Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
bedonner
Sit ek nou en dink . . . .
Erens is daar ‘n verneuk spul aan die gang!
Van Vereeniging tot Johannesburg = 85 Km
Van Johannesburg tot Vereeniging = 85 Km
&
Vanaf die grond vloer tot bo, = 2 vloere,
Vanaf die boonste vloer tot onder = 2 vloere,
MAAR. . . .
Van Maandag tot Vrydag = 5 dae,
&
Vrydag tot Maandag = 2 DAE???
Ons word bedonner!!!!!!!!!!
Ja, maar julle vergeet,…
Ja, maar julle vergeet, naweke word in sjina gemaak![]()
put on your smiley
Today a man knocked on my door and asked for a small donation for the local swimming pool, so I gave him a glass of water.
- I changed my password to "incorrect" so whenever I forget it the computer will remind me with, "Your password is incorrect."
- Artificial intelligence is no match for natural stupidity.
- I'm a great multi-tasker—I can waste time, be unproductive, and procrastinate all at once.
- If you can smile when things go wrong, you have someone in mind to blame.
- Never tell your problems to anyone, because 20 percent don't care and the other 80 percent are glad you have them.
- Doesn't expecting the unexpected mean that the unexpected is actually expected?
- Take my advice - I'm not using it.
- I hate it when people use big words just to make themselves sound perspicacious.
- Television may insult your intelligence, but nothing rubs it in like a computer.
- I bought a vacuum cleaner six months ago and so far all it's been doing is gathering dust.
- Every time someone comes up with a foolproof solution, along comes a more- talented fool.
- I'll bet you $4,567 you can't guess how much I owe my bookie.
- Behind every great man is a woman rolling her eyes.
- If you keep your feet firmly on the ground, you'll have trouble putting on your pants.
- A computer once beat me at chess, but it was no match for me at kick boxing.
- Ever stop to think and forget to start again?
- When I married Mr. Right, I had no idea his first name was Always.
- My wife got 8 out of 10 on her driver's test—the other two guys managed to jump out of her way.
- There may be no excuse for laziness, but I'm still looking.
- Give me ambiguity or give me something else.
- He who laughs last thinks slowest.
- Is it wrong that only one company makes the game Monopoly?
- Women sometimes make fools of men, but most guys are the do-it-yourself type.
- I was going to give him a nasty look, but he already had one.
- Change is inevitable, except from a vending machine.
- The grass may be greener on the other side but at least you don't have to mow it.
- I like long walks, especially when they're taken by people who annoy me.
- I was going to wear my camouflage shirt today, but I couldn't find it.
- Sometimes I wake up grumpy; other times I let him sleep.
- If tomatoes are technically a fruit, is ketchup a smoothie?
- Money is the root of all wealth.
- No matter how much you push the envelope, it'll still be stationery.
A Doctor was addressing a…
A Doctor was addressing a large audience.
"The material we put into our stomachs is enough to have killed most of
us sitting here, years ago.
Red meat is awful. Soft drinks corrode your stomach lining. Chinese food
is loaded with MSG.
High fat diets can be disastrous, and none of us realise the long-term
harm caused by the germs in our drinking water.
But there is one thing that is the most dangerous of all. Can anyone
here tell me what food it is that causes the most grief and suffering
for years after eating it?"
After several seconds of quiet, a 75-year-old man in the front row
raised his hand, and softly said, "Is it Wedding Cake?"
I told my suitcases we can't…
DIE PIEPIE SOOS N MAN CHALLENGE
Kry nie die youtube video nie ![]()
Van fb gekry ...
Kamp en die Elektriektandeborsel:
Omtrent so 2 jaar gelede kry ek 'n tandpyn dat ek nie weet of dit Dingaansdag of Dinsdag is nie. Ek is banger vir 'n tandarts as ir my skoonma, so dis vrekbang!. Ek sê toe ook sommer dadelik met die intrapslag vir die tanneseun: jy maak nie vir tannie seer nie, gehoor? Die vreeslike pyn was toe net tandvleis-ontsteking en hy behandel die storie en stel voor ek moet 'n nuwe ordentlike tandeborsel kry. So gesê so gedaan. Ek land in Clicks op en daar staan ek voor rye en rye tandeborsels. Pienkes, bloues groot koppies, klein koppies, en toe sien ek MY outjie raak. Ek is 'n vrou met 'n paar groot voorarms, so ek het 'n ordentlike ding nodig. Ek vat toe die fris outjie raak en toets hom so in die hand, voel hy gaan lekker vasvat. Kry amper 'n aorta aanval toe ek vir die ding moes betaal. Ek draai hom ook sommer dadelik in die rondte om die goud op die ding te soek, so duur is hy. Maar ek hou maar my bek, betaal en gaan. So borsel ek te lekker met my nuwe fênsie borsel met sy lekker vasvat steel. Die naweek kom nader en ons pak vir Karvaantjie vir so ‘n ontspannigheidtjie langs die water. Ons kampers weet mos mens neem mos maar partykeer so effens te veel alkoholiese verversings in. Moet die lekker ontspanne atmosfeer wees. Na die braaivleisvuur tot as geslaan is, en die leë wynottels soos nuttelose kruike hulle lê loop kry het in die asblik, sê Pappa knipogend dis nou kateltyd. Al giggelende soos dogtertjies, probeer ons maar so waardig moontlik die pad na die karvaantjie te kry sonder om te veel na links of regs oor te kantel. Ek vat my fris tandeborsel vas om my paar tande (hulle laat dink my aan sterre, hulle blink miskien nie so nie, maar is so ver uitmekaar!) te reinig. Ek borsel dat die skuimbolle so staan, net soos die tandeseun my beduie het. Dis toe dat ek die allervreeslikste dreuning in my kop voel, so met die tandeborsel in my mond. Ek skrik my nugter. Is dit nou hoe dit voel om 'n beroerte te kry? Ek het hoeka bloeddruk probleme. Ek staan doodstil en die dreuning is weg. Ek borsel maar weer, net om toe op my kniëe te beland met die volgende onaardste gedreun in my kop. Die tandeborsel eindig in die hoek van die wa. En ek bid baie hard. Want ek kan nie nou al kadooi nie. Wat van al die honde, hoenders, wilde voëltjies, skilpaaie, koi-visse, boemelaars en my man en kind? Die dreuning in my kop is weg, maar in my ore bly dit brrrrr. Dis toe dat ek die tandeborsel al vibreerende in die hoek van die wa sien lê en in die rondte tol . Manlief vra so half vakerig wat vat ek so lank, en ek moet asb net die bleddie brommer wat so raas met Doom bykom voor ek kom slaap. Ek gryp daai tandeborsel en gaan soek my bril. Onder daai ding se pens is 'n knoppie en elke keer as mens se vinger op die knoppie druk vibreer die ding. Dis toe al die tyd 'n damn battery operated ding wat ek met my wynlyf ontdek het! Kan jy nou dit oorvertel! Die bleddie ding is elektriek, seg ek vir die mangoed, maar met die snorkgeluide uit daai katel se rigting, weet ek, hy het vrede met my ontdekking!
DIE LEKKERSTE POEP OOIT! “Jy…
DIE LEKKERSTE POEP OOIT!
“Jy sal moet gaan vir in kolonoskopie-scan,” sê die dokter terwyl hy drie bottels verf aan my oorhandig. “Drink Maandag soos voorgeskryf en meld Dinsdagoggend halfnege aan vir die prosedure. O, en geen vaste kos in dié tyd nie.”
Nege-uur sluk ek die eerste dosis verf. Nogal nie onaardig nie. So lemoensmaak. Ek wil net gin bygooi, maar Pa swaai sy voorvinger dreigend voor my neus. “Niks vir jou vandag nie!” Hier teen halftien voel ek die eerste draai en laat waai vir die troon. Maak die ketels oop. “Goeie skoonmaak,” dink ek by myself. Maar toe begin die resies na die troon. As ek net by die deur uit is, kom die noodsein en moet ek maak vir die troon! Eenuur moet ek die sement drink. Maar in plaas van toepleister, skaaf hy net die wande skoon. Drie-uur is dit weer lemoenverf. Nou oorval totale uitputting my. Ek smag na koffie en beskuit. Agtuur is dit tyd vir die botteltjie wat lyk soos chloroform, maar my nie uitsit nie… nee, dit raak ontslae van die bietjie wat nog oor is.
Doodmoeg en doodbang meld ek by die slagveld aan. Rondom my sit daar vyf ander beangstes sonder glimlag. Die personeel probeer hulle bes om die klompie te laat ontspan. Maar ‘n hospitaal is doodgewoon nie ‘n ontspanningslokaal nie! In die wagtyd moet ek drie keer weer vinnig kamerverlaat.
Uiteindelik word my naam uitgeroep. In ‘n klein hokkie vra ‘n vriendelike nirs (of is dit ‘n dokter?) my om alles uit te trek. Net my masker moet opbly…! In die hokkie hang so lelike bruin tent wat ek moet aantrek. “Kan ek nie ‘n pienke of bloue kry nie,” vra ek. “Mevrou,” sê die Nirs, “Sal jy die pienke was as ek die pyp uittrek?” Toe trek ek maar die bruine aan.
In die ateljee wag die masjien wat die foto’s neem. “Ek het nie vanoggend gegrimeer nie. Was te moeg,” sê ek. “Kan julle bietjie photoshop?”
Voor my is so halwe enkelbedjie waarop en my enorme liggaam moet neersit. “Draai nou op jou regtersytjie,” praat die Nirsie so mooi met my. “Ek gaan nou ‘n pypie indruk met ‘n ballonnetjie vooraan. Dan gaan ek dit oppomp. Dis effens ongemaklik. Maar ontspan gerus.”
Die pypie is goed geghries en gaan seepglad by die exhaust in. Toe begin sy pomp. In my maag voel ek die eerste kriewels, soos die eerste skoppie van ‘n nuwe baba. Maar baie vinnig vorder ek van vier maande tot nege-maande. Toe ek tot 2 bar opgepomp is, vra Nirsie: “Hoe voel jy? “Nege-maande swanger en in kraam,” antwoord ek. “Knyp nog so bietjie. Nog net so 20 pompies,” sê Nirsie. Ek kry dé-jà-vu van my kraamgeboortes. Daar waar die dokter sê : “Moenie druk nie!” terwyl die baba wil uitval! “Nirs, as jy verder pomp, gaan jy in die spervuur staan. ‘n Poephol kan ook net soveel knyp.” Die nirs is versigtig. “Nou draai op jou maag en sit jou hande bo jou kop, dan begin ons die proses,” probeer sy baie mooi en kalm. Met my volle gewig op die voltydse baba, wil die valve nie meer nie. So saggies en onhoorbaar glip daar van die wind uit. Nou in die tonnel in. “Take a deep breath. Hold it!” My fok! Waar moet nog lug heen gaan? Ek is reeds tot barstens toe vol wind! Na ‘n paar “Take a deep breath. Hold it!”s is dit tyd vir die jodium.
Net daar gaan ek in menopause in – nog voor ek gekraam het! Die warm gloed begin by my gesig en versprei regoor my lyf – met ‘n masker op! In my mond is die frank smaak van ‘n Weegskaal-vrou wat die vorige aand te veel wyn gesuip het. En toe, toe is dit verby.
“Nou net die pypie uittrek. Eers die ballon afblaas,” sê die wonderlikste Nirs. “Nirs, ek sê sommer noual dankie, want as jy klaar is, is ek weg. Bring maar my goetertjies na die aantrrekkamer toe.”
En toe blaas sy die rugbybal af en trek die hosepipe uit! En ek laat waai na die kleinhuisie.
Met die neesitslag vind die aardbewing plaas wat 7 op die Richterskaal meet. Die mure gaan aan’t skud, die pype raas, die masjiene ratlle en die personeel klou vir hulle lewe aan die deure vas. In die wagkamer begin die verhoorafwagtendes se tande klapper. Mettertyd neem die aardbewing af met net ‘n paar naskokke. In die hospitaaltoilet spoel 500kg skulpvis se jodium weg.
Toe trek ek aan. In die ateljee staan die Nirs- steeds spierwit. “Dit was ‘n dogtertjie,” sê ek en loop Pa tegemoet. “Kom ons gaan huis toe dan vertel ek jou alles,” sê ek. Oppad na die kar, los ek nog drie bomskote. Die eerste laat die karwagte plat op hulle maag val. Met die tweede loer die hospitaalpersoneel deur die vensters en met die derde hoor ons die sirenes van die polisie naderkom.
Ons klim in die kar. “Dit was nou die lekkerste poep ooit, “ sê ek vir Pa.
Nowhere to hide
Time for a runner goe to go for his exercises in the park.
Being nogal wealthy puts on his Le Coc tracksuit / Nike takkies / secret socks / phone / white earplugs / wallet and runs off out his house to the park.
While running along by the trees he comes across a fella hugging a thinnish tree with his ear against the tree.
At first he runs past then get’s curious as to why the fella’s hugging the tree and goes back.
So he asks him “Why are you hugging this tree”?
The guy answers, “I’m listening to the music of the tree”
So the runner says “You’re kidding”!
“Nope” says the guy, “Every tree has its own music, you just have to listen very carefully.... Want to try”? he asks
Nothing to loose, the runner puts his arms around the tree and his ear against the tree-trunk and tries to hear the music of the tree....
MEANWHILE The guy shifts round to the back of the tree and slaps a pair of handcuffs on the runner, who did not notice................. And robs him kaal.......... Le Coc tracksuit / Nike takkies / secret socks / phone / white earplugs / wallet.. ........... Everything....................
So there he is, butt naked, handcuffed around a tree................![]()
So what’s a fella supposed to do? . and starts shouting for help..................
Shortly a dude pitches up. Short barrel chested, 3 days growth on the cheek, tons of thick black hair over the top of his top-button-loose shirt ..........
Say’s the dude to the runner.... “What happened? How did you get like this”?
So the runner tells the dude the story.......... went for a run........ Music of the tree............... Handcuffed .......... Robbed.................
The dude walks around the runner, slaps the one butt cheek............. Grabs the other one..........
“Not your day today is it cubcake”................![]()
In afrikaans noem mens dit
So 'n insident, sameloop van omstandighede word mooi beskryf met die afrikaanse term---dis 'n gatslag!!!
Groete
Kolonoskopie
Ek hoop nie dit is ooit nodig dat ek so-iets moet ondergaan nie. Ek het nou 'n totale vrees daarvoor.
Kolonoskopie
Ek het opgehou tel maar ek was al vir ten minste vyf. My pa het kolon kanker gehad. Die storie hier bo is amusant, maar ek glo nie akkuraat nie. Die voorbereiding is nie lekker nie. Met my eerste een het ek ‘n kitaar saamgevat toilet toe om die tyd te verwyl. Dis later nie meer die moeite werd om op te staan van die toilet af nie.
Wat die prosedure betref laat ek dit telkens doen onder verdowing. Dis nie vol narkose nie, maar jy weet of voel glad nie wat aangaan nie. Dis ook baie lekker as die sjirurg na die prosedure vir jou sê daar is niks fout met jou kolon nie.
Met my eerste een het ek ‘n…
Met my eerste een het ek ‘n kitaar saamgevat toilet toe om die tyd te verwyl.
Hahahaha - ek probeer dit nou sien hier in my verbeelding.








There are 27 figures of speech
Other possible answers
1. Got the cat by the tail
2. Hit the nail on the head
3. A screw loose
4. A fish out of water
5. Tie the knot
6. Bird brain
7. Cherry on top
8. Chalk and cheese
9. Knock your socks off
10. Put your best foot forward
11. A hard nut to crack
12. A fish out of water
13. A can of worms
14. Big cheese
15. Best foot forward
16. Follow your nose
17. Pale as a ghost
18. Stick your neck out
19. Raise an eyebrow
20. More holes than Swiss cheese
21. Bird’s eye view
22. Left in tatters
23. Best foot forward