Hier is die 4 foto's wat gekies is deur Cadhouse om deur te gaan na die finaal.
Die 5 de foto moet deur anoniem gekies word en hier geplaas word.
Cadhouse foto's is gekies deur die Cadhouse staf. Dit is foto's waarvan hulle gehou het. Daar is nie noodwendig n onderwerp of riglyn waarvolgens hulle gekies is nie.
Foto's is nie in n spesifieke volgorde geplaas nie.
No 1
No 2

No 3

No 4

No 5

Dankie Harry en Cadhouse. …
Dankie Harry en Cadhouse. Vir my lyk dit sovêr baie duidelik wie die wenner is ![]()
Wat maak no3 daar??? Wag…
Wat maak no3 daar???
Wag nou Deon, gaan maak koffie of sny gras of iets ![]()
Die kompitiesie was oop vir…
Die kompitiesie was oop vir almal behalwe Cadhouse staf en hulle familie
He He
Ek het nie gekies nie. Staf het gekies en gelukkig ken hulle ook nie van lede hier nie. Behalwe .............................
Die tafeldoek was gekies, maar daar was n tegniese probleem met die plaas daarvan. Iets van "geen bonus" foto ![]()
Anoniem kan sy foto vir Anton stuur of vir my by harry@cadhouse.co.za dan sal ek dit plaas om jou naam anoniem te hou.
5 Finaliste
Die 5 finaliste moet elkeen n nommer kies van 0 tot 100. Dit sluit 0 en 100 ook in.
Daar is n nommer gekies deur n onafhanklike persoon. Die nommer is aan my gegee en ek het dit ook aan anoniem gegee. Daar is slegs 3 mense wat weet wat die nommer is. Dit is n nommer van 0 tot 100.
Die persoon wie se nommer die naaste aan ons nommer is, is dan die wenner.
Ons sal die nommer bekend maak so dra al 5 nommers in is.
Dankie almal vir die deel neem.
P.S.
Volgende keer sal Anton vir ons n "pole" optrek en forum lede kan dan hier kies. Ons sal n tema kies en mense moet dan by tema hou.
Dankie Harry, ons amlal…
Dankie Harry, ons amlal waardeer jou moeite![]()
Goed, ek kies no 12.![]()
Ek weet wat die no is R500…
Ek weet wat die no is
R500. Dan sal ek vir jou sê. So as elke finalis nou vir my R500 gee is ek die wenner![]()
Voorie.. N nommer nie hoe…
Voorie.. N nommer nie hoe vinnig jou VW kan ry nie. ![]()
Sorry, ek het gedink ons…
Sorry, ek het gedink ons moet raai hoe oud jy is. Ek sal maar by no 67 hou ![]()
Ek weet nie of finaliste…
Ek weet nie of finaliste weet hulle foto's is gekies nie ![]()
Miskien moot ons agter elke foto nommer hulle naam sit. Ek kan nie al die name onthou nie. Ons het so 12 foto's uit ge "save" en toe so uitgevee tot net 4 oor was.
Een finalis se nommer is gekies. Foto 3 het nommer "67" gekies.
As nommer gekies is, is dit finaal en kan nie verander word nie.
Ek sal maar "69" kies, was…
Ek sal maar "69" kies, was nog altyd die nommer wat my die meeste vreugde verskaf het?
69? Is dit toe jy laas…
69? Is dit toe jy laas vreugde geken het? Is dit 1969 of toe jy 69 jr oud was?![]()
69? Is dit toe jy laas…
69? Is dit toe jy laas vreugde geken het? Is dit 1969 of toe jy 69 jr oud was?
Ek so reken 1969
Nou kies julle nommers op 'n…
Nou kies julle nommers op 'n hoop. 66, 67 en 69. Nou wat as 68 die geheime nommer is, wie wen dan?
Arie, moenie jou aan hulle steur nie. Hulle is te jonk om te weet hoekom jy 69 gekies het.![]()
No comment! Netnou is ek…
No comment!
Netnou is ek weer innie sop? Hierdie is 'n gliberige onderwerp en kan ons maklik in die sop ingly!!





Foto nommer 5
Ons wag vir anoniem om sy/haar foto te kies, dan sal ons sê hoe ons verder gaan maak om wenner te kies.
Yvonne wil gaan "shop" ons gesels weer later