Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -3 hours ago

So kamp ons off grid.

Meyerton
Submitted by Segekok on Mon, 03/04/2017 - 21:29

Hier is so n paar fotos van ons kampgoed as ons van die pad af gaan.

Klaar gelaai.

Seker die selfde aerodinamika as n toe moterhuis maar dit pla nie .  Aan die linkerkant kan die ronde pyp tiepe houer gesien word waarin die pale van n 6m X 6m afdak gehou word.Die afdak self is van die reflective silverseil material gemaak. Aan die regterkant is die graaf, leer en dan ook die afdak van so 3m X2m wat die kombuis vorm.

Onder die daktent is n water tenk (50l). Die 2 krane wat regs agter gesien kan word is n koue water en warm water.  Drukking word voorsien deur n 12v "in-line" pomp. Die water word verhit met n 5.5l/min gas geyser. Die stort kan dierek aan die krane gekoppel word. Ons maak gebruik van n los staande stort hokkie. Links van die water tenk kan die flappie gesien word waar daar n los tafel en die kamp stoele in pas.

Regs agter kan ook n 220v sok gesien word vir 220v as ons by n  plek is waar daar krag is.

Net langs die krane is daar 12v krag punte waarby ek krag kry vir die ligte bo in die tent. Ligte vir die kombuis is LED's wat in die bakkie is en wat genoeg lig gee by die stoof.

Kamp

Hier is n foto van hoe dit lyk.  Die afdak langs die bakkie, die kombuis, het kant panele sodat dit ook as n vol tent gebruik kan word.

Die eerste keer wat ek met die daktent gaan kamp het het ek sleg natgereen.  Het baie geleer en dit sal nie weer gebeur nie.  Die 6mX6m afdak kan ook so opgeslaan word dat dit bo oor die daktent en bakkie gaan en dit dus droog is.

In die bak is daar ook n krat en laai systeem waarin die ander losgoed gepak word.  Ek gebruik n ou 3 way yskas wat ek in die bakkie laai vir die koud hou van die bier en vleis.

Die lekkerste van als....  ek  het dit self gebou.

 

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 04/04/2017 - 06:23

Jinne Segekok, ek het nou 'n hele ander dunk van jou !  Pragtig man, wel gedaan !

As dit nou 'n Ford was, het ek gesê die trapleer hier aan die kant laat my dink aan 'n Telkom-trok !

Op die foto, is dit nou mevrou Seg-ek-ok ?  Moet sê, sy lyk heel tevrede met jou handewerk !

Segekok dis n baie mooi setup wat jy het .Wil net vra is dit jou permanente kamp voertuig of gebruik jy hom elke dag .Ek het al baie gewonder oor as n mens daai hele agter bak gedeelte kan afhaak of as daar 4 pote is vir die bak om op te staan dan kan n mens tenminste die voertuig gebruik om rond te ry .Ek sien oorsee is daar van die manne wat amper soos n trailer opset het met n 5th wheel agter op die bakkie .By jou kamp plek gekom haak jy die wa af en het sodoende n ry ding vir wild besigtinging .

Dit is nou smart. Baie dankie dat jy met ons gedfeel het. Ek is skoon jaloers op jou lekker opset.

Meyerton

Segekok

Wed, 05/04/2017 - 14:15

 

Dassie dankie vir die Kompliment.

@ Dassie dit is my elkedag voertuig.  Om die Canopy af te haa vat net 4 #13 boutjies wn dan trek hy in die geradge dak op. Alles is aan die Canopy vas en as hy af is is die bakkie weer standard. Ek is tans besig met n nuwe ontwerp wat kan afhaal met pote maar kry nie nou tyd om daar aan te werk nie.

Dit is nie my eenigste kamp metode nie. Soms sleep ons die Sprite Super Sport, soms net met die trailer en gewone tent en soms met die manier.   Hang als af van wat ons met die kamp wil doen. KNP toe sal die nie werk nie. maar as ons die overland ding doen is dit die beste.

 

Servaas dankie vir die kompliment

Secunda

Sleep nou

Sun, 23/07/2017 - 20:01

Puik Segekok dankie vir deel sou jy die sien bel my asb by 0646586812 Groete Sleep Nou (Shaun)

Secunda

Sleep nou

Mon, 31/07/2017 - 11:18

Thanks Deon (Segekok) waardeur jou raad en ja hoop om jou en ander lede eendag raak te kamp

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/08/2017 - 17:15

Dankie Deon.  Ek kon gister die bakkie se canopy / kamp setup sien.  Dis sommer baie oulik wat jy daar self gemaak het!  

Jy is 'n man wat sommer self 'n ding uitdink en inmekaar sit.  As ons weer saam kamp, dan kom kyk jy my kamp kas, want lyk my ons het dieselfde bou styl wink

Secunda

Sleep nou

Tue, 12/12/2017 - 08:07

Thanks Deon lekke om met jou te kon gesels en dankie vir die raad en kennis wat jy deel met my mag ons mekaar raak kamp waar daar net bos is

Secunda

Sleep nou

Sun, 18/02/2018 - 21:07

Deon en vrinne ek die naweek weer gesien jy kan n 4x4 voertuig he wat n milj kos of een wat jou R100000 kos as jy nie jou voertuig ken nie kan jy ook vas gaan sit al lewer hy 140kw en 500 nm die punt wat ek wil maak is ken jou voertuig en moenie neerkyk op n ou se 1988 voertuig nie, net dalk gaan daai ou jou moet uithelp in jou verknorsing