6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -7 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -9 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -15 hours ago

Woonwa Battery

Middelburg. Mphumala
Submitted by Pieter Kotze on
Forums

Ek soek graag jul insette en raad.  My Jurgens Palma se battery is voor onder die regter bank geinstalleer. EK dink daaraan om die battery uit te haal en voor in die neuskas te installeer, vir twee redes. Dit sal makliker wees om die battery  meer gereeld te kan nagaan en dit sal my los met meer spasie onder die bank.

Nou wat my pla is, my aircon is ook voor in die neuskas geinstalleer en dit is hier waar ek julle slim manne se hulp nodig het, Ek weet dat dit goed warm kan word binne in die neuskas as die aircon aan is in die somer. Sal dit veilig wees om die battery daar te installeer binne in sy kas in die neuskas en sal die battery in die warmer temperatuur kan werk. Ek dink byvoorbeeld aan n motor battery wat ook maar naby die warm enjin is.  Julle raad en advies sal waardeer word.

 

Groete.

 

Pieter

Centurion

Voortrekker

Thu, 08/02/2018 - 15:15

Pieter, my mening is dat van hierdie batterye voor in 'n motor voertuig se enjin kajuit installeer word,  hulle sal dan seker die 'punch' van 'n aircon se hitte kan vat?    Ek weet ook batterye werk beter as hul warm is?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 08/02/2018 - 16:37

Pieter, ja ek glo ook nie dit sal 'n probleem wees nie.

Jy het seker 'n "cowling" voor die air-con om te help om die warm lug weg te blaas ?

0
Meyerton

Segekok

Thu, 08/02/2018 - 16:51

Gaan jy dan die "CHARGE" eenheid ook skuif ?  

Ek weet daar is mense wat hulle ligte vervang het met LED's en nou net n Alarm Bat. gebruik vir die ligte.    Dink BenA het dit ook gedoen. 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 18:45

Pieter, dit is nou ironies, ek wil weer my batery  wat voor op  die A-raam (in sy "housing" tussen die neus kas en die haak) na die  binne regtrr bank skuif langs die laaier. Dit is 'n 2005 Penta.

Dit sal vir my bietjie minder gewig op die haak gee.

Ek hou hierdie  draad dop, want  dit sal my ook help om 'n beter besluit te neem, dankie?

0
Centurion

Dusty

Thu, 08/02/2018 - 19:23

Pieter, ek het laas by kampworld n nuwe "cover" gekoop wat oor die a-raam pas wat n deksel het waar jy jou battery kan insit. Sal vir jou fotos neem en weer hier plaas. Het net n staal monteerstuk gemaak waar die battery in pas. Het ook myne van onder die bank na voor in die a-raam geskuif

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 20:01

Stoffel, my Penta het uit gekom met die cover om die A-raam, met die batery daarin. Glo nie ek het 'n foto daarvan nie.

Klink my, ek moet die batery los waar dit is.  Ophou krap waar dit nie jik nie.?

Wat my bekommer, is die feit dat my haak bo 90Kg is wat die wet toe laat?  

Pieter, jammer dat ek nou jou draad soort van kaap, maar voel nie ek moet nog 'n draad skep vir dit nie?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 20:23

Dit is juis waarom ek die batery na agter toe will skuif .

Ek hoop om so 5 Kg te wen as ek die batery so 1meter nader aan die as te skuif, of is ek te optimisties? 

0

Dusty ek het ook op n stadium gekyk na n ander "cover" met n deksel en het een bestel vir my 2010 Jurgens Palma by GC Geypsey in Witbank. Toe dit kom het dit nie gepas op my A- raam nie en wou toe n ander een laat bestel, toe hulle my meedeel jy kry nie n "cover" met deksel vir my karavaan nie. Ek het toe maar die ander een terug gegee.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/02/2018 - 21:09

My Exclusive se battery het in sy eie hokkie voor op die A-raam gesit wat ek meen die ideale posisie is.  Met die installering van my "mover" het die installeerder aanbeveel die battery moet so naby as moontlik aan die "mover" motors wees om kragverlies te voorkom.  Die "mover" battery is ook heelwat groter as die standaard karavaan-battery en myne is dus onder 'n bank, bo die agterste as.

My neuskas is my ideale plekkie (my "garage") waar ek alles en nog wat in stoor en daarom sien ek nie kans vir die lugversorger en nog 'n groot battery daarin nie.

So lyk myne.  Die bloue is die "mover" eenheid.  Ek het voor, onder die bank twee ventelasie-roosters gemonteer om darem lugsirkulasie moontlik te maak.

.

Die batterykas het ek ook vol gate geboor sodat die battery behoorlike lug-sirkulasie het.

.

0
Centurion

Dusty

Fri, 09/02/2018 - 05:57

Pieter, vir my was daar gelukkig een met 'n deksel.

Ons gaan nou vir my broer se karavaan een self bou. omrede die "cover" van veselglass gemaak is is dit maklik om een te bou. Dit is hoe myne lyk. sien fotos.

Johann, ek het my battery voor gesit en dit affekteer nie my gewig nie. Kry nogsteed my neusgewig in die omgewing van 80kg. Ek laai ook bittermin in die wa.

 

kas 1kas 2

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus