Watter avontuur/e beplan jy?
Waar wil jy heen wat wil jy doen saam wie en hoekom?
Avontuur
Dit klink baie lekker veral die weskus gedeelte, ek het amper 'n obsessie oor om na die weskus te gaan. Ek dink dis goed as 'n mens vooruit beplan maar 'n avontuur het ook meeste van die tyd so 'n onbeplande deel ook seker by of wat sê ek anders is dit net kamp as 'n mens alles weet of verwag.
Ek self doen graag die bergfiets ding en ek en my vriend probeer elke dag ry so 20 - 30 kms.
Nou die dag sê ek vir hom ek wil graag die Namakwa eko 4x4 roete gaan ry maar so kamp kamp met die vrouens. Nou die van julle wat die roete nagespeur het of ken sal weet dat dit in die Richtersveld omgewing is en dit vrek warm en baie droog is, ek het ook vir hom gesê ons moet die fietsry sommer kombineer en meeste van die roete deel 1 of deel 2 of die hele roete probeer aflê met die fietse oor so 2 weke periode en net die dele wat regtig moeilik is kan ons die fietse op die voertuie laai. Meeste van die roete is grondpad en daar is klipperige gedeeltes en los sand en rivierlope en loop parallel met die Oranje rivier en 'n mens kamp ook langs die Oranje. Jy moet as kampeerder heeltemal selfonderhoudend wees met alles wat jy wil eet en drink saamvat, jy kan darem elke dag swem en stort met rivier water en die dag afsluit met 'n lekker koue een van die yskas af of jou eie keuse en 'n lekker vuurtjie om die vleisie te "tan".
NA daardie "marteling" sal ek nog so 2 weke wil aftoer en visvang op die weskus by die stil dorpies soos hondeklipbaai ens. sommer net buite seisoen en kyk waar jy kom waar dit interessant lyk. Daar is baie te doen bv. 4x4 skeepswrak roete en robbe kyk en diamant toere en blommekyk en dors word ens.
Ek hoor jou
Richtersveld ook in my pyplyn maar eers later wil eers reg ge gear wees vir dit. Ja ons het soveel om te sien in hierrie land van ons
Avontuur
Ek stem heelhartig die semi woestyn ding dink ek sal 'n mens terugbring aarde toe en jou laat dink hoe 'n mens so mors met dinge wat mens sommer net aanvaar.. Ekdink die noord westelike deel van ons land is die mees ononderskatte area en kan baie meer geniet word maar ek dink ook dis goed so want dis waar mens kan stilte kry en 'n breinspoel kan kry.
Bokvir sports, kyk daai…
Bokvir sports, kyk daai Richtersveld kan onder 'n mens se vel nes maak. dit is nou wragties 'n plek waar mens jou Skepper in elke klippie, of bossie kan sien.
Een van die min plekke waar mens regtig weer jou baterye vol kan maak. die Nasionale park het ongelukig ook nou so bietjie begin komersieel raak, daar is nou selfs 'n ablusie in die een kamp. Vroeer jare het mens maar met 'n graaf toilet toe gegaan en in die rivier gewas, lekker verby!
Die manne soo oom Voorie wat so lief is om sterre te kyk, ek het nooit bessef daar is soveel miljoene sterre tot ek die eerste keer in die roichtersveld begin kamp het nie! Daar is geen kunsmatige ligte enigsins nabe nie dus is die sterre duidelik sigbaar.
Vroeer kon ons tot twee weke daar kamp en rondry sonder om ooit ander mense te sien, dit is absoluut hemels.
Hondeklipbaai het natuurlik ook sy eie bekoring, laas toe ons daar was het ons 'n pub lunch by die hondehok gaan eet. Dit is die local hotel daar, met die heel gepaste naam van Hondehok. Ek het daar ingestap en vir die vriendelike eienaar se vroutjie gevra of ons iets kon eet. Dadelik ja gese as ons tevred is om in die kroeg te eet, reg met ons, wat bedien hulle?
Sal sy my vertel omrede dit so stil is daar maak hulle net twee geregte ons kon kies tussen vis en chips of hulle uitstaande chip en vis! Ons neem toe maar een van elk, en dit was seker die lekerste vis wat ons in 'n lang tyd ge-eet het.
As mens in daai omgewing is moet jy ook nie die Springbok kafee misloop nie, daar kan jy maklik 'n halfdag spandeer om na die eienaar se klip versameling te kyk wat in die kafee uitgestal is. As jy so voel kan jy ook daar vir jou 4x4 'n plakker koop met die woorde "I Survived The Richterveld" Die eienaar reken vreeslik baie mense koop daai plakkers al het nie eers deur die Richtersveld gery nie.
Avontuur
Ek stem die area het 'n bekoring veral as gevolg van die stilte wat mens daar kan aanvaar.
Ek droom/beplan al 3 jaar aan my Namakwa roete en die fietsry het nou bygekom.
Sal seker binnekort gaan nie meer as 4 maande dan MOET ek dit doen. of net so na my werksprojelk wat omtrent 4 maande gaan duur.
Is daar niemand anders wat…
Is daar niemand anders wat droom oor 'n plekkie waarhern hy of sy wil gaan nie of iets wat jy graag wil doen.
Bokvirsport dis 'n moeilike…
Bokvirsport dis 'n moeilike een man. Elke dag is 'n avontuur, veral met die klein seuntjies (-;
Ek het een - wil graag volgende jaar saam met die Pretoria Astronomy Association vir 'n week in die karoo gaan kamp opslaan en die heelal bekyk en foto"s neem.
Ek droom...........
Ek droom dat twee dinge moet gebeur : eerste is Februarie-maand moet aanbreek en dan tweedens, Meimaand moet dan daarna aanbreek.
Ag nee, Len
Ek het nou net op die koffiedraad gekla oor die weke wat so vinnig verbyvlieg. En kyk nou net hoe wens jy jou lewe om.![]()
Gaan jy nie nog voor Februarie so bietjie iewers kamp nie? Daar is sulke mooi plekke rondom die Kaap.
Om darem by Bokvirsports se onderwerp ook te hou, ongelukkig geen avonture wat vir ons voorlê nie. Ons gaan 'n maand kamp by Van Stadens vanaf middel Oktober en begin dink aan plekke vroeg in die nuwe jaar, maar kan nog nie besluit. Ons toer nie meer ver van die huis af nie.
“Katiba” is gebou en word…
“Katiba” is gebou en word nog aangepas vir ons Namaqua 4x4 roete. Die beplanning is om dit iewers in Maart of April 2018 te gaan doen. Ons wil albei die gedeeltes doen.
Voor ons daarby uit kom is daar nog n paar kampe wat moet gebeur om seker te maak dat als reg is. Eerste is “ Oppi Plaas” in Oktober. Wil graag gaan kyk wat se vordering word daar gemaak met die kamp plek.
Dan is daar November die Mozambique uitstappie in Bilene en vroeg in 2018 die uitstapie na Swaziland.
Ek dink dit is genoeg om ons in die beplanningsfase te hou vir ’n rukkie.
Segekok, jy het omtrent 'n…
Segekok, jy het omtrent 'n klomp avonture om na uit te sien!! Genoeg om mens jaloers te maak. Lekker man!
Freda mens leef net een maal…
Freda mens leef net een maal. Ek wil graag soveel as moontlik uit die lewe kry, ![]()
Om in gauteng te bly is elke…
Om in gauteng te bly is elke dag ' "avontuur" ?
Naby Sutherland is vrek mooi dis ook op my doen lysie. Ek weet ook van 'n sterrewag naby harties/magalies, waar daar ook 'n oulike sterretoer gehou word my seun was daar en het dit baie geniet.
Ag nee sies ? Len ' mens…
Ag nee sies ? Len ' mens wens nie sy lewe so om nie, dis lekker in die weskaap man dan wens jy net vir 30 use in 'n dag.
Die bek moet jêm kry sê ek…
Die bek moet jêm kry sê ek mos dis nou 'n man met 'n plan en hy werk daaraan. Stuur bietjie fotos van Katiba anders dink dje mense dis loutere onsin, maak ons bietjie jaloers
Bokvirsport (s)... daar is…
Bokvirsport (s)... daar is fotos in die artiekel gedeelte... ( die bou van Katiba) http://www.blad.kampforu…
So kamp ons Off Gridd http://www.blad.kampforu…
Oppi Plaas http://www.blad.kampforu…





Avontuur
Bokvirsports volgende Februarie gaan ek Berdien vat vir haar eerste boskamp by De Voedpadkloof se boskamp ons gaan daar kamp en sien of ons (sy) nog iets kort om dit te doen omrede ons n weskus toer beplan en seker maak n ou is reg. As jou vrou lekke kamp kamp almal lekke en ja dit gaan n toer / avontuur op sy eie wees