Laat ons bietjie lag oppie Maandag.
Dis nou wat jy noem 'n …
Dis nou wat jy noem 'n ....... suurknol.
Alles binne.....
Môre vriende
Pragtige storie!! Alles mooi binne kerkverband aangespreek, letterlik en figuurlik
??? ...
Beste Seuna.
Ek skryf die briefie maar stadig, want ek weet jy kan nie vinnig lees nie.
Ons bly nie meer in Alberton waar jy weg is nie. Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 3 km van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek.
Ek kan ongelukkig nie vir jou ons adres in Brakpan gee nie, want die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat hulle nie hulle adres hoef te verander nie.
Hierdie plek is regtig oulik.
Hier is selfs 'n wasmasjien, ek is nog nie heeltemal seker hoe hy werk nie. Laas week het ek 'n bondel klere ingesit en die ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere opgespoor nie.
Hy het 2 deksels ook. Ons gebruik die een vir ñ broodplank en die ander een vir jou ouma se portret.
Dit het net twee keer gereën laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer vir vier dae.
Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur; gedink dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons maar die knope af. Hulle is in die linker boonste sak van die jas.
Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit. Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat om my en jou pa uit te kry.
Jou suster het vanoggend 'n baba gehad, maar ek het nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy 'n oom of 'n tannie is nie. Die baba lyk net soos jou boetie.
Oom Wessels het laas week in 'n vat brandewyn geval. 'n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het terug baklei en verdrink. Ons het hom laat veras. Hulle het drie dae gesukkel om die brand uit te sit!
Drie van jou vriende het met 'n bakkie van die brug afgery. Koos het bestuur, hy het sy venster afgedraai en uit geswem. Jou ander twee vriende het agter op gesit. Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.
Jou pa het nou werk gekry, daar is meer as 600 mense onder hom. Hy sny gras by die begrafplaas.
Liefdetjies
Jou Ma.
Miskien....
Miskien is hierdie grappie 'n ou een, maar dis die eerste keer dat ek dit sien en dink dis nogal oulik.
Wat is die definisie van 'n laatlammetjie : "dis 'n ou padda wat met 'n slap riem gevang is !"
Iets is verkeerd dis 'n ou…
Iets is verkeerd![]()
dis 'n ou padda wat met 'n slap riem gevang is !"
Ek ken weer die definisie…
Ek ken weer die definisie van 'n laatlammetjie is soos 'n oorstoot drie in beseringstyd.
Ek kry hierdie drome oor…
Ek kry hierdie drome oor muise wat rugby speel. Dan skree en hardloop ek op en af langs die veld. In die oggende is ek doodmoeg want hulle speel tot twee wedstryde 'n nag.
Was by die dokter. Hy sê ek moet sulke klein slaappilletjies drink dat ek lekker kan slaap.
Ek sal oor twee dae begin gebruik.
Dis semi-finaal vanaand en môre is die finaal.
LEKKERSTE POEP OOIT
DIE LEKKERSTE POEP OOIT!
“Jy sal moet gaan vir in kolonoskopie-scan,” sê die dokter terwyl hy drie bottels verf aan my oorhandig. “Drink Maandag soos voorgeskryf en meld Dinsdagoggend halfnege aan vir die prosedure. O, en geen vaste kos in dié tyd nie.”
Nege-uur sluk ek die eerste dosis verf. Nogal nie onaardig nie. So lemoensmaak. Ek wil net gin bygooi, maar Pa swaai sy voorvinger dreigend voor my neus. “Niks vir jou vandag nie!” Hier teen halftien voel ek die eerste draai en laat waai vir die troon. Maak die ketels oop. “Goeie skoonmaak,” dink ek by myself. Maar toe begin die resies na die troon. As ek net by die deur uit is, kom die noodsein en moet ek maak vir die troon! Eenuur moet ek die sement drink. Maar in plaas van toepleister, skaaf hy net die wande skoon. Drie-uur is dit weer lemoenverf. Nou oorval totale uitputting my. Ek smag na koffie en beskuit. Agtuur is dit tyd vir die botteltjie wat lyk soos chloroform, maar my nie uitsit nie… nee, dit raak ontslae van die bietjie wat nog oor is.
Doodmoeg en doodbang meld ek by die slagveld aan. Rondom my sit daar vyf ander beangstes sonder glimlag. Die personeel probeer hulle bes om die klompie te laat ontspan. Maar ‘n hospitaal is doodgewoon nie ‘n ontspanningslokaal nie! In die wagtyd moet ek drie keer weer vinnig kamerverlaat.
Uiteindelik word my naam uitgeroep. In ‘n klein hokkie vra ‘n vriendelike nirs (of is dit ‘n dokter?) my om alles uit te trek. Net my masker moet opbly…! In die hokkie hang so lelike bruin tent wat ek moet aantrek. “Kan ek nie ‘n pienke of bloue kry nie,” vra ek. “Mevrou,” sê die Nirs, “Sal jy die pienke was as ek die pyp uittrek?” Toe trek ek maar die bruine aan.
In die ateljee wag die masjien wat die foto’s neem. “Ek het nie vanoggend gegrimeer nie. Was te moeg,” sê ek. “Kan julle bietjie photoshop?”
Voor my is so halwe enkelbedjie waarop en my enorme liggaam moet neersit. “Draai nou op jou regtersytjie,” praat die Nirsie so mooi met my. “Ek gaan nou ‘n pypie indruk met ‘n ballonnetjie vooraan. Dan gaan ek dit oppomp. Dis effens ongemaklik. Maar ontspan gerus.”
Die pypie is goed geghries en gaan seepglad by die exhaust in. Toe begin sy pomp. In my maag voel ek die eerste kriewels, soos die eerste skoppie van ‘n nuwe baba. Maar baie vinnig vorder ek van vier maande tot nege-maande. Toe ek tot 2 bar opgepomp is, vra Nirsie: “Hoe voel jy? “Nege-maande swanger en in kraam,” antwoord ek. “Knyp nog so bietjie. Nog net so 20 pompies,” sê Nirsie. Ek kry dé-jà-vu van my kraamgeboortes. Daar waar die dokter sê : “Moenie druk nie!” terwyl die baba wil uitval! “Nirs, as jy verder pomp, gaan jy in die spervuur staan. ‘n Poephol kan ook net soveel knyp.” Die nirs is versigtig. “Nou draai op jou maag en sit jou hande bo jou kop, dan begin ons die proses,” probeer sy baie mooi en kalm. Met my volle gewig op die voltydse baba, wil die valve nie meer nie. So saggies en onhoorbaar glip daar van die wind uit. Nou in die tonnel in. “Take a deep breath. Hold it!” My fok! Waar moet nog lug heen gaan? Ek is reeds tot barstens toe vol wind! Na ‘n paar “Take a deep breath. Hold it!”s is dit tyd vir die jodium.
Net daar gaan ek in menopause in – nog voor ek gekraam het! Die warm gloed begin by my gesig en versprei regoor my lyf – met ‘n masker op! In my mond is die frank smaak van ‘n Weegskaal-vrou wat die vorige aand te veel wyn gesuip het. En toe, toe is dit verby.
“Nou net die pypie uittrek. Eers die ballon afblaas,” sê die wonderlikste Nirs. “Nirs, ek sê sommer noual dankie, want as jy klaar is, is ek weg. Bring maar my goetertjies na die aantrrekkamer toe.”
En toe blaas sy die rugbybal af en trek die hosepipe uit! En ek laat waai na die kleinhuisie.
Met die neesitslag vind die aardbewing plaas wat 7 op die Richterskaal meet. Die mure gaan aan’t skud, die pype raas, die masjiene ratlle en die personeel klou vir hulle lewe aan die deure vas. In die wagkamer begin die verhoorafwagtendes se tande klapper. Mettertyd neem die aardbewing af met net ‘n paar naskokke. In die hospitaaltoilet spoel 500kg skulpvis se jodium weg.
Toe trek ek aan. In die ateljee staan die Nirs- steeds spierwit. “Dit was ‘n dogtertjie,” sê ek en loop Pa tegemoet. “Kom ons gaan huis toe dan vertel ek jou alles,” sê ek. Oppad na die kar, los ek nog drie bomskote. Die eerste laat die karwagte plat op hulle maag val. Met die tweede loer die hospitaalpersoneel deur die vensters en met die derde hoor ons die sirenes van die polisie naderkom.
Ons klim in die kar. “Dit was nou die lekkerste poep ooit, “ sê ek vir Pa.
Onthou dié een ...
A mature (over 40) lady gets pulled over for speeding...
Older woman: Is there a problem, officer?
Officer: Ma’am, you were speeding.
Older Woman: Oh, I see.
Officer: Can I see your license please?
Older Woman: I’d give it to you but I don’t have one. Lost it, four years ago for drunk driving.
Officer: I see...Can I see your vehicle registration papers please.
Older Woman: I can’t do that. I stole this car.
Officer: Stole it?
Older Woman: Yes and I killed and hacked up the owner. His body parts are in plastic bags in the trunk if you want to see
The officer looks at the woman and slowly backs away to his car and calls for back up. Within minutes five police cars circle the car. A senior officer slowly approaches the car, clasping his half drawn gun.
Officer 2: Ma’am, could you step out of your vehicle please! The woman steps out of her vehicle.
Older woman: Is there a problem sir?
Officer 2: One of my officers told me that you have stolen this car and murdered the owner.
Older Woman: Murdered the owner?
Officer 2: Yes, could you please open the trunk of your car, please. The woman opens the trunk, revealing nothing but an empty trunk.
Officer 2: Is this your car, ma’am?
Older Woman: Yes, here are the registration papers.
The officer is quite stunned.
Officer 2: One of my officers claims that you do not have a driving license.
The woman digs into her handbag and pulls out a clutch purse and hands it to the officer.
The officer examines the license. He looks quite puzzled.
Officer 2: Thank you ma’am, one of my officers told me you didn’t have a license, that you stole this car, and that you murdered and hacked up the owner..
Older Woman: Bet the liar told you I was speeding, too.
Skreeu snaaks ...
Lekker lag 😂😂😂
Kom ek probeer hom hier plaas. Klik op die skakel.
Kom ek probeer hom hier…
Kom ek probeer hom hier plaas. Klik op die skakel.
🤣🤣









groen perssimons ..
'n Kerk in Groot-Brakrivier het 'n baie aantreklike orrelis met groot borste gehad. Hulle was so groot dat hulle gewip en geskud het terwyl sy die orrel speel.
Ongelukkig het dit die gemeente se aandag baie afgelei. Die dames
van die gemeente was baie ontsteld: Hulle sal iets aan die saak moet doen, of iemand anders kry om die orrel te speel.
Een van die dames het haar baie diskreet genader en haar die raad gegee dat sy groen perssimons moet fynmaak en dit oor haar borste moet smeer.
Dit sal hulle laat krimp, maar die perssimons is baie suur en sy
moenie daaraan lek nie, dit sal jou mond op 'n knoop trek en jy
sal 'n ruk lank nie lekker en duidelik kan praat nie.
Die goedbedeelde orrelis het die raat aanvaar en teësinnig so gemaak.
Die volgende Sondag het die dominee die preekstoel bestyg en gesê: "Weenth omthandughede buide mui beheur thal daal nie vandag 'n pleuk weuth nie..."