Forever Resort Gariep

Forum Onderwerpe

Algemene Inligting

Resensies

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 21/11/2018 - 13:00

Ons het al 'n paar keer oppad na die Noorde en terug Suide toe, by die Gariep Dam oorgestaan vir 2 of 3 nagte.   Dit is 'n baie lekker oord, netjies, met pragtige ablusies.   Die hoofkamp is teenaan die dam geleë en dit is 'n redelike entjie se stap vanaf die ablusieblokke, wat vir logiese redes 'n ent vanaf die water opgerig was.   Wanneer die dam vol is, het dit al die onderste staanplekke oorstroom.   Ons het nog altyd by die privaat ablusies gestaan, wat baie gerieflik is met 'n oulike klein kombuisie.   Die dam self is baie mooi en jy kan jou verkyk as dit oorloop.

Net buite die hek is daar 'n goeie winkel wat in al jou behoeftes voorsien.

Foto 1

.
Die privaat ablusie.  4 Karavane staan rondom dit.

Foto 2

.
Ons karavaan op die voorgrond en my seun sit daar onder die afdak van sy karavaan

Foto 3

.
Gariep Dam

Foto 4

.
Die swembad is baie groot en het piekniekplekke rondom dit

Foto 5

.
'n Vol dam wat oorloop, is 'n mooi gesig

Foto 6

.
Piekniek by die swembad

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
2014
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus