Ek begin hierdie nuwe draad aangesien ons die Saamtrek vasgemaak het.
Volg die "Oorspronklike Eerste Saamtrek draad hier"

Ek dink dit is 'n briljante…
saambraai Saterdagaand
Ek dink dit is 'n briljante idee!
En ... As hulle registreer op kampforum, dan is hulle sommer offisieel deel van die saamtrek en kan 'n magneet / plakker kry?
Fugly Lyfie Johann en Scruffy...
Gisteraand vra George en Anetjie of hulle mag saambraai Saterdagaand. Ek se toe ek sal by die ander saamtrekkers en veral vir Voorie toesteming vra.
Wat se julle?
Die regte outjie om te vra is Johann... Hy braai die 50 draagtende merino's
Moerse dankie vir Fugly.... Scruffy en Fugly.....
Wens ek kon vir hulle kindertjies sien.... Scruffy's se enigste en laaste klomp kindertjies (6 van hulle.. EEK) was saam Lelik wat laangaan bly.....
Shame, ek't so jammer vir lelik gevoel... Hy's so lelik hy moet tenminste een keer bietjie luck he....
Arie: - het lyfie (2) nooit by jou uitgekom virri laaaaak soen?
KLEIN SCRUFFIES
Nee nog nie, ok maar goed ek…
Nee nog nie, ok maar goed ek is baie particular wie ek soen!
Arie, ek wil nie hoor van…
Arie, ek wil nie hoor van huismoles na die saamtrek nie. Al die vrouens in nie so bereid soos jou goeie, liewe Petra om hul mans met die Lyfies te deel nie. Hou jou nou asseblief in daai naweek.![]()
Sit asb vir George en…
Sit asb vir George en Annetjie ook op die lys hulle staan op staanplek no 16.
Ons vier het gaan cocktails drink by die Vultures View Pub, ook bekend as die kroeg met die mooiste uitsig in SA. Daar is goeie ontvangs en ook sommer WiFi, ek het daar vir oom George gehelp om te registreer, hy is onder sy eie naam George geregistreer.
Welkom hier op die forum George en ook sommer welkom by die saamtrek, julle sal dit geniet.
Die ander ouens is darem nie so stil, terugetrokke, skaam en droog soos ek nie.
Ek verstaan Johann sal 'n ekstra [dus nou 51] dragtige skaap ooi saambring sodat jy en Annetjie ook kan saam eet.
Kyk, nou raak-raak dit aan…
Kyk, nou raak-raak dit aan my gatsak, nog een dragtige marino ooi, en dis klaar.?
Baie welkom hier tussen die klomp Georgr en Annetjie, hoop regtig julle gesêls lekker saam.
Verskoon maar die gespottery, ek gaan julle almal veras en geen vleis saam bring nie, ek is van volgende week Vrydag 'n vegatarier, hoes daai woord.
Freda, hier sal mos nog…
Freda, hier sal mos nog nooit huismoles kom nie, hoekom sal 'n vrou nou omgee as haar man so bietjie rondloer.
Daai jaloers storietjie is 'n lelike ding mens moet dit diep agter in jou spens wegbere en nooit uithaal nie. As mens genoeg selfvertroue het dan WEET jy mos jou man of vrou gaan jou mos nie verneuk nie.
As 'n man of vrou elke aand Kaviaar met kreef en sjampanje by die huis kan eet hoekom sal hy/sy dan nou gaan rondsnuffel en 'n stukkie taai fillet gaan eet, maak mos geen sin nie?
Maar as hy/sy by die huis taai fillet kry kan jy mos nie kwaad raak as hy/sy vir kaviaar gaan soek nie.
Maar om net so bietjie rond te loer en so liggies flirt is mos net lekker fun, hoekom sal mens nou daar oor moles wil staan en maak.
Ek is baie trots as 'n man by Petra flirt, wys dat ek darem goeie smaak het, en ek weet sy sal nooit vir 'n ander ou val nie. As sy sou val sal niks baklei van my kant af enige verskil maak nie, dan moet ek maar aanvaar dat die beste man gewen het?
Neee nee neee...
Nee oom Arie. Ek stem nie hier so mooi saam oom nie... Ek hou glad nie daarvan as my man rondkyk nie... As hy dit wil doen moes hy mos maar eerder nie getrou het nie. Dis maar net my opinie. Each for their own. Ps:no hard feelings. Still love you lots.
Kyk om in die dorp die MENU…
Kyk om in die dorp die MENU te lees is mos nou nie n probleem as mens by die huis gaan eet nie......
He-he, Segekok, my man het…
He-he, Segekok, my man het ook altyd gesê, bou 'n aptyt op maar eet by die huis. Lolla, Arie trek net ons been, hy weet hoe om mens se siel uit te trek!
Maar kyk, hy kan darem 'n mooi beskrywing gee van die visioene wat hy sien. Ek dink hy het sy roeping gemis. Hy moes eintlik 'n skrywer geword het..........
Mud Wrestling by Mabalingwe
Ek hoor die Mnr. Boepens kompetisie gaan nou 'n "modder worstel" kompetsie word.
(nee, nie modder WORTEL nie!)
Bruin sorry Gryswater, mag…
Bruin sorry Gryswater, mag ek voorstel dat die dametjies wat aan die wet T shirt kompetiesie gaan deelneem sommer daarna vir ons n mud wrestling show doen?
Tradisioneel is dit n dames sport, werk nie vir mans nie, organiseerders is bang die deelnemers wys dalk waar Dawid die wortel begrawe het.
Ek sekondeer oom Arie se…
Ek sekondeer oom Arie se voorstel en hoop almal stem ten gunste daarvan op die AGM!
Dis DEM onregverdig
Ek't nie boep nie....
Het nog nie six-pack nie..
Still got an eight-pack.....
Kanni saam deelneem inni nat T shirt - Modder wortel event nie....
Ek wil klag insit...
Ag oom kan dit doen, jy mag…
Ag oom kan dit doen, jy mag aan die mud wrestling kompetiesie deelneem as jy belowe om 'n tutu aan te trek, jy kan teen Scruffie stoei!
Ek dra tutu as Hessie Leeu-loop in leer hot pants..
Die selde een wat ek aangebied vir Hessie se Leeu-loop...





Ek wens ek kon vir lyfie…
Ek wens ek kon vir lyfie opspoor, dan kon sy in haar bikini hier paradeer!
Wat van n mis wet T shirt kompetiesie om die boenpens ding te balanseer?
Julle wat my ken weet natuurlik dat niemand n kans staan teen my boepens nie, dit is nou volgens Petra!