle het connect. Ek wil maar eerder nie weet wat julle aangevang het daai jare nie. ![]()
Dankie Noddy, ek het dit nou…
Dankie Noddy, ek het dit nou baie geniet.
Jou laaste liedjie..... Dit is wat ons sal doen vir ons maatjie, Segie. Segekok, mag jy heeltemal herstel en een van die dae weer perdfris wees. ![]()
Dankie julle, As dit nie vir…
Dankie julle, As dit nie vir sulke positiewe terugvoer nie, sou ek lankal opgehou het. vir my `n voorrg
Dankie aan almal. Ek wardeer…
Dankie aan almal. Ek wardeer dit opreg.
Daarshy. Vannaand ons…
Daarshy. Vannaand ons eerste inskakel op RWW ![]()
Noddy ek hoop jy het 'n lekker uitsending!![]()
Ek gaan sommer vannaand…
Ek gaan sommer vannaand bietjie wereldwyd saam met Noddy op my amper klaar gerestoreerde mobile PA luister.
Ek het die rail mount crossover asook die tops se amp binne en op die sub gemonteer, die kas aangepas vir 'n komoleet plug & play sisteem.







House of the rising sun
Weet julle hoe lekker het ek "ge-shuffle" op daai een in my jong dae. Sjoe, brings back memories.